Algiers

Algiers (Arabies: مدينة الجزائر, Berbers: دزاير, Frans: Alger) is die hoofstad en grootste stad van Algerië, 'n land in Noord-Afrika.

Die stad beslaan 'n oppervlakte van 212,63 km² en het 'n bevolking van 2 195 051 in 2008 gehad. Dit lê in die noorde van die land, langs die kus van die Middellandse See.

Algiers
مدينة الجزائر
دزاير
Alger
Algiers

Kaart Wapen
Algiers
Algiers
Voormalige wapen
Algiers
 Land Vlag van Algerië Algerië
 Provinsie Algiers
 Koördinate 36°46′N 3°3′O / 36.767°N 3.050°O / 36.767; 3.050
 Stigting 944
 Oppervlakte:  
 - Totaal 212,63 vk km
 Hoogte bo seevlak 10 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 3 915 811
 - Bevolkingsdigtheid 11 000/vk km
 - Metropolitaanse gebied 7 896 923
 Tydsone UTC+1 (MEST)
 Goewerneur Abdelkader Seyouda
 Burgemeester Mohamed Kebir Addou

Die stad het 'n seehawe en 'n belangrike tekstiel- en leerindustrie. Daarnaas is dit veral 'n universiteitstad. Algiers bestaan uit twee dele: 'n moderne deel, wat aan die seekus gebou is, en die ou stad teen die steil heuwels.

Algiers is in 944 deur Buluggin ibn Ziri gestig. Hy was die seun van die stigter van die Ziriden-dinastie.

Etimologie

Algiers 
Nasa-Satellietbeeld van Algiers

Die stadnaam is afgelei van Frans en Katalaans Alger, vanaf die Arabiese naam al-Jazāʾir (الجزائر), "die eilande". Dié naam verwys na die vier voormalige eilande wat voor die kus geleë was, voordat hulle in 1525 deel van die vasteland geword het. Al-Jazāʾir is op sy beurt afgelei van die stad se ouer naam Jazaʾir Banī Mazghanna (جزائر بني مزغانة), "die eilande van die seuns van Mazghana", gebruik deur vroeë Middeleeuse geograwe soos al-Idrisi en Yaqut al-Hamawi.

Die Antieke Grieke het na die stad verwys as Ikósion (Ἰκόσιον), wat onder Romeinse heerskappy as Icosium bekend was. Volgens die Grieke is dié naam afgelei van hul woord vir "twintig" (εἴκοσι, eíkosi), omdat die stad glo deur 20 metgeselle van Hercules gestig is, terwyl hy in die Atlasgebergte sy take verrig het.

Algiers staan ook bekend as el-Behdja (البهجة, "Die vreugdevolle") of "Algiers die witte" (Alger la Blanche) weens sy witgekalkte geboue, wat vanaf die meer opstyg.

Verwysings

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansAlgiers  Wiki Commons het meer media in die kategorie Algiers.
  • (en) Toerisme-inligting oor Algiers op Wikivoyage
  • (en) "Algiers". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 Februarie 2020.

Tags:

AlgeriëArabiesBerbertaleFransHoofstadMiddellandse SeeNoord-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Winnie Madikizela-MandelaVulkaanBurgerregteKimberleySeekoeiBrittany Ashton HolmesSuikersiekteSirkusKangogrotteKlavierKinderregteSeisoenNuwe TestamentVaginale kankerKompasHaasGalileo GalileiMonopolieSlag van BloedrivierGrondbewerkingHoofkarakterVars waterWaterbesoedelingRob HersovMisdaadromanDoelwitSeksuele penetrasieKunsKartografieHulpwerkwoordKarooKoorsWaterbesparing in Suid-AfrikaNeonPoësieMiteKolorektale kanker3D-rolprentEnkelvoudige sinAbstraksie (rekenaarwetenskap)RassismeAfleiding (taalkunde)VoegwoordBoomKrugerwildtuinLuiperdVergelykings (taalkunde)PenisWekkerPriemgetalAnale kankerWolfE-posBelastingIdioomWikiquoteBrandmondsindroomVlinderEskomRuslandLenteRumatiekMeningsverskil oor aardverwarmingWieg van die MensdomBoer Soek 'n VrouHandbalDierBysteekMiddeloorontstekingStam (taalkunde)Thabo Mbeki🡆 More