Koios

Koios (Grieks: Κοῖος) was in die Griekse mitologie een van die Titane, die reusagtige kinders van Uranos (Hemel) en Gaia (Aarde).

Hy was die god van wysheid in die mitologie en dus die slimste van die Titane.

Soos die meeste van hulle het hy nie ’n aktiewe rol gespeel in die Griekse godsdiens nie; hy verskyn net in lyste van Titane, soos in Hesiodus se Teogonie 133. Ovidius verwys in Metamorfoses (VI.185) na Koios se obskure aard: "Latona, daardie Titaan wat Koios verwek het, wie hy ook al is". Volgens M.L. West in "Hesiod's Titans" (The Journal of Hellenic Studies 105, 1985:174–175) is Foibe se man Koios " ’n selfs meer obskure karakter".

Koios was egter veral belangrik vanweë sy nakomelinge. Hesiodus noem onder andere Hekate, dogter van Asteria. By sy suster Foibe het Koios die kinders Leto en Asteria gehad. Leto het by Zeus, die seun van Koios se mede-Titane Kronos en Rea die tweeling Artemis en Apollo gehad.

Koios is saam met die ander Titane deur Zeus en die ander Olimpiese gode onttroon in die Titanestryd. Ná die oorlog is hy en die meeste van sy broers en susters na Tartaros verban.

Verwysings

    Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Coeus

Eksterne skakels

Tags:

Gaia (mitologie)GrieksGriekse mitologieTitaanUranosWysheid

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LandbouQuebecEkonomie van Suid-AfrikaBayer 04 LeverkusenKiewieteDiepaartromboseWaterkringloopLongSeptimius FundAustraliëMagsverheffingBeeldspraakBloeddrukBhimrao Ramji AmbedkarWiskunde7de LaanVerbruikerEuropaProstaatklierSeksismeLys van nedersettings in Suid-AfrikaNagmaalParasitiese siektesNatuurlike hulpbronMetaalDolfynWerwelkolomJoe NiemandTropiese sikloonUnie van Suid-AfrikaTsjeggiesTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinVarkBaardskeerder-spinnekopAnale kankerKrieketAarde se atmosfeerVigsCSSKlein-KarooVK (sosiale netwerk)TamatieDroogteMantisResensieEksodus (uittog)HorlosieHoopNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaPiet ByleveldGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaBrongitisDaggaAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidKwaZulu-NatalKaliforniëMiddeloorontstekingKatNasiebouDagroofvoëlsSan FranciscoAbstraksie (rekenaarwetenskap)Leah van NiekerkAfvalbestuurMobutu Sese SekoDokterVersoeningsdagSekelvin-ghieliemientjieChemiese verbindingGenadedoodYsterRenosterGawes van die Heilige GeesVerkouePortugeesHemelvaart🡆 More