Logogram

’n Logogram is ’n grafeem (skryfteken) wat ’n woord of morfeem (die kleinste betekenisvolle eenheid van taal) voorstel.

Aangesien logogramme visuele simbole is wat woorde eerder as die klanke van ’n woord voorstel, is dit makliker om te onthou of die betekenis te raai as by alfabeties geskrewe woorde. Nog ’n voordeel is dat ’n enkele logogram in verskeie tale gebruik kan word vir woorde met ’n soortgelyke betekenis.

Logogram
Egiptiese hiërogliewe, wat uit logogramme ontstaan het.

Logografiese stelsels sluit die vroegste ware skryfstelsels in; die eerste historiese beskawings van die Nabye-Ooste, Afrika, China en Sentraal-Amerika het ’n vorm van logografiese skrifte gebruik.

’n Suiwer logografiese skrif sal onprakties wees omdat daar vir elke woord ’n simbool sal moet wees. Alle logografiese stelsels brei ’n relatief beperkte aantal logogramme uit met karakters van fonetiese waarde, óf konsonantaal óf sillabies, of met bepalers.

Logogramme word ook in ander skryfstelsels gebruik, soos moderne snelskrif. Syfers en wiskundige simbole in alfabetiese stelsels is ook logogramme: 1 "een", 2 "twee", + "plus", = "is gelyk aan", ens. Ook die ampersand & word gebruik vir "en", % vir "persent", $ vir "dollar", # vir "nommer", ens.

Sien ook

    Skryfstelsels    

      Abjad
      Abugida
      Alfabet
      Lettergreepskrif
      Logografies
      Kenmerk-alfabet
      Snelskrif
      Alternatief

Verdere leesstof

  • Williams and Bright, The World's Writing Systems, Oxford, 1996.
  • Logogram  Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wiki

Tags:

GrafeemMorfeem

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Swart nasionalismeKweekhuisgasVryheidsdagRegverdige handelKlimaatveranderingPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNierJan van RiebeeckWapen van Suid-AfrikaLeierskapMaatskappyKlitorisKernkragKaliumDolfynByGoogle TranslateKaapstadse waterkrisis 2015-2018BTWWiki CommonsVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese nameKolonisasieNatuurrampOu Apostoliese KerkHindoeïsmeKokerboomVerkleurmannetjieDuitslandPussy RiotViëtnamMeervoudHidroulikaKalsiumEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaRobert SobukweOranjerivierTweede VryheidsoorlogStaatstoelaeMenslike seksuele gedragEllipstekenOntwikkelende landGrondwetJesus van NasaretLys van Afrikaanse skrywersZack du PlessisRenaissanceGautengCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaGraaff-ReinetKultuurIntensiewe vormEngelsInflasieWikiLettergreepOrgasmeRuan PienaarNieuwoudtvilleNatuurlike hulpbronBerilliumJodeAborsieJuraE-posLyfstraf in skoleTsoenamiPampoentjiesKevin RuddBorsteRomeinse RykLys van NG gemeentesWhatsAppCurly HowardLidwoordSwemMieliestronkOlimpiese Spele🡆 More