Moika

Die Moika (Russies: Мо́йка) is ’n klein rivier wat om die sentrale deel van Sint Petersburg, Rusland, loop en dit in werklikheid ’n eiland maak.

Die rivier, wat aanvanklik Mia genoem is, het dié naam gekry van die Ingriese woord vir "modder" of "slyk". Dit is 5 km lank en 40 m breed.

Moika (Мо́йка)
Uitsig op die Moika vanaf die Groen Brug van Nefski-prospekt.
Uitsig op die Moika vanaf die Groen Brug van Nefski-prospekt.
Uitsig op die Moika vanaf die Groen Brug van Nefski-prospekt.
Monding Groot-Newarivier in die Golf van Finland
Stroomgebied Sint Petersburg, Rusland
Lengte 4,7 km
Moika
Die Blou Brug van 99 m breed loop naby die Maria-paleis oor die Moika.

Die rivier vloei van die Fontanka naby die Somertuin verby die Marsveld oor Nefski-prospekt en die Krjoekof-kanaal tot in die Newarivier. In 1711 het Pieter die Grote gelas dat die rivier versterk word. Nadat die Krjoekof-kanaal dit met die Fontanka verbind het, het die water so helder geword dat die naam verander is van Mia na die huidige Moika, wat vebind word met die Russiese woord vir "om te was".

Vier brûe het aanvanklik oor die Moika geloop: die Blou, Groen, Geel en Rooi brug. Die Blou Brug van 99 m breed, wat nou skaars gesien kan word onder Sint Isak-plein, is steeds die breedste brug in die stad. Daar is tans 15 brûe.

Van die weelderige 18de-eeuse geboue aan die oewer sluit in die Stroganof-, Razoemofski- en Moika-paleis, die Nieu-Holland-boog, Ronde Mark en Aleksander Poesjkin-museum.

Verwysings

  • Канн П. Я. Прогулки по Петербургу: Вдоль Мойки, Фонтанки, Садовой. Sint Petersburg, 1994 (ru)

Tags:

IngriesRuslandRussiesSint Petersburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MaatskappyMantisSlag van BloedrivierSinoniemGoogleBek-en-klouseerSuiderkruisMenslike seksuele gedragAppelblaarVyfsterTongaanse nasionale rugbyspanMuggieVerkleinwoordOogproblemeLys van visseAnale seksTweede WêreldoorlogDigvormDansSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Wiskundige terminologieWaarheid-en-versoeningskommissieMobutu Sese SekoWikiWoordeboekDemokratiese Republiek die KongoMuisvoëlKolitisKoeksisterGewone luislangGekoördineerde Universele TydMosesRekenaarGelukDroogteAbsesLetterlike en figuurlike taalgebruikSwaziKameelperdAnette EngelbrechtJada FireEthiopiëAfrikaanse TaalbewegingBreingewasKeelseerPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaIslamitiese StaatWikinewsOssewaBloublasieMiomboJudaïsmeKruisigingKrieketDassiedeurChristendomGesinsdagBrandstofKookkunsSuikersiekteKrugerwildtuinBootChris BlignautBaarmoederWindkragHendrik PrinslooHokkieLys van Suider-Afrikaanse soogdiereEmfiseemJudas IskariotLiewe HeksieTweede VryheidsoorlogTobie CronjéKrampVerantwoordelikheidTolla van der Merwe🡆 More