Artritis

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.

Artritis is 'n term wat verwys na versteurings wat gewrigte affekteer. Simptome sluit gewoonlik gewrigspyn en styfheid in. Ander simptome kan rooiheid, warmte, swelling en verminderde omvang van beweging van die aangetaste gewrigte insluit. In sommige soorte artritis word ander organe ook aangetas. Aanvang kan geleidelik of skielik wees.

Artritis
Klassifikasie en eksterne bronne
Hande met gewrigsrumatiek.
Hande met gewrigsrumatiek.
ICD-10 M00-M25
ICD-9 710 -719
DiseasesDB 15237
MedlinePlus   001243
MeSH D001168
Artritis Mediese waarskuwing

Daar is meer as 100 soorte artritis. Twee mees algemene vorme van artritis is osteoartritis en rumatoïede artritis (gewrigsrumatiek).

Behandeling

Behandeling kan die rus van die gewrig en die afwisseling van toediening van ys en hitte insluit. Gewigsverlies en oefening kan ook nuttig wees. Aanbevole medisyne kan afhang van die vorm van artritis en kan pynstillers soos ibuprofen en parasetamol insluit. In sommige omstandighede kan 'n gewrigsvervanging nuttig wees.

Epidemiologie

Artritis is hoofsaaklik 'n siekte by bejaardes, maar kinders kan ook deur die siekte geraak word. Artritis kom meer voor by vroue as mans op alle ouderdomme en beïnvloed alle rasse, etniese groepe en kulture. 'n Stelselmatige oorsig het die voorkoms van artritis in Suid-Afrika beoordeel en het twintig bevolkingsgebaseerde en sewe hospitaalgebaseerde studies ingesluit. Die resultate van die studie was:

  • Rumatoïede artritis: 2,5% (stedelik) en 0,07% (platteland)
  • Osteoartritis: 55,1% (stedelik); tot 82,7% in Suid-Afrikaners van 65 jaar en ouer
  • Knie-artrose het die hoogste voorkoms van alle soorte osteoartritis, met 33,1% op die platteland van Suid-Afrika.
  • Ankiloserende spondilitis: 0,1% (platteland)
  • Psoriatiese artritis: 4,4% (stedelik)
  • Jig: 0,7% (stedelik)

Geskiedenis

Bewyse van osteoartritis en potensieel inflammatoriese artritis is in dinosourusse ontdek. Die eerste bekende spore van menslike artritis dateer tot in 4500 vC. In vroeë verslae is daar dikwels na artritis verwys as die mees algemene siekte by prehistoriese mense. Bewyse van artritis is deur die geskiedenis heen gevind, van Ötzi, 'n mummie (ongeveer 3000 vC) wat langs die grens van die moderne Italië en Oostenryk gevind is, tot die Egiptiese mummies omstreeks 2590 vC.

In 1715 publiseer die Britse geneesheer William Musgrave die tweede uitgawe van sy belangrikste mediese werk, De arthritide symptomatica, wat betrekking het op artritis en die gevolge daarvan. Augustin Jacob Landré-Beauvais, 'n 28-jarige leerling-geneesheer aan Saltpêtrière Asylum in Frankryk, was die eerste persoon wat die simptome van rumatoïede artritis beskryf het. Alhoewel Landré-Beauvais se klassifikasie van rumatoïede artritis as familielid van jig onakkuraat was, het sy proefskrif ander aangemoedig om die siekte verder te bestudeer.

Alternatiewe terapieë

Sommige alternatiewe behandelings, soos byeterapie, lae vlak laserbehandeling, elektriese senuweestimulasie en verbruik van dagga, is aangewys vir verskillende aspekte van artritisbehandelings. Kliniese studies het egter getoon dat hierdie behandelings nie gewoonlik gelykstaande is aan konvensionele behandelings nie en dat dit gereeld baie slegter is.

Kyk ook

Verwysings

Tags:

Artritis BehandelingArtritis EpidemiologieArtritis GeskiedenisArtritis Alternatiewe terapieëArtritis Kyk ookArtritis VerwysingsArtritis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KrugerwildtuinHipoteseGeskiedenis van AfrikaansPenisverlengingPeriodieke tabelVryheid van spraakUnie van Suid-AfrikaNaaldekokerPuberteitOmgewingskwessies in Suider-AfrikaVlekvrye staalLys van politieke partye in Suid-AfrikaDataverwerkingApokriewe boekeHamilton WesselsOmtrek, oppervlakte en volumeAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeVerenigde State van AmerikaBeer AdriaansePortugeesFotosinteseDeelstate van die Verenigde State van AmerikaGreen PornoMantisPornVolhoubare ontwikkelingOntwikkelende landMartin Luther King jr.Afrikaanse Protestantse KerkLeonardo da VinciVersamelnaamIP-adresKolibrieSoogdierNelson MandelaMenseregteOorstromingJakobSeptimius PicturesOrganismeAfleiding (taalkunde)Mahatma GandhiFransSekelvin-ghieliemientjieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalPaddaPornografieQuebecVulkanismeSkildklierHerfsErektiele disfunksieVerkleurmannetjiePornografiese subgenresRina HugoLangste woordAuschwitz-konsentrasiekampHartseerSteenkool in Suid-AfrikaKwadraatApostoliese GeloofsbelydenisDinteranthusInnes en Franna BenadéAborsieLewerHipertensieKoringAktuarisDwelmmiddelKunsmatige intelligensieSokkerLieweheersbesieGeweldSharpeville-slagtingAfrican Movement Congress🡆 More