Ng Gemeente Molteno

Die NG gemeente Molteno is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die hoogliggende Oos-Kaapse dorp Molteno, genoem na die eerste Kaapse eerste minister, sir John Molteno, kampvegter vir verantwoordelike regering.

Ng Gemeente Molteno
'n Syaansig van die kerkgebou.
Ng Gemeente Molteno
Molteno is slegs 20 km van Sterkstroom geleë en die gemeente het dan ook bekendgestaan as NG gemeente Molteno-Sterkstroom, tot die NG gemeente Sterkstroom in 1891 afgestig het, 'n dekade ná Molteno-gemeente se afstigting.
Ng Gemeente Molteno
Die vooraansig van die kerkgebou.

Stigting

Die gemeente is in 1881 gestig en op 22 Julie daardie jaar vergader die eerste kerkraadslede, soos benoem deur die Ringskommissie van die Ring van Burgersdorp, onder voorsitterskap van ds. J.G.S. de Villiers, destyds predikant van die NG gemeente Tarkastad. Die eerste vergadering is op Sterkstroom gehou en die volgende dekade sou die vergaderings om die beurt daar en op Molteno self gehou word, totdat Sterkstroom in 1891 selfstandig geword het. Dit was weens die geografiese ligging van die gemeente wat die gesamentlike bearbeiding van die twee dorpies moeilik gemaak het, want hoewel hulle na aan mekaar lê, word hulle deur 'n bergpas geskei. Op die eerste vergadering is ook besluit dat die Heilige Nagmaal op Molteno bedien sou word.

Eerste leraar

In 1883 is prop. J.F. Marais as eerste predikant van die gemeente georden. Hy vertrek in 1899 na Dordrecht en reeds in September daardie jaar word hy opgevolg deur ds. A.J. Pepler.

Naas die stigting en eerste leraar, was die volgende mylpaal in die gemeente se bestaan, die bou van die nuwe kerk. Die kerkraad het dié besluit op sy vergadering van 18 Februarie 1899 geneem. Die fondse vir die nuwe kerk is hoofsaaklik ingewin deur middel van die tiendestelsel. In Mei 1905 lê ds. A.J. Pepler die hoeksteen en op 20 April 1906 wy die gemeente sy indrukwekkende en stewige kerkgebou in.

Die gebou is opgerig op 'n straatblok wat altesaam 10 erwe beslaan. Die stigter van Molteno, George Vice, het die erwe aan die NG Kerk geskenk vir oprigting van 'n kerkgebou en terselfdertyd ook 10 erwe aan die Gereformeerde Kerk geskenk. Die koste van die gebou was destyds net £7 000. Hoe wel dit moeilik is om in hedendaagse geldwaarde om te skakel, is dit volgens sekere berekenings sowat R7,8 miljoen.

Latere ontwikkelings

Die latere pastorie is gebou tydens die dienstyd van ds. J.F. Botha (1925 – '35) en baie is ook indertyd vir sendingwerk gedoen, onder meer die stigting van die sendinggemeente. Dit was juis in die dae dat die gemeente noustrop getrek het vanweë die Groot Depressie. Die volgende klompie leraar was di. P.J.J.S. Els (1936-'41), D.P.M. Beukes (1941-'45), P. Combrinck (1946-'49) en J. Claassen van 1949 tot hy in 1952 na Port Elizabeth se moedergemeente vertrek.

Enkele leraars

  • Johannes Francois Marais, 1885–1899
  • Abraham Johannes Pepler, 1899–1925
  • J.F. Botha, 1925–1935
  • Petrus Jacobus Johannes Stephanus Els, 1936–1941
  • David Petrus Matthys Beukes, 1941–1945
  • Pieter Combrink, 1946–1948
  • Jacobus Claasen, 1949–1952
  • Hermanus Charles Kinghorn, 1952–1955
  • Jacobus Ernst Terblanche, 1955–1962
  • Willem Johannes Lubbe, 1962–1965
  • Johan Nicolaas Wilhelm de Jager, 1966 – 19 November 1968 (aanvaar sy emeritaat)
  • Dewald Hattingh Davel, 2006 -

Galery

Algemeen

Leraars

Bronne

Verwysings

Tags:

Ng Gemeente Molteno StigtingNg Gemeente Molteno Eerste leraarNg Gemeente Molteno Latere ontwikkelingsNg Gemeente Molteno Enkele leraarsNg Gemeente Molteno GaleryNg Gemeente Molteno BronneNg Gemeente Molteno VerwysingsNg Gemeente MoltenoJohn MoltenoMolteno, Oos-KaapNederduitse Gereformeerde KerkOos-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kurt-Lee ArendseKalsiumKewerAntoniemTelevisieStaatstoelaeSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureLien se lankstaanskoeneMigrasie van voëlsLatynOlimpiese SpeleSoortnaamSkarlakenkoorsVingerseksLyfstraf in skoleBloemfonteinKatjieFotosinteseAfrikaanse taalleerKrimpvarkieLys van Afrikaanse rolprenteYouTubeKopieregDolfynVrystaatSwawelLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaBek-en-klouseerJohannesburgWinnie Madikizela-MandelaOmgewingskwessies in Suider-AfrikaAarverkalkingSwartrenosterKankerBladwisselendVerkoueDubbelpuntGriepJagluiperdLidwoordOutismeLys van chemiese elemente volgens atoomgetalLys van Afrikaanse skrywersKoperArmoedeverligtingWaterkringloopJoodse kalenderWikiquoteKrokodilPapierEskomOlimpiese SomerspeleKookpuntWoordsoortInflasieRoofdierBreinStillewe22 NovemberTweede VryheidsoorlogRenteWet op Bantoe-onderwysC. Louis LeipoldtSweedsSomerAppel (sanger)NatuurrampSuikersiekteTrappe van vergelykingDigtheidEkonomieVraag en aanbodDeelwoordNamibwoestynLiewe HeksieNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyCarike Keuzenkamp🡆 More