Die Mississippium is in die geologiese tydskaal die eerste epog of serie in die periode/sisteem Karboon.
Periode/ sisteem | Epog/ serie | Tydsnede/ etage | M. jaar gelede | ||
---|---|---|---|---|---|
Perm | Sisuralium | Asselium | jonger | ||
Karboon | Pennsylvanium | Gzhelium | 298,9–303,7 | ||
Kasimovium | 303,7–307,0 | ||||
Moskovium | 307,0–315,2 | ||||
Bashkirium | 315,2–323,2 | ||||
Mississippium | Serpukhovium | 323,2–330,9 | |||
Viséum | 330,9–346,7 | ||||
Tournaisium | 346,7–358,9 | ||||
Devoon | Laat | Famennium | ouer | ||
Die verdeling van die Karboon (IKS). |
Dit het van sowat 358,9 tot 323,2 miljoen jaar gelede geduur. Dit is voorafgegaan deur die Laat Devoon en gevolg deur die Pennsylvanium.
Die Mississippium is genoem na die Amerikaanse rivier Mississippi en word onderverdeel in drie tydsnedes of etages: die Tournaisium, Viséum en Serpukhovium.
In Noord-Amerika is die Karboon vroeër beskou as twee aparte periodes, die Mississippium en Pennsilvanium. Dié name word selde gebruik tensy oor die Noord-Amerikaanse geologie gepraat word. Elders word meestal gepraat van die "Vroeë Karboon".
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Mississippium, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.