Doha (Arabies: الدوحة, ad-Dawḥa of ad-Dōḥa) is die hoofstad en grootste stad van Katar.
Meer as 60% van die land se bevolking woon in Doha of die omliggende voorstede, en dit is ook die ekonomiese sentrum van die land. Dit is ook een van die munisipaliteite van Katar en geleë aan die kus van die Persiese Golf.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Katar |
Koördinate | 25°17′N 51°32′O / 25.283°N 51.533°O |
Stigting | 1825 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 132 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2016) | 1 351 000 |
- Bevolkingsdigtheid | 10 000/vk km |
- Metropolitaanse gebied | |
Tydsone | UTC +3 |
Burgemeester | |
Amptelike webwerf |
Doha is die tuiste van 'n onderwysdorp, 'n gebied gewy aan navorsing en opvoeding. Doha was die plek van die eerste ministeriële vlak-vergadering van die Doha-ronde van die Wêreldhandelsorganisasie se onderhandelings. Die stad Doha was gasheer vir die 2006-Asiatiese Spele, die grootste tot op daardie tydstip. Doha was ook die gasheer van die 2011 Pan Arabiese Spele, die 2011 AFC Asiatiese Beker en sal 'n groot aantal van die wedstryde aanbied by die FIFA Wêreldbeker in 2022. Die Wêreldpetroleumraad het hul 20ste Wêreldpetroleumkonferensie in Doha gehou in Desember 2011 en Doha was die gasheer van die UNFCCC klimaatonderhandelinge (COP 18) in Desember 2012.
Die skool huisves die Qatar Universiteit en 'n kampus van die HEC Paris sakeskool.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Doha, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.