Goop: Amerikaanse maatskappy wat deur Gwyneth Paltrow besit word en omstrede produkte verkoop

Goop is in September 2008 deur Gwyneth Paltrow as 'n leefstylhandelsmerk bekendgestel.

Dit het begin met 'n weeklikse e-pos nuusbrief met "New Age"-advies, soos "polisieer jou gedagtes" en "elimineer wit kos", en die slagspreuk "voed die innerlike aspek". 'n Lewenstylwebtuiste is later bygevoeg, en toe brei Goop uit tot e-handel, werk saam met modehandelsmerke, stig "pop-up"-winkels, hou 'n "gesondheidsberaad", stel 'n gedrukte tydskrif op, lewer 'n podsending, en 'n dokumenter-reeks vir Netflix.

Goop
Goop: Geskiedenis, Welstandberade, The Goop Lab
Tipe Privaatmaatskappy
Gestig 2008
Stigter(s)Gwyneth Paltrow
Hoofkantoor Santa Monica, KaliforniëVSA
SleutelpersoneGwyneth Paltrow, HUB
Elise Loehnen, Hoof-nakomingsbeampte
IndustrieGesondheid
ProdukteKlere, skoene, juweliersware, bykomstighede, gesondheid, huisware, boeke
DiensteUitgewerswese
Internetkleinhandel
Inkomste$15-$25 miljoen (2016)
Bates$250 miljoen (2018)
Werknemers90 - 220
SlagspreukA modern lifestyle brand
Webwerfgoop.com

Goop is gekritiseer oor die bemarking van produkte en behandelings wat geen wetenskaplike basis het nie, wat nie doeltreffend is nie, en word deur die mediese instelling as skadelik of as misleidend bestempel. In 2017 het Truth in Advertising 'n klag by reguleerders in die deelstaat Kalifornië ingedien oor meer as 50 gesondheidseise wat deur Goop gemaak is, wat gelei het tot 'n skikking van $125,000 en 'n vyf jaar lange bevel wat die maatskappy verbied het om ongegronde aansprake te maak oor die kenmerke of voordele vir die gesondheid van sy produkte.

Goop is ook gekritiseer vir die verkoop van skoonheidsmiddels wat dieselfde skynbaar skadelike chemikalieë bevat as wat die webwerf mense aanmoedig om te vermy.

Van die mees kontroversiële aanbevelings van Goop is vaginale stoom, 'n proses wat ginekoloë streng nie aanbeveel nie.

Geskiedenis

Goop is begin in 2008 as 'n nuusbrief met 'n nota van die redakteur in elke e-pos van Paltrow wat 'n insig in haar daaglikse lewe bied. Goop is in 2011 as 'n maatskappy geregistreer. Volgens Paltrow wou sy 'n woord hê vir die naam van die maatskappy "wat niks beteken nie en enigiets kon beteken." Die Chambers 21ste-eeu Woordeboek definieer 'goop' as 'n onbeskofte, slegte persoon of 'n dom persoon.

Goop: Geskiedenis, Welstandberade, The Goop Lab 
Oprah Winfrey in 2004

Goop het in 2012 'n aanlynwinkel geloods en in 2015, 'n publikasie-afdruk, Goop Press, begin. In 2015 het die Goop-webwerf advertensies begin aanvaar. In 2016 het Goop 'n mode-lyn bekendgestel en in 2017 die vitamien- en voedingsaanvullingsmark betree. Meer as $100 000 se voedselaanvullings is op die bekendstellingsdag verkoop. Goop het in Maart 2018 met podsending begin en die eerste gas was Oprah Winfrey.

In 2017 het Goop meer as 90 werknemers gehad en het kritiek gelok, waaronder 'n saak wat deur Truth In Advertising ingedien is. In 'n artikel in die webjoernaal Jezebel in April 2017 het Stassa Edwards die bemarkings- en kleinhandelsstrategie van Goop gekritiseer en beweer dat die maatskappy "geld verdien uit eindelose siekte".

Forbes skat Goop se jaarlikse omset (vir 2016) tussen $15 en $25 miljoen. Die beraamde waardasie van die maatskappy is $250 miljoen. Na raming is daar meer as 200 werkers by Goop.

Welstandberade

In Junie 2017 is die eerste Goop-welstandberaad gehou en nog sewe byeenkomste is tot en met 2019 gehou. Deelnemers het bekendes ingesluit soos Drew Barrymore en Meg Ryan en ook omstrede "gesondheidsadviseurs" soos Kelly Brogan, 'n "holistiese gesondheidsielkundige", wat betwis het oor die doeltreffendheid van inentings en MIV-medisyne en die veiligheid van GGO's.

The Goop Lab

The Goop Lab (Die Goop-laboratorium) is 'n dokumentêre reeks wat die onderneming en sy produkte bevorder; dit het op 24 Januarie 2020 op Netflix verskyn. In elke episode word onderwerpe ondersoek soos genesing met energie, die gebruik van psigedeliese middels, eksorisme, koue-terapie, teenverouderingstegnieke en vroulike seksualiteit. Kritici het aangevoer dat die feit dat Goop toegang tot Netflix se platform het 'n "oorwinning vir pseudowetenskap" is.

Kritiek

'n Aantal produkte wat deur Goop verkoop is, sowel as idees wat in die webjoernaal-poste gepromoveer is, word gekritiseer omdat hulle geen wetenskaplike basis het nie, nie die gewenste resultate gelewer het nie, geen mediese voordeel gehad het nie, of selfs skadelik was:

Goop: Geskiedenis, Welstandberade, The Goop Lab 
Timothy Caulfield praat oor Gwyneth Paltrow en Goop, TAM13 - 2015
  • In Januarie 2015 het Paltrow 'n spa-behandeling, wat "vaginale stoom" genoem word bevorder. Dit is 'n proses waarin "jy jou baarmoeder en ander gedeeltes met stoom skoonmaak". Paltrow het erken dat sy van mening was dat die proses "kranksinnig" was, maar dit nie van die hand wys nie en eerder daarop gedui dat dit "regte genesende eienskappe" het. Ginekoloë was krities en het daarop gedui dat "daar geen wetenskaplike bewyse is wat wys dat dit werk nie." 'n Artikel gepubliseer op 18 Julie 2017 in TheStar.com het die voortdurende stryd oor hierdie kwessie tussen Paltrow en Jennifer Gunter, 'n ginekoloog vir Kaiser Permanente in San Francisco, gedokumenteer. Ook in 2015, het Timothy Caulfield 'n boek geskryf oor die negatiewe impak van bekragtigheid goedkeuring met die naam "Is Gwyneth Paltrow verkeerd oor alles?" waarin hy die gebrek aan bewyse beskryf het vir verskeie produkte wat deur Goop verkoop is en deur Paltrow goedgekeur is, asook gesondheidsuitsprake deur ander beroemdes.
  • In Oktober 2015, in 'n webjoernaal in Goop, word die weerlose bewering dat borskanker gekoppel kan word aan die dra van onderdraad-bras herhaal. Die eis is vinnig gekritiseer, Gunter het gesê: "Dit is 'n borsgrootte wat die risiko van borskanker verhoog en nie omdat groter borste meer hantering van onderdraad benodig nie, maar omdat groter borste moeiliker is om te ondersoek en geassosieer word met vetsug, 'n bekende risiko vir borskanker."
  • In Januarie 2017 het Goop die 'Nefriet-eier' ('Jade Egg' in Engels) begin bemark vir $66 as 'n vorm van vaginale "gewigoptel", wat volgens hul webwerf "deur vroue gebruik word om seksuele energie, gesondheid en plesier te verhoog." Ginekoloë is krities oor hierdie produk met Gunter wat dit 'n "vrag vullis" noem. In September 2018 het die Goop-onderneming ooreengekom om $145 000 te betaal om 'n regsgeding te regeer waarin beweer word dat Goop eise oor die eiers en oor 'n kruiemiddel gemaak het, albei sonder wetenskaplike basis.
  • In Junie 2017 het 'n webjoernaal-boodskap van Goop Body Vibes, drabare plakkers wat die "energie-frekwensie in ons liggame herbalanseer" bevorder. Oorspronklik het die advertensie beweer dat die plakkers "gemaak is met dieselfde geleidende koolstofmateriaal wat NASA gebruik in ruimtepakke", maar NASA het ontken dat hulle "enige geleidende koolstofmateriaal" in hul ruimtetuie gehad het nie. Die verwysing na NASA is daarna uit die advertensie verwyder.
  • In 2017 het Goop 'n Koffie-klysma-apparaat van Implant O’Rama LLC bevorder, ondanks 'n gebrek aan wetenskaplike bewyse vir die doeltreffendheid daarvan, en ten spyte van bewyse van die moontlike dodelike newe-effekte van koffie-kysmas.
  • In Januarie 2018 is Goop gekritiseer omdat daar artikels geplaas was deur die "mediese psigiese" verhoogkunstenaar Anthony William wat beweer dat hy paranormale vermoëns gebruik om mediese advies te gee.
  • In Oktober 2018 het die Good Thinking Society die maatskappy aan die National Trading Standards en die Advertising Standards Authority gerapporteer en beweer dat Goop meer as 113 advertensiewette van die Verenigde Koninkryk oortree het. Laura Thomason, projekbestuurder van die Good Thinking Society, het aan The Independent gesê:
"Dit is skokkend om die groot hoeveelheid onbewese aansprake van Gwyneth Paltrow se Goop oor hul produkte te sien, veral aangesien sommige van hul gesondheidsadvies potensieel gevaarlik is ... Gwyneth Paltrow kan wel goeie bedoelings hê, maar sy en haar onderneming verkoop produkte met eise wat klante duidelik kan mislei ... as Gwyneth Paltrow nie bevredigende getuienis kan lewer agter die bewerings wat sy vir haar produkte maak nie, moet sy nie hierdie eise maak nie."

Sien ook

Verwysings

Tags:

Goop GeskiedenisGoop WelstandberadeGoop The LabGoop KritiekGoop Sien ookGoop VerwysingsGoopGwyneth PaltrowNetflixNew Age-bewegingPodsending

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

7de LaanBruto binnelandse produkMIVArmoedeverligtingMaagNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyBurgerregteEkonomie van Suid-AfrikaNazi-DuitslandVoedingStadSoogdierBloukraanvoëlAkkedisMiljardAntoniemHemelvaartMynbouNag van die lang messeOrale seksStedelike hitte-eilandRookgewoonteBevolkingPlastiekLys van Afrikaanse skrywersJodeLys van Joodse feeste en herdenkingsKoorsblaarSleutel (musiek)NederlandSonkragInfeksieHibernasieWaterbesparing in Suid-AfrikaVleilandSebraErosietipesKoos du PlessisAfrikaOutismeDokterSikloonMenstruasieHartversakingSnaarinstrumentMorfologie (taalkunde)Sweeds19de eeuHematurieTswanaWerkloosheidConsolidated B-24 LiberatorChatGPTOmtrek, oppervlakte en volumeMobutu Sese SekoVulvaDysselsdorpBotswanaAtlantiese OseaanKaliumSeksuele opwekkingOopbroninhoudMiddelmisbruikOlimpiese Somerspele 2024N.P. van Wyk LouwUniversele Verklaring van MenseregteKlitorisAfrikanernasionalismeMusieksimboleSterLys van kinderspeletjiesProteaVryheidsmanifesCarike KeuzenkampKlein-KarooWiki CommonsNasiebou🡆 More