Krios of Kreios (Grieks: Κριός, Κρεῖος) was in die Griekse mitologie een van die Titane, die reusagtige kinders van Uranos (Hemel) en Gaia (Aarde).
Daar is omtrent niks oor Krios bekend nie. Friedrich Solmsen merk in Hermes 117.4 (1989:413-422), bl. 419, op: "Oor Koios en Kreios moet ons erken ons weet niks." Sy metgesel was Eurubia, dogter van Gaia (Aarde) en Pontus (See), en hulle het Astraios, Pallas en Perses gehad. Astraios het by Eos (Daeraad) die kinders Eosforos, die Sterre en die Winde gehad.
Krios is saam met die ander Titane deur Zeus en die ander Olimpiese gode onttroon in die Titanestryd. Ná die oorlog is hy en die meeste van sy broers en susters na Tartaros verban.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Krios, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.