Olimpiese Gode

Die Olimpiese gode, ook bekend as die Twaalf Olimpiërs of die Dodekateon (Grieks: Δωδεκάθεον – δώδεκα, dōdeka, twaalf + θεοί, theoi, gode) is die belangrikste twaalf gode van die panteon in die Griekse mitologie wat bo-op die berg Olimpus gewoon het.

Die eerste antieke verwysing na godsdienstige seremonies vir hulle word gevind in die lofsang van Homeros aan Hermes.

Olimpiese Gode
Die Twaalf Olimpiërs deur Nicolas-André Monsiau, omstreeks laat 18de eeu.

Die klassieke twaalf Olimpiese gode is: Zeus, Hera, Poseidon, Demeter, Ares, Hermes, Hefaistos, Afrodite, Atena, Apollo, Artemis en Hestia (later vervang deur Dionisos). Die ooreenstemmende Romeinse gode was: Jupiter, Juno, Neptunus, Ceres, Mars, Mercurius, Vulcanus, Venus, Minerva, Apollo, Diana en Vesta.

Geskilpunte

Daar is verskillende sienings oor wie die twaalf belangrikste gode was. Omstreeks 400 v.C het Herodotos die volgende gode in die Dodekateon ingesluit: Zeus, Hera, Poseidon, Hermes, Atena, Apollo, Alfeus, Kronos, Rea en die Grasieë. Wilamowitz stem saam met Herodorus se weergawe.

Herodotos het ook genoem dat Herakles deur sommige ingesluit word as een van die Twaalf Olimpiërs. Ook Lucianus het Herakles sowel as Asklepios ingesluit, sonder om te verduidelik watter twee vir hulle moes plek maak. By Kos is Herakles en Dionisos ingesluit en Ares en Hefaistos weggelaat. Pindarus, Apollodorus en Herodorus verskil egter hiermee. Vir hulle was Herakles nie een van die twaalf nie, maar die een wat hul kultus begin het.

Plato het die Twaalf Olimpiërs met die twaalf maande verbind en voorgestel dat die laaste maand gewy word aan vierings ter ere van Pluto en die geeste van die afgestorwenes. Hy impliseer dat hy Hades as een van die twaalf beskou. Hades word later weggelaat weens sy chtoniese (onderwêreldse) verbintenisse. In Phaedrus bring Plato die twaalf gode in lyn met die diereriem en sluit Hestia uit.

Hestia word soms deur Dionisos vervang. Hebe, Helios en Persefone is ander belangrike gode wat soms in ’n groep van twaalf ingesluit word. Eros word soms saam met die ander twaalf genoem, veral saam met sy ma, Afrodite, maar word selde as een van die twaalf beskou.

Die twaalf Olimpiese gode het hul oppermag in die wêreld van die gode gekry nadat Zeus sy broers en susters tot oorwinning gelei het in die oorlog teen die Titane. Zeus, Hera, Poseidon, Demeter, Hestia en Hades was broers en susters. Ares, Hermes, Hefaistos, Afrodite, Atena, Apollo, Artemis, die Grasieë, Herakles, Dionisos, Hebe en Persefone was kinders van Zeus. Volgens sommige bronne was Hefaistos net Hera se kind en het Uranos die lewe aan Afrodite geskenk.

Lyste

Klassieke Olimpiese gode

Griekse naam Romeinse naam Standbeeld God(in) van... Generasie
Zeus Jupiter Olimpiese Gode  Oppergod en heerser van die berg Olimpus; god van die lug, donderweer en justisie. Eerste
Hera Juno Olimpiese Gode  Vrou van Zeus; godin van die hemelruim, vroue, huwelike en moederskap. Eerste
Poseidon Neptunus Olimpiese Gode  Heerser van die see; god van die oseane, aardbewings; skepper van perde. Eerste
Demeter Ceres Olimpiese Gode  Godin van vrugbaarheid, die landbou, natuur en die seisoene. Eerste
Hestia Vesta Olimpiese Gode  Godin van huis en haard (is weg van Olimpus sodat Dionysos een van die twaalf kon word). Eerste
Afrodite Venus Olimpiese Gode  Godin van liefde, skoonheid, begeerte en vrugbaarheid. Tweede [A]
Apollo Apollo Olimpiese Gode  Die songod; god van die lig, genesing, musiek, die digkuns, voorspellings, boogskiet en die waarheid. Tweede
Ares Mars Olimpiese Gode  God van oorlog, waansin, haat en bloedvergieting. Tweede
Artemis Diana Olimpiese Gode  Godin van die jag, maagde en die maan. Tweede
Atena Minerva Olimpiese Gode  Godin van wysheid, kunsvlyt en strategiese gevegskuns. Tweede
Hefaistos Vulcanus Olimpiese Gode  Grofsmid van die gode; god van vuur en smeltoonde. Tweede
Hermes Mercurius Olimpiese Gode  Boodskapper van die gode; god van handel, spoed en diewe. Tweede

Ander lyste

Die volgende gode is nie deel van die klassieke indeling van die twaalf Olimpiese gode nie, maar kom soms voor op ander lyste van die twaalf as die een hier bo.

  • Alfeus – ’n riviergod.
  • Asklepios – god van medisyne en genesing.
  • die Grasieë – godinne van sjarme, skoonheid, die natuur, menslike kreatiwiteit en vrugbaarheid.
  • Kronos – ’n Titaan; vader van Zeus.
  • Dionisos – god van wyn, partytjies en vrolikheid (hy het ’n Olimpiese god geword nadat Hestia haar plek afgestaan het).
  • Eros – god van wellus en begeerte.
  • Hades – heerser van die afgestorwenes; god van die onderwêreld en aardse rykdom (edelstene en -metale).
  • Hebe – godin van die jeug; skinker.
  • Helios – ’n Titaan; verpersoonliking van die Son.
  • Herakles – grootste held van die Griekse mites.
  • Pan – god van die wildernis, herders, natuur en diere.
  • Persefone – godin van die lente en die dood; dogter van Demeter.
  • Rea – ’n Titaan; moeder van Zeus.

Na aan die Olimpiese gode

  • Anemoi – windgode: Boreas (noordewind), Notos (suid), Zephyros (wes), Euros (oos).
  • Bia – verpersoonliking van geweld.
  • Kratos – verpersoonliking van mag.
  • Dione – moeder van Afrodite by Zeus.
  • Eileitia – godin van geboorte; dogter van Hera en Zeus.
  • Eos – verpersoonliking van die daeraad.
  • Eris – godin van twis.
  • Ganimedes – skinker van die gode se paleis op Olimpus.
  • Horai – bewaarders van Olimpus.
  • Iris – verpersoonliking van die reënboog; boodskapper van Olimpus saam met Hermes.
  • Leto – ’n Titaan; moeder van Apollo en Artemis.
  • Morfeus – god van drome.
  • Muses – nege vroue van wetenskap en kuns.
  • Nemesis – godin van wraak en vergelding.
  • Nike – godin van oorwinning.
  • Paian – universele geneser.
  • Perseus – Zeus se seun, een van die grootste helde van die Griekse mitologie.
  • Selene – ’n Titaan; verpersoonliking van die Maan.
  • Zelos – wedywering.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Olimpiese Gode GeskilpunteOlimpiese Gode LysteOlimpiese Gode VerwysingsOlimpiese Gode Eksterne skakelsOlimpiese GodeGrieksGriekse mitologieHermesHomerosOlimpusPanteon

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PoësieSuid-Afrikaanse GrensoorlogErica BoyerRobert SobukweNierversakingSonnestelselHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalSonnetErosietipesHomofoonEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaPablo PicassoEnsiklopedieNazi-DuitslandTrappe van vergelykingPeriodieke tabelTegnologieNamibwoestynDrakensbergeMaroela MediaDriedimensioneelBestuiwingSwedeVoorsetselRassismeJeuksiekteDepressie (gemoedstoestand)VryheidsdagBronsMagnetismeHannes van WykMiddelmisbruikMadison IvySuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994StikstofDie ontstaan van die dramaRina HugoMenslike seksuele gedragSpringbokkeBrongitisVincent van GoghSosiale mediaNiersteenBek-en-klouseerSkildklierJan-Willem BreureMisdaadOlimpiese Somerspele 2012AfrikaKlopjagCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaKankerErfenishulpbronGeallieerdes van die Tweede WêreldoorlogHeupInfeksieBreyten BreytenbachBeesvleisElon MuskDonderstormVerkleinwoordAtoomSatellietOseaanYsbeerKrimpvarkieAB de VilliersPreseminale vloeistofWaarheid-en-versoeningskommissieMikro-ekonomieSwartbewussynsbewegingBybel🡆 More