Kolonreiniging

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.

Kolonreiniging omvat 'n aantal alternatiewe mediese terapieë wat na bewering ongespesifiseerde gifstowwe uit die dikderm en dermkanaal verwyder deur enige opeenhoping van ontlasting te verwyder. Van die begin van die eeu het die internetbemarking toegeneem van aanvullings wat vermoedelik vir kolonreiniging is. Kolonreiniging in hierdie konteks moet nie verwar word met 'n enema, waarmee vloeistof onder mediese toesig vir 'n beperkte aantal doeleindes in die dikderm ingebring word nie, soos vir ernstige hardlywigheid of mediese beeldvorming.

Kolonreiniging
Kolonreinigingsapparaat

Daar is geen wetenskaplike bewyse vir die beweerde voordele van kolonreiniging nie. Sekere voorbereidings vir 'n enema word verbind met hartaanvalle en wanbalanse in die elektroliet. Onbehoorlik voorbereide of gebruikte toerusting kan infeksie of skade aan die derm veroorsaak. Gereelde kolonreinigings kan lei tot afhanklikheid van enemas vir ontlasting en sommige kruie kan die doeltreffendheid van medisyne verminder of die risiko's verbonde aan die gebruik van voorskrifmedisyne verhoog.

Doeltreffendheid en risiko's

Aangesien die kolon normaalweg self van afvalprodukte ontslae raak, is die skoonmaak van die kolon oor die algemeen nie nodig nie. Simptome soos hoofpyn, moegheid, verlies van eetlus en prikkelbaarheid word soms toegeskryf aan gifstowwe uit voedsel, maar kan eeder veroorsaak word deur toestande in die ingewande soos prikkelbare dermsindroom. Die voordele wat aan kolonreiniging toegeskryf word, is vaag en die aansprake van vervaardigers en praktisyns berus op 'n gebrekkige begrip van die liggaam. Daar is min bewyse van die werklike voordeel van die prosedure, en geen bewys dat dit die simptome wat met die teorieë van kolonreiniging verbind word, verlig nie.

Seldsame maar ernstige voorvalle van perforasie van die rektum kom ook voor, sowel as amoebiese infeksie van toerusting wat swak gesteriliseer is. Ander beweer ook dat die skoonmaak van die kolon die reininging van dooie selle van die kolon kan belemmer.

Die oormatige gebruik van enemas word ook verbind met hartprobleme, soos hartversaking, asook hartaanvalle wat verband hou met elektrolietwanbalanse in gevalle van 'n koffie-enema. Gereelde enemas of ander maniere van kolonreiniging kan lei tot afhanklikheid, 'n onvermoë om sonder hulp te ontlas en potensiële onttrekkingsimptome.

Die dokter Harriet Hall skryf "die kolon maak homself skoon. Die idee dat sy wande met jare oue hamburgeroorblyfsels bedek is, is verregaande."

Kolonhidroterapie

In sommige vorme van kolonhidroterapie word buise gebruik om water, soms gemeng met kruie of met ander vloeistowwe, deur die rektum in die kolon te spuit met behulp van spesiale toerusting. Mondelinge skoonmaakprosedures gebruik vesel, kruie, voedingsaanvullings of lakseermiddels. Tydens 'n enema word die water ongeveer 15 minute in die kolon gehou. In kolonhidroterapie word water in die kolon ingevoer en dan uitgespoel en dit word herhaal totdat die hele kolon skoon is.

Mense wat kolonreiniging beoefen, glo ontlasting bevat parasiete of patogeniese ingewandsflora wat onspesifieke simptome en algemene gesondheidsprobleme veroorsaak as dit ophoop. Hierdie idees is gebaseer op mediese oortuigings van die antieke Egiptenare en Grieke en is al in die vroeë 20ste eeu verkeerd bewys.

Kolonreiniging word beskryf as 'n "onverstandige" prosedure, aangesien dit die risiko van ernstige skade inhou en geen bewese voordeel inhou nie.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Kolonreiniging Doeltreffendheid en risikosKolonreiniging KolonhidroterapieKolonreiniging Sien ookKolonreiniging VerwysingsKolonreiniging

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SkaapBeroerteEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaSportKonjunktivitisKlimaatKolitisPesachRassisme in AfrikaTropiese sikloonHector PietersonAfrikaanse woordelys en spelreëlsOseaanDie Stem van Suid-AfrikaMangelontstekingBeëdigde verklaringBruin menseEnkelvoudige sinVaste stofBrittany Ashton HolmesBesoedelingCleopatra VIIMenseregtedagBybelMensKinkhoesHamburgerWortelMiddelmisbruikDonkieAngssteuringBek-en-klouseerBakterieKookpuntLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsKrokodilMahatma GandhiMagneetVennootskapDubbelpuntNasionalismeSout (chemiese stof)Handwoordeboek van die Afrikaanse TaalPolisieNiemetaalC.J. LangenhovenFinale OplossingVoedingVerkragtingNoord-KaapHartseerNasionaal-SosialismeOrtopedieMetafoorVars waterHokkieGasSkynprivaatnetwerkLugbesoedelingMielieBreinkaartBorskankerCorioliskragFotosinteseGetalInflasieAndrew DavisViëtnamKnieEugenetikaGroot-VisrivierWoordeboek van die Afrikaanse TaalDoelwitInternetSamestellingKerriePlae van EgipteRente🡆 More