Tropiese Huisgeitjie: Reptiel spesies

Die tropiese huisgeitjie (Hemidactylus mabouia) is 'n reptiel en is die volopste geitjie in die Laeveld.

Dit is inheems in Sub-Sahara Afrika en is ingevoer in Noord, Sentraal en Suid-Amerika.

Tropiese huisgeitjie
Tropiese Huisgeitjie: Beskrywing, Voedselgedrag, Geluid
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Familie:
Gekkonidae
Genus:
Hemidactylus
Spesie:
H. mabouia
Binomiale naam
Hemidactylus mabouia
(Moreau de Jonnès, 1818)
Sinonieme
  • Gecko Mabouia
    Moreau de Jonnès, 1818
  • Gecko tuberculosus Raddi, 1823
  • Hemidactylus mabouia
    — A.M.C. Duméril & Bibron, 1836

Beskrywing

Die geitjie bereik 'n maksimum lengte, van snoet tot agterent, van 12,7 cm. Aangesien dit 'n nagdier is, het die geitjie baie groot oë, wat hy gebruik om sy prooi raak te sien in die donkerte.

Die geitjie kan teen loodregte mure en oorhange opklouter deur spesiale aanpassings aan sy pote. Daar is kussinkies op sy tone wat bestaan uit klein haartjies (setae), wat in rye (lamellae) georden is. Hierdie haartjies gee hom die vermoë om so te klouter.

Voedselgedrag

Die geitjie kan laer temperature as ander reptiele verduur, wat hom die vermoë gee om snags aktief te wees en te jag. Hulle maak gulsig jag op naglewende vlieënde en kruipende insekte. Hulle wag gewoonlik naby ligte, waar hulle insekte vang wat aangetrokke is tot lig. Die geitjie se voedsel is wisselend. Dit sluit diere soos spinnekoppe, skerpioene, kakkerlakke, motte, likkewaan-agtiges en ander geitjies in. Sy belangrikste voedselbron is lede van die Orthoptera-familie, wat sprinkane en krieke insluit.

Geluid

Geitjies is van die min reptiele wat kan geluide maak. Gewoonlik maak hulle opgewonde klikgeluide. Verder kan die geluide wat die geitjie maak wissel van 'n sagte piep tot vinnige, kort piepende geluide. Hulle word veral op 'n stil nag gehoor wanneer hulle naby 'n oop venster sit en roep.

Habitat

In Suid-Afrika kom die soort volop in die Laeveld voor. Verder word die huisgeitjie veral in stedelike gebiede aangetref.

Verwysings

Bibliografie

Tags:

Tropiese Huisgeitjie BeskrywingTropiese Huisgeitjie VoedselgedragTropiese Huisgeitjie GeluidTropiese Huisgeitjie HabitatTropiese Huisgeitjie VerwysingsTropiese Huisgeitjie BibliografieTropiese Huisgeitjie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ToorbergOpenbare betrekkingeWindtonnelAarde se atmosfeerKasterolieVerkragtingVloeistofOu TestamentWiskundige terminologieVeeartsJeugdagWoordeboekWerkloosheidSwart nasionalismeKoperMatthew Gray GublerShine4Erfenisdag (Suid-Afrika)RooibokRuan PienaarHibernasieLys van medisinale kruieJosef StalinCristiano RonaldoOranjerivierJeuksiekteSout (chemiese stof)SemantiekWerkwoordDolfynKhoisanMonique SteynFisiese oefeningVoorvoegselAesopusGeweldAnusNierOm-te-infinitiefkonstruksieSamestellingPampoentjiesSinsbouKapitalismeKindermishandelingOorstromingArabiesBiodiversiteitAntoniemLys van Afrikaanse digtersGroepsdrukKoppeltekenMenslike seksuele gedragMorfeemGeldMieliestronkMaselsAssimilasie (taalkunde)IsraelOmgewingsbeheerVerslawingNaaldekokerSkoenlapperNatriumsilikaatBynierKultuurBul (sterreteken)RuslandStille OseaanAappokkeISimangaliso-vleilandparkTwaalf Stamme van IsraelD.J. OppermanVoegwoordVerkiesingVelKwosiëntVulva🡆 More