Edelhert: Soort takbok

Die edelhert (Cervus elaphus) is een van die grootste spesies Hertagtiges.

Dit kom in Europa, die Kaukasus, Klein-Asië, Iran, dele van Wes-Asië en Sentraal-Asië voor en is die enigste takbokspesie wat ook in Afrika voorkom: in die Atlasgebergte tussen Marokko en Tunisië. Die edelhert is na ander streke ingevoer, soos Australië, Nieu-Seeland, Peru, Uruguay, Chili en Argentinië.

Edelhert
Edelhert: Beskrywing, Subspesies, Galery
Edelhert: Beskrywing, Subspesies, Galery
’n Edelhertram (bo) en -ooi (onder).
Die bulk van 'n edelhertram
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Artiodactyla
Familie: Cervidae
Subfamilie: Cervinae
Genus: Cervus
Spesie: C. elaphus
Binomiale naam
Cervus elaphus
(Linnaeus, 1758)
Voormalige (liggroen) en hedendaagse (donkergroen) verspreiding.
Voormalige (liggroen) en hedendaagse (donkergroen) verspreiding.
Subspesies

Sien teks.

Beskrywing

Edelherte is herkouers met vier maagkamers en ewehoewiges met ’n ewe getal tone aan elke poot. Volgens genetiese studies is die dier eintlik ’n spesiegroep pleks van ’n enkele spesie, hoewel betwis word hoeveel spesies die groep insluit. Die naby verwante maar effens groter Amerikaanse elk of wapiti van Noord-Amerika en Asië is eers as ’n subspesie van die edelhert beskou, maar vorm nou ’n afsonderlike spesie. Die moontlike voorvader van alle edelherte, insluitende die wapiti, het in Sentraal-Asië ontstaan.

Hoewel edelherte in ’n stadium skaars was in dele van Europa, was hulle nooit naby uitsterwing nie. Bewaringspogings, veral in Brittanje, het gelei tot ’n toename in getalle, terwyl getalle steeds in streke soos Noord-Afrika afneem.

Edelhert: Beskrywing, Subspesies, Galery 
The Monarch of the Glen, 1851, deur sir Edwin Landseer, ’n ikoniese skildery uit die 19de eeu.

Die edelhert is die grootste takbokspesie naas die Amerikaanse eland, Amerikaanse elk en sambar-takbok. Hulle het ’n relatief lang stert in vergelyking met ander spesies. Subtiele verskille in voorkoms bestaan tussen die verskillende subspesies, veral wat die grootte van die gewei (horings) betref. Die Korsika-edelhert het die kleinste en die Kaspiese edelhert die grootste gewei.

Die ramme is gemiddeld 175 tot 250 cm lank en weeg 160 tot 240 kg; ooie is gemiddeld 160 tot 210 cm lank en weeg 120 tot 170 kg. Die stert voeg nog 12 tot 19 cm by die lengte en die skouerhoogte is 95 tot 130 cm.

Europese edelherte se pelskleur neig na rooibruin in die somer. Die ramme van baie spesies groei ook maanhare in die herfs wanneer die diere se pels begin dikker word vir die winter. Net die ramme het gewei, wat in die lente begin groei en gewoonlik aan die einde van die winter afgegooi word. Europese edelherte se gewei is taamlik reguit, met die vierde en vyfde punt wat ’n soort kroon vorm by groter ramme. Testosteroon moedig die groei van die gewei aan en in die herfs, wanneer die ramme se testeroonvlakke afneem, word die fluweelagtige bolaag afgegooi en die gewei hou op groei.

Subspesies

Die volgende subspesies word erken:

  • C. e. elaphus
  • C. e. alashanicus
  • C. e. atlanticus
  • C. e. barbarus
  • C. e. brauneri
  • C. e. canadensis
  • C. e. corsicanus
  • C. e. hanglu
  • C. e. hispanicus
  • C. e. kansuensis
  • C. e. macneilli
  • C. e. maral
  • C. e. nannodes
  • C. e. pannoniensis
  • C. e. songaricus
  • C. e. wallichii
  • C. e. xanthopygus
  • C. e. yarkandensis

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Edelhert BeskrywingEdelhert SubspesiesEdelhert GaleryEdelhert VerwysingsEdelhert Eksterne skakelsEdelhertAfrikaArgentiniëAsiëAtlasgebergteAustraliëChiliEuropaHertagtigesIranKaukasusKlein-AsiëMarokkoNieu-SeelandPeruTakbokTunisiëUruguay

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AkuutBakterieRumatiekBloedsomloopstelselSwangerskapKongo-krisisAfrikaanse taalleerVolhoubaarheidBloeddrukNierMangelontstekingTandbederfBayer 04 LeverkusenParlement van Suid-AfrikaAnette EngelbrechtLatynIndo-Europese taleDuitslandMorfeemMiddeleeuePolisieAngina pectorisVaginaPornografiese akteurSwart nasionalismeAfrikaanse WikipediaSiya KolisiVerenigde State van AmerikaVarkgriepKolorektale kankerVlekvrye staalKaapse florarykDroogteTobie CronjéAborsieErektiele disfunksieLenteBorsklierChristiaan BarnardSuider-AfrikaSelfmoordLetterkundeVaste stofElon MuskWoordeboekMosesHemelvaartsdagPizzaSeksuele stimulasieDikdermKolonoskopieSintetiese veselsApartheidSendelingposisieSowjetunieEngelandVoedingMiddeloorontstekingNieu-SeelandStadPseudowetenskapLeierHondLys van kleureSeksueel oordraagbare infeksieAkademiaAardverwarmingMondIranse aanval op Israel in 2024Gesonde dieetSoweto-opstandLettergreepChris HaniChemiese element🡆 More