Nefski-Prospekt

Nefski Prospekt of Nefskilaan (Russies: Не́вский проспе́кт) is die hoofstraat van Sint Petersburg, Rusland.

Dit is aanvanklik deur Pieter die Grote beplan as die begin van die pad na Nowgorod en Moskou, en loop van die Admiraliteitsgebou tot by die Moskou-stasie in Sint Petersburg. Daarna maak dit ’n draai by Wosstanija-plein en loop tot by die Aleksander Nefski-lawra.

Nefski-Prospekt
Nefski Prospekt in Januarie 2010.
Nefski-Prospekt
Die laan en die Admiraliteitsgebou in 1753.
Nefski-Prospekt
Die laan naby die Nikolaas-stasie in die 1890's.

Die hoofattraksies sluit in die Stroganof-paleis, Kazan-katedraal, Dom Knigi ("Boekhuis"), Elisejef-handelsentrum, ’n halfdosyn 18de-eeuse kerke, ’n monument vir Katharina die Grote, ’n enorme 18de-eeuse inkopiesentrum, ’n middel-19de-eeuse afdelingswinkel, die Russiese Nasionale Biblioteek en die Anitsjkof-brug met sy perdestandbeelde. Die besige lewe in die laan is deur Nikolai Gogol beskryf in sy verhaal Nefski Prospekt. Fjodor Dostojefski het die laan dikwels as agtergrond gebruik in sy boeke, soos in Misdaad en Straf.

In die vroeë jare van die Sowjetunie (1918–'44) is die laan se naam verander na Proletkoelt-straat (Oelitsa Proletkoelta) ter ere van dié Sowjet-kunstenaarsorganisasie. Ná die ondergang van die organisasie is die naam verander na Laan van 25 Oktober (prospekt 25-go Oktjabrja) na aanleiding van die dag van die Oktoberrewolusie.

Vandag is die grootste deel van Sint Petersburg se winkels en naglewe in of naby Nefski Prospekt, asook die stad se duurste woonstelle. Verskeie moltreinroetes loop daarheen.

Verwysings

30°21′10″O / 59.9318°N 30.3527°O / 59.9318; 30.3527

Tags:

MoskouNowgorodPieter die GroteRuslandRussiesSint Petersburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AnilingusKoue OorlogCSSLys van lande volgens bevolkingVlag van BangladesjSkaapNic de JagerOrthopteraCecil John RhodesDassievoëlBatmanVlag van LibanonMartin BesterWoordeboek van die Afrikaanse TaalKewerBlourokkeAppendiksDikdermSkaakGrysstofWikiquoteAasblomMarsOutismeMondDuitslandGodsdiensJan van RiebeeckSterrestelselEkonomieSerafín DengraLLys van Afrikaanse rolprenteLugbesoedelingLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaReënspinnekopSkrikkeljaarLys van ingelyfde NG gemeentesWiskundeMaanSinoniemHartversakingAspergersindroomInstagramSkilpadSamestellingWes-AfrikaDuitse maselsSwedeKoppeltekenOssewaDiepaartromboseHeilige SaterdagParysAfrikanersAnglo-BoereoorlogGeskiedenis van AfrikaansKrampNarkoseGrasOos-KaapToorbergNazi-saluutOntlastingBernice WestTolla van der MerweBrandmondsindroom🡆 More