Lietsjie

Die Lietsjie (Litchi chinensis) is 'n smaaklike eetbare vrug.

Lietsjie
Lietsjie
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Sapindales
Familie: Sapindaceae
Genus: Litchi
Spesie:
L. chinensis
Binomiale naam
Litchi chinensis
Sonn.
Lietsjie
'n Paar heel en afgedopte lietsjievrugte

Dit is die enigste lid van die genus Litchi in die seepbessie familie Sapindaceae. Dit is 'n tropiese en subtropiese vrugteboom inheems aan die Guangdong- en Fujian-provinsies van China, maar word nou in baie dele van die wêreld gekweek. Die vars vrugte het 'n klein, fyn, witterige pulp met 'n blommegeur en 'n geurige, soet smaak. Aangesien hierdie parfuumagtige geur verlore gaan tydens die inmaakproses, word die vrugte eerder vars geëet.

Die immergroen boom bereik 'n hoogte van 10-28 meter, die lietsjie dra vlesige vrugte wat tot 5 cm lank en 4 cm breed word. Die buitekant van die vrugte word bedek deur 'n pienk-rooi, growwe skil wat oneetbaar is, maar maklik afgedop word om 'n laag soet, wit vlees bloot te stel. Lietsjies word in baie verskillende nageregte geëet, en is veral gewild in China, die hele Suidoos-Asië, Suid-Asië, Indië en dele van Suider-Afrika.

Lietsjies, rou
Voedingswaarde per 100 g
Energie 70 kcal   280 kJ
Koolhidrate     16.53 g
- Suikers  15.23 g
- Dieetvesel  1.3 g  
Vette0.44 g
Proteien 0.83 g
Tiamien (Vit. B1)  0.011 mg  1%
Riboflavien (Vit. B2)  0.065 mg  4%
Niasien (Vit. B3)  0.603 mg  4%
Vitamien B6  0.1 mg8%
Folate (Vit. B9)  14 μg 4%
Vitamien C  71.5 mg119%
Kalsium  5 mg1%
Yster  0.13 mg1%
Magnesium  10 mg3% 
Fosfor  31 mg4%
Kalium  171 mg  4%
Natrium  1 mg0%
Sink  0.07 mg1%
Link to USDA Database entry
Vitamin B6/Folaat-waardes was nie beskikbaar nie
Persentasies is relatief tot VSA
aanbevelings vir volwassenes.
Bron: USDA Voedingstof-databasis

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AsemhalingBalletAbstraksie (rekenaarwetenskap)ViëtnamoorlogMagnesiumIsraelGroepsdrukErica BoyerPersoonlikheidTrappe van vergelykingGeskiedenis van AfrikaansLys van chemiese elemente volgens atoomgetalAfrikaanse TaalmonumentSwangerskapMark (ekonomie)Angolese BurgeroorlogPriemgetalBedreigde spesieBosluisbytkoorsMielieLiewe HeksieUnited Democratic FrontBrandmondsindroomLondenChroniese siekteWiki CommonsTsongaStaalSkoenlapperKoue OorlogMynbouHerpes simplexXenofobieGawes van die Heilige GeesGeslagGrondwet van Suid-AfrikaElektrodeWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaJodeSamestellende afleidingNadia ValvekensHadedaHartaanvalWerkloosheidLeonardo da VinciSwedeKlimaatsverandering in Suid-AfrikaKersfeesDesmond TutuWêreld- Ekonomiese ForumDie Stem van Suid-AfrikaBloeddrukTienerKonsentrasiekampGrondbesoedelingBynierVioolMangelontstekingBreinvliesontstekingCheslin KolbeToestand van materieEnkelvoudige sinSikloonSeksTennisLys van Suid-Afrikaanse skrywersBysteekNamakwalandTafelbergKlereBrittany Ashton HolmesTydKoorsWaterbesparing in Suid-Afrika🡆 More