Grieke

Die Grieke (afgelei van Latyn: Graeci, letterlik: Griekstalige volke; Grieks: Έλληνες, Éllines, , letterlik: Hellene) is 'n Indo-Europese etniese groep en nasie inheems aan Griekeland en omliggende eilande, Siprus, Albanië, Turkye, Suid-Italië en ander streke.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Grieks.

Hulle deel 'n gemeenskaplike Griekse kultuur, afkoms en praat Grieks as moedertaal. Grieke vorm die titulêre nasie van Griekeland, waar hulle omtrent 95% van die bevolking uitmaak. Die meeste Grieke is aanhangers van die Grieks-Ortodokse Kerk (98%).

Grieke
Grieke
Totale bevolking: ca. 14–17 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Griekeland Griekeland ~10,8 miljoen

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 1,3–3 miljoen
Flag of Cyprus Siprus 650 000
Vlag van Duitsland Duitsland 395 000
Vlag van Australië Australië 378 300
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 290 000–345 000
Vlag van Kanada Kanada 252 960
Vlag van Albanië Albanië 200 000
Vlag van Oekraïne Oekraïne 91 000
Vlag van Italië Italië 90 000
Vlag van Rusland Rusland 85 640
Vlag van Brasilië Brasilië 50 000
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 45 000
Vlag van België België 35 000
Vlag van Frankryk Frankryk 35 000
Vlag van Bulgarye Bulgarye 28 500
Vlag van Argentinië Argentinië 20 000–30 000
Vlag van Peru Peru 16 000
Vlag van Georgië Georgië 15 000
Vlag van Swede Swede 12 000–15 000
Vlag van Switserland Switserland 11 000
Vlag van Kasakstan Kasakstan 10 000–12 000
Vlag van Roemenië Roemenië 10 000
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan 9 500
Vlag van Armenië Armenië 6 000
Vlag van Oostenryk Oostenryk 5 000
Vlag van Hongarye Hongarye 5 000
Vlag van Turkye Turkye 4 000
Vlag van Pole Pole 3 400
Vlag van Sirië Sirië 1 500
Vlag van Chili Chili 1 500
Vlag van Meksiko Meksiko 1 500 gesinne

Taal: Grieks
Geloofsoortuiging: Grieks-Ortodokse Kerk
Verwante etniese groepe: Ander Indo-Europese volke
Grieke
Antieke Griekse kolonisasie van die Middellandse en die Swartsee (750–550 v.C.)
Grieke
Alexander se ryk op sy grootste uitbreiding
Grieke
Verspreiding van die Griekse diaspora

Sedert die Antieke tydperk bewoon Grieke die kus van beide die Egeïese en die Ioniese See, waar die Griekse taal sedert die Bronstydperk gepraat word. Die Antieke Grieke het vroeg met hul stigting van kolonies rondom beide die Middellandse en die Swartsee begin en handel bedryf. Vroeë kulturele sentrums sluit in Athene, Sparta, Thebe, Thessaloniki, Alexandrië, Smyrna en Konstantinopel. Die Grieke is bekend vir hul bydraes tot kultuur, kuns, verkenning, letterkunde, filosofie, politiek, argitektuur, musiek, wiskunde, wetenskap en tegnologie, besigheid, kookkuns en sport. Die Griekse mitologie is een van die mees bekende en het die latere Romeinse mitologie sterk beïnvloed.

Wêreldwyd leef tussen 14 en 17 miljoen Grieke, veral in Griekeland (10,8 miljoen), gevolg deur die Verenigde State (tussen 1,3 en 3 miljoen), Siprus (650 000), Duitsland (395 000), Australië (378 000), die Verenigde Koninkryk (tussen 290 000 en 345 000), Kanada (252 960) en Albanië (200 000). Nadat Wes-Duitsland in die 1950's en 1960's sy grootste ekonomiese opswaai beleef het, die sogenaamde "Wirtschaftswunder", is Grieke saam met Turke en ander nasies van die Middellandse See genooi om in dié land te gaan werk en woon. Tans leef sowat 45 000 Grieke in Suid-Afrika, veral in groot stede soos Kaapstad, Johannesburg en Pretoria.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AlbaniëEtniese groepGriekelandGrieksGrieks-Ortodokse KerkIndo-Europese taleItaliëLatynMoedertaalNasieSiprusTurkye

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WoestynDemi Lee MooreJagluiperdWikipediaAfvalbestuurBesnydenisKweekhuiseffekSprokieGoudkus (streek)ArmoedeverligtingHartseerDieregeluideSwedeSanskritMagnesiumWet op NaturellengrondBloeddrukLStaatstoelaeLewerSwangerskapPlastiekHoofletterKondensasieLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaJewgeni PrigozjinDistrik SesKatMetafoorLidwoordNederlandsWoordsoortMilitêre diensplig in Suid-AfrikaBateSamestellende afleidingStaalVoortrekkersKersfeesBruto binnelandse produkLabia (geslagsdele)Andrew DavisVoëlE-posGroot TrekHartversakingD.J. OppermanDesmond TutuTelevisieCristiano RonaldoLenteLimpopo (rivier)3D-rolprentSeksuele penetrasieIntensiewe vormHoofkarakterAvbobNamibwoestynFabelTekstielSkaapOnderwysBek-en-klouseerDroomSeekoeiDriedimensioneelKlopjagJudaïsmeKappie (skryfteken)VolstruisKoorsblaarVerkleinwoordErosietipesIronieSteve Biko🡆 More