Indo-China

Indo-China of Agter-Indië (Frans: L'Indochine) verwys na die vastelandgedeelte van Suidoos-Asië.

Die term "Indo-China" is vir die eerste keer deur die Deens-Franse geograaf Conrad Malte-Brun (ook Malthe Konrad Bruun, 1775–1826) gebruik in sy werk van 1810, "Précis de la Géographie Universelle", wat in Parys gepubliseer is. Die benaming "Indo-China" verwys na die kulturele invloed wat Indië en China onderskeidelik op die vastelandgedeelte van Suidoos-Asië gehad het. In Malte-Brun se gebruik van die term word die moderne state Laos, Kambodja, Thailand, Viëtnam, Mianmar en die noordelike deel van Maleisië (die Maleisiese Skiereiland), die suide van China, dele van Bangladesj en Singapoer ingesluit. Vandag verwys die term gewoonlik na die voormalige Frans-Indo-China (Frans: Indochine française), wat slegs Kambodja, Laos en Viëtnam ingesluit het. Daar is ook soms na Mianmar onder Britse koloniale beheer as Brits-Indo-China (Engels: British Indochina) verwys.

Indo-China
Indo-China in 1886.

Verwysings

Tags:

1810AsiëBangladesjChinaEngelsFransIndiëKambodjaLaosMaleisiëMianmarParysSingapoerThailandViëtnam

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SweedsSteve BikoTepelNazi-DuitslandMongoliëColubrina nicholsoniiWeeluisDjihadLys van medisinale kruieTierboskatLandbouMangelontstekingHokkieBronadresEthiopies-Ortodokse Tewahedo-kerkParysVisKommunikasieLys van elemente volgens simboolSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Jada FireQR-kodeFotosinteseSeisoenBosluisGelukHoenderSkerpioenGriepSpinnekopWaterOranje-VrystaatChris HaniEuropaLewerGeelstertAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeFacebookBipolêre gemoedsteuringLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameJodiumProvinsies van Suid-AfrikaGert van TonderPuberteitTarentaleWiskundige terminologieDuitse Demokratiese RepubliekBestuiwingVarkFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982MieliestronkRuan JoshBrandstofTon VoslooJane GoodallKeelseerKolonoskopieSanskritKonsonantVersamelnaamFord Model TSwangerskapKaapstadKlem-in-die-kaakJacques LootsDuitse nasionale rugbyspanPalantir TechnologiesVolkekundeKoeksisterSteenkool in Suid-AfrikaVoedingDocumenta🡆 More