Die Bashkirium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Karboon (epog/serie Pennsylvanium).
Periode/ sisteem | Epog/ serie | Tydsnede/ etage | M. jaar gelede | ||
---|---|---|---|---|---|
Perm | Sisuralium | Asselium | jonger | ||
Karboon | Pennsylvanium | Gzhelium | 298,9–303,7 | ||
Kasimovium | 303,7–307,0 | ||||
Moskovium | 307,0–315,2 | ||||
Bashkirium | 315,2–323,2 | ||||
Mississippium | Serpukhovium | 323,2–330,9 | |||
Viséum | 330,9–346,7 | ||||
Tournaisium | 346,7–358,9 | ||||
Devoon | Laat | Famennium | ouer | ||
Die verdeling van die Karboon (IKS). |
Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die Bashkirium was van sowat 323,2 tot 315,2 miljoen jaar gelede. Dit is voorafgegaan deur die etage/tydsnede Serpukhovium en gevolg deur die Moskovium.
Die etage is genoem na die Russiese republiek Basjkirië in die suide van die Oeralgebergte. Die basis van die Bashkirium word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Conodonta Declinognathodus nodiliferus en/of Idiognathoides postsulcatus en die Fusulinida Aljutovella aljutovica. Die tipeligging van die basis is in Arrow-canyon in Nevada, VSA.
In die biostratigrafie word die etage met behulp van gidsfossiele en Conodonta ingedeel in die volgende ses biosones:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bashkirium, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.