Ingries

Ingries of Izhories (ižoran keeli) is 'n uiters bedreigde taal, wat in die historiese Ingermanlandgebied in Noordwes-Rusland gepraat word, uit die Fins-Oegriese taalfamilie.

In die 1989 Sowjetuniesensus het 820 mense hulle moedertaal as Ingries aangegee. Die sprekers behoort aan 'n klein volk, die Ingriërs, wat in die Leningrad-oblast wes van Sint Petersburg leef. 'n Kortstondige skryftaal het in die 1930's die lig gesien. Dit is egter nie deur die destydse Sowjetunieregering ondersteun nie. Ingries is nou verwant aan Fins en Karelies en Finse taalkundiges beskou dit nie as 'n aparte taal nie maar as 'n oostelike dialek van Fins soos die dialekte van die Ingriese Finne of Ingermanlanders, die nasate van protestante Finne wat in die 17de eeu onder Sweedse aanmoediging na Ingermanland geïmmigreer het.

Ingries
ižoran keeli
Gepraat in: Vlag van Rusland Rusland 
Gebied: Vlag van Ingermanland Ingermanland
Totale sprekers: 820 (1989)
Taalfamilie: Oeraals
 Fins-Oegries
  Fins-Permies
   Fins-Wolgaïes
    Fins-Samies
     Oosseefins
      Ingries 
Skrifstelsel: Latynse alfabet (Ingriese variant)
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: izh

Vier Ingriese dialekte kan onderskei word: Die benede-Luga en Soikkola dialekte wat in die westelike deel van Ingermanland gepraat word en die Kheva dialek op die Ingermanland Plato sowel as die Oredezh of Bo-Luga dialek wat naby die Oredezhrivier gepraat is. Die Oredezh dialek is is nou uitgestorwe.

Om verwarring met die Ingermanlanders en hulle taal te voorkom word daar soms na die taal as Izchories verwys.

Verwysings

Tags:

17de eeu1989FinneFinsFins-Oegriese taleIngermanlandKareliesLeningrad-oblastRuslandSint PetersburgSowjetunie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SlangHematurieKlavierNagapieDepressie (gemoedstoestand)Vraag en aanbodOntwerpCleopatra VIIRobert SobukweAkuutAtoomSkerpioenHorlosieHelm (geboorte)HempWoordeskatGemmerSoweto-opstandGeldOorkruipersTikTokFrederik Willem de KlerkJeuksiekteOraniaCholesterolPaddaMieliestronkVitamienArabiesQuebecLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsJoseph GoebbelsSiya KolisiGerda SteynNasiebouIndo-Europese taleVideoLewerPoesGeskiedenis van erotiese afbeeldingsGasNarsismeWaterbesparing in Suid-AfrikaLys van myne in Suid-AfrikaHernubare energieKondensasieEjakulasieGeografie van Suid-AfrikaHemelvaartsdagMantisSlaginstrumentMuishondToestand van materieHartBundesligaSaartjie BaartmanVerenigde KoninkrykFamilie (verwantskap)EienaamSelfoongebruik tydens motorbestuur (teksboodskappe)Hage GeingobVrugJaco JacobsKrieketSewe doodsondesHoofletterBeroerteVleilandJohannesburgSarah Rose KarrHeelgetalEsmé EuvrardXenofobieMeervoudYouTube🡆 More