Appelblaar: Plantspesie

Die appelblaar (Philenoptera violacea) is 'n middelgroot tot groot boom wat onder die familie Fabaceae resorteer.

Dit is een van 11 Philenoptera-spesies wat almal endemies aan Afrika is. Die appelblaar is inheems aan Afrika suidwaarts van die ewenaar, en is in Suid-Afrika 'n beskermde spesie. Die FSA-nommer is 238.

Appelblaar
Appelblaar: Plantspesie
'n Appelblaar in Suid-Loeangwa- Nasionale Park, Zambië
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Millettieae
Genus:
Spesie:
P. violacea
Binomiale naam
Philenoptera violacea
(Klotzsch) Schrire, (2000)
Sinonieme
  • Derris violacea (Klotzsch) Harms
  • Capassa violacea Klotzsch
  • Lonchocarpus capassa Rolfe
  • Lonchocarpus violaceus (Klotzsch) Oliv.

Taksonomie

Materiaal van die appelblaar is in 1861 tydens 'n veldekskursie in Mosambiek deur Johann Klotzsch versamel en afgebeeld as Capassa violacea. In 2000 is dit egter as Philenoptera violacea herbenaam. Homotipiese sinonieme sluit Lonchocarpus violaceus deur Daniel Olivier en Derris violacea deur Hermann Harms in, wat onderskeidelik in 1872 en 1902 beskryf is.

Beskrywing

Appelblaar: Plantspesie 
Bloeiwyse in November

Die boom groei tot 20 meter hoog en is bladwisselend. Dit het krom of gedraaide stamme, en die blarekroon is gewoonlik redelik oop. Die blare is veervormig saamgesteld, met die blaartjies in pare, benewens een eindstandige blaartjie. Die blomme wat in lentetyd verskyn is ligpers van kleur. Die plat, hangende peul bevat 2 tot 4 niervormige sade.

Habitat

Die appelblaar is inheems aan die suidelike trope en subtrope van Afrika, waar dit voorkom in areas met voldoende grondwater. Dit is algemeen aan rivieroewers en in grasveld van vloedvlaktes, benewens in miombo-boomveld van plato's. Die substraat is dikwels alluvium, Kalaharisand of termiethope. Dit groei algemeen in laagliggende gebiede maar word tot op hoogtes van 1 400 m aangetref.

Verspreiding

Dit is inheems aan Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal in Suid-Afrika, Eswatini, noordoostelike Namibië insluitend die Caprivistrook, Botswana insluitend die Okavangodelta, Zimbabwe, Mosambiek, suidoostelike Angola, Zambië, die Katangastreek van die DRK en Tanzanië.

Gebruike

Die termietwerende hout word in die bou van tradisionele behuising soos rondawels gebruik, en benewens vir handvatsels van implemente ensomeer. Die blare en peule word deur wild en mak diere gevreet. Die wortels en bas is egter toksies, en laasgenoemde word soms as visgif benut. Ten spyte van die toksisiteit van die bas word dit wel as tradisionele medisyne gebruik.

Ander name

In Afrikaans staan dit ook as olifantsoor, raasboom of stamperhout bekend. In Engels staan dit benewens apple leaf as die rain tree bekend. Laasgenoemde naam is afgelei van die waterdruppels wat selfs tydens droë weer uit die boom val om poeletjies op die grond te vorm. Die verskynsel word veroorsaak deur skuimnesbesies (Ptyelus grossus) wat die boom infekteer en die sap uitsuig. Nadat hulle suiker en soute uit die sap onttrek het, word byna suiwer water afgeskei om die sogenaamde reën te vorm. Ander name sluit in Mphata in Noord-Sotho, Mopororo in Tswana, Mbhandzu, Mbhandu of Mohata in Tsonga, isiHomohomo, Umbhandu of Umphanda in Zoeloe, Mufhanda in Venda en iChithamuzi, iDungamuzi of iPhanda in Noord-Ndebele.

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jode in Suid-AfrikaHerfsBoelieryMielieSoweto-opstandSlawernyNelson MandelaManie LibbokLiefdeVratNagmaalVliegtuigConsolidated B-24 LiberatorHemelvaartDeelstate van die Verenigde State van AmerikaDroomEufemismeJazzDeelteken en umlautDuitse maselsKostuumsKoorsblaarKatoenKondensasieMiddelmisbruikAngina pectorisSwart menseOnderwysMeervoudKameelperdAluminiumResensieBewussynIndiëKangogrotteJuan Antonio VillacañasVlekvrye staal3D-rolprentPlaattektoniekSosiale mediaLewerFamilie (verwantskap)Eerste Wêreldoorlog1200Samestellende afleidingCheslin KolbeKolonisasieWekkerTuisbladKnopiespinnekopPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKanadaPaarl GimnasiumRomanWiskundige terminologieHernubare energieToestand van materieAfkortingGrondwet van Suid-Afrika2001NiersteenMolekuulAsemhalingLys van Suider-Afrikaanse soogdiereLeeuEkologieSokkerJakkalsSkilpadVaginale kankerVierkantswortelArthur GrumiauxMantisKlavierLys van Suid-Afrikaanse digters🡆 More