Die Kasimovium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Karboon (epog/serie Pennsylvanium).
Periode/ sisteem | Epog/ serie | Tydsnede/ etage | M. jaar gelede | ||
---|---|---|---|---|---|
Perm | Sisuralium | Asselium | jonger | ||
Karboon | Pennsylvanium | Gzhelium | 298,9–303,7 | ||
Kasimovium | 303,7–307,0 | ||||
Moskovium | 307,0–315,2 | ||||
Bashkirium | 315,2–323,2 | ||||
Mississippium | Serpukhovium | 323,2–330,9 | |||
Viséum | 330,9–346,7 | ||||
Tournaisium | 346,7–358,9 | ||||
Devoon | Laat | Famennium | ouer | ||
Die verdeling van die Karboon (IKS). |
Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die Kasimovium was van sowat 307 tot 303,7 miljoen jaar gelede. Dit is voorafgegaan deur die etage/tydsnede Moskovium en gevolg deur die Gzhelium.
Die etage is genoem na die Russiese stad Kasimof. Die basis van die Kasimovium word gedefinieer deur die basis van die sone van die Fusulinida Obsoletes obsoletes en Protriticites pseudomontiparus of die eerste voorkoms van die ammonietegeslag Parashumardites, en die bokant deur die eerste voorkoms van die Fusulinida-geslagte Daixina, Jigulites en Rugosofusulina of van die Conodonta Streptognathodus zethu.
Die tipeligging van die basis is nog nie vasgestel nie.
In die biostratigrafie word die etage met behulp van Conodonta ingedeel in die volgende drie biosones:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kasimovium, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.