Tautavelmens

Die naam Tautavelmens verwys na die argaïese mense wat sowat 550 000 tot 400 000 jaar gelede in die Aragogrot in Tautavel, Frankryk, gewoon het.

Tautavelmens
'n Beeld van die fossiel.

Algemene naam Tautavelmens
Katalogusnommer Arago 21, 47, ens.
Spesie Homo erectus tautavelensis
Ouderdom 400 000 tot 550 000 jaar
Plek ontdek Tautavel, Frankryk
Datum ontdek Van 1971 af
Ontdek deur Henry de Lumley

Hulle word algemeen gegroepeer as deel van 'n lang en hoogs uiteenlopende lyn van oorgangsvorme wat in die middel van die Pleistoseen in Europa gewoon het en eindelik sou ontwikkel tot die Neanderdalmense (Homo neanderthalensis of H. sapiens neanderthalensis). Hulle is al toegewys aan die spesie Homo heidelbergensis of geklassifiseer as 'n Europese subsespesie van H. erectus as H. e. tautavelensis.

Beskrywing

Die skedel is rekonstrueer van die spesimens Arago 21 en 47 (moontlik manlik), en stem in 'n mate meer ooreen met wat beskou kan word as die vorm van 'n tipiese H. erectus (sensu stricto) as dié van 'n tipiese H. heidelbergensis. Die breinkapasiteit is 1 166 cc. Dit lyk of hulle oor die algemeen 'n robuuste skelet gehad het. Die gemiddelde lengte was 1,66 m.

Die Aragogrot se opening is op die kant van 'n krans 80 m bo 'n rivier en kyk uit oor die Tautavelvlakte, met 'n plato bo en bergagtige terrein aan die kante. Tydens en ná die tyd dat mense daar gewoon het, het die gebied verander van 'n gematigde en vogtige woudland tot 'n koue en droë steppeland.

Dit lyk of die subspesie 'n verskeidenheid diere gejag het, insluitende edelherte, rendiere, perde en bewers. Hulle het gereedskap tipies van die Acheuleen gemaak, maar het hoofsaaklik kleiner instrumente gemaak soos skrapers eerder as handbyle.

Dit lyk of kannibalisme op plekke voorgekom het. Daar is geen tekens van vuur tot so 400 000 jaar gelede nie.

Verwysings

Skakels

  • Tautavelmens  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Argaïese menseFrankryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KortverhaalAlliterasieTegnologieDohaBloedsomloopstelselElektrisiteitsvoorsieningAfrikanernasionalismeSikloonDieregeluideNag van die lang messeHipoteseMorfologie (taalkunde)Bek-en-klouseerBritse RykEkonomiese sektorKeelseerRymGeskiedenis van die Verenigde State van Amerikaa2crwNadia ValvekensHorlosieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalLydia WinchesterErosietipesVerenigde KoninkrykIntensiewe vormLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierKlimaatLys van bekende Suid-AfrikanersMenstruasieVoorhuidStaatstoelaeWiskundige terminologieTsoenamiChristeneGeldSamestellende afleidingKoperIroniePad na jou hartPlesiosauriaVlekvrye staalAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKlankverskynselsProvinsies van Suid-AfrikaAfrikaanse woordelys en spelreëlsLabia (geslagsdele)NamakwalandHefboomWaarheid-en-versoeningskommissieNasiebouAlkoholismeAkuutGeskiedenis van kommunikasieTienerDysselsdorpVarkgriepSeisoenAfro-AmerikanersKoue OorlogPseudowetenskapAnale kankerHartversakingWikipediaAsemhalingLiewe HeksieKerrieGroot vyfLys van Afrikaanse rolprenteGamelanNederduitse Gereformeerde KerkPterosouriërVermoede van onskuldCheiridopsisElandréInsek🡆 More