Egiptenare

Egiptenare (Egiptiese Arabies: مِصريّون; Kopties: ⲛⲓⲣⲉⲙⲛ̀ⲭⲏⲙⲓ, Ni/rem/en/kīmi) is 'n etniese groep inheems aan Egipte en die bevolking van dié land, met 'n gemeensame kultuur en dialek, bekend as Egiptiese Arabies.

Egiptenare
Egiptenare
Egiptiese vroue in tradisionele klere
Totale bevolking: 104,2 miljoen (2017)
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Egipte Egipte ~94,8 miljoen (2017)

Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië 2 900 000
Vlag van Jordanië Jordanië 1 600 000
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 1 000 000–1 500 000
Vlag van Libië Libië ~1 000 000 (2011)
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 750 000
Vlag van Kanada Kanada 250 000
Vlag van Italië Italië 560 000
Vlag van Koeweit Koeweit 500 000
Vlag van Soedan Soedan 500 000
Vlag van Frankryk Frankryk 365 000
Vlag van Australië Australië 340 000
Vlag van Katar Katar 230 000
Vlag van Duitsland Duitsland 77 000
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 62 000
Vlag van Israel Israel 57 500
Vlag van Oman Oman 56 000
Vlag van Nederland Nederland 45 000
Vlag van Libanon Libanon 40 000
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 40 000

Taal: Egiptiese Arabies en Kopties
Geloofsoortuiging: Islam (veral Soenni en Soefi)

Christendom (veral Kopties-Ortodoks; ook Kopties-Katoliek, Protestant)

Verwante etniese groepe: Ander Semitiese en Afro-Asiatiese volkeKopte en NubiërsArabiere, Berbers, Europeërs en Levantyne
Egiptenare
3de-eeuse Koptiese inskripsie

Die Egiptiese identiteit is nou verbonde aan geografie. Die Egiptiese bevolking is weerskante die laer Nylvallei, die nou strook van bewerkbare land wat van die eerste Katarakt na die Middellandse See streek en beide in die ooste en weste deur woestyn begrens word. Dié unieke geografie vorm sedert antieke tye die basis vir die ontwikkeling van die Egiptiese samelewing.

Egiptenare besig in hul alledaagse lewe die plaaslike dialek, Egiptiese Arabies, Masri genoem. Hulle is hoofsaaklik aanhangers van Soennitiese Islam, met 'n Sjiitiese en Soefistiese minderheid. 'n Aansienlike persentasie Egiptenare, die Kopte, is Kopties-Ortodokse Christene, wie se liturgiese taal, Kopties, die moderne ontwikkelingstadium van antieke Egipties is en steeds saam met Egiptiese Arabies in godsdienste gebruik word.

Terminologie

Egiptenare 
Romeinse portret van 'n Egiptiese mummie uit die Fayum-versameling, ca. 125–150 n.C.

Egiptenare het al verskeie benamings gehad:

  • Egiptenare, afgelei van Grieks Αἰγύπτιοι, Aiguptioi, van Αἴγυπτος, Aiguptos, "Egipte". Die Griekse naam is afgelei van die laat Egiptiese Hikuptah, "Memphis", 'n voortsetting van die vroeëre Egiptiese naam Hat-ka-Ptah (ḥwt-k3-ptḥ), "Setel van die Siel van (die God) Ptah", wat na 'n tempel in Memphis, wat aan hierdie godheid gewy is, verwys. Strabo verskaf 'n volksetimologie, waarvolgens Αἴγυπτος van Aἰγαίου ὑπτίως Aegaeou huptiōs, letterlik "benede [dit wil sê suid van] die Egeïese See", ontleen is.
  • Kopte (قبط, qibṭ, qubṭ), ook 'n afleiding van die Griekse woord Αἰγύπτιος, Aiguptios ("Egipte", "Egiptenare"), wat tydens die Islamitiese heerskap ná die Romeinse tydperk in Egipte ontstaan het en na die inheemse Egiptenare in afbakening tot die Arabiese heersers verwys het. Kopties was die taal van die staat, kerk en volk maar is ná die Islamitiese verowering met Arabies vervang, Islam het eeue ná die Islamitiese verowering van Egipte die oorheersende godsdiens geword, veral as gevolg van bekering weens die Christene se hoër belastingkoers teenoor ander Egiptenare; die moderne term, soos ons dit vandag ken, het later die uitsluitlike term vir Egiptiese en Koptiese Christene geword, alhoewel tot die Mameluk-tydperk verwysings na inheemse Moslems as Kopte bevestig kan word.
  • Masryeen (Masryyeen), die moderne Egiptiese benaming wat afgelei is van die antieke Semitiese naam vir Egipte en oorspronklik "beskawing" of "metropolis" beteken het.[verwysing benodig] Die Klassieke Arabies Miṣr (Egiptiese Arabies: Maṣr) is direk verwant aan die Bybelse Hebreeuse Mitsráyīm, letterlik "die twee paaie", 'n verwysing na die voordinastiese verdeling in Bo- en Benede-Egipte. Volgens Edward William Lane in die 1820's het Egiptenare na hulself algemeen as El-Maṣreyyīn "die Egiptenare", Ewlad Maṣr "die kinders van Egipte" en Ahl Maṣr "die mense van Egipte" verwys. Hy voeg by dat die Ottomane die Egiptenare met die naam Ahl-Far'ūn "die farao se mense" gestigmatiseer het.
  • 𓂋𓍿𓀂𓁐𓏥𓈖𓆎𓅓𓏏𓊖 / rmṯ n Km.t, die inheemse Egiptiese naam vir die mense van die Nylvallei, letterlik "mense van Kemet" (dit wil sê Egipte). In die oudheid is dit dikwels as Rmṯ of "die mense" verkort.[verwysing benodig] Die naam is rem/en/kī/mi ⲣⲉⲙⲛ̀ⲭⲏⲙⲓ in die (Bohairiese) Koptiese vlak van die taal uitgespreek en beteken "Egiptenaar" (ni/rem/en/kīmi ⲛⲓⲣⲉⲙⲛ̀ⲭⲏⲙⲓ, met die meervoud bepalende lidwoord, "die Egiptenare").

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Egiptenare TerminologieEgiptenare VerwysingsEgiptenare Verdere leesstofEgiptenare Eksterne skakelsEgiptenareDialekEgipteEgiptiese ArabiesEtniese groepKoptiesKultuur

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jannie du ToitKalsiumGrondbesoedelingBysteekKoperSteve HofmeyrGeskiedenis van AfrikaansSamestellingChemiese elementVolhoubare ontwikkelingLys van konings van IsraelSteenkoolAkwariumJagluiperdKaliumElizabeth II van die Verenigde KoninkrykKaren MeiringAuschwitz-konsentrasiekampBalletDiepaartromboseKakiebosAkroniemPerdebye2024 Chinese Grand PrixTuisbladDroogteLys van Afrikaanse rolprenteMisdaadromanOseaanbesoedelingSwaweldioksiedLettergreepHoofstadSharpeville-slagtingViëtnamVulvaMiddeloorontstekingMaanVulkaanVergelykings (taalkunde)NeerslagViëtnamoorlogLys van slangeGodWilna SnymanKlimaatsverandering in Suid-AfrikaAfrikaanse TaalmonumentKoringBaälModeontwerpApartheidSeksuele opwekkingAntjie KrogGeestesteuringTelwoordAmandelBrongitisPinksterPretoriaNommertekenMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaEreksieGriepKrokodilBevolkingHartDemokrasieSuid-Afrikaanse GrensoorlogKoos KombuisOorlogAnton GoosenSwartwitpensVisLys van Suid-Afrikaanse skrywersNeurenberg-verhoreSprokieIntensiewe vormKoppelteken🡆 More