Golfoorlog

Die Persiese Golfoorlog (2 Augustus 1990 - 28 Februarie 1991) was 'n oorlog wat deur 'n koalisie van 34 lande onder leiding van die Verenigde State van Amerika teen Irak gevoer is.

Die oorlog was 'n reaksie op die Irakse inval en anneksasie van Koeweit op 1 Augustus 1990.

Persiese Golfoorlog
Golfoorlog
Kloksgewys van bo: USAF F-15Es, F-16s, en 'n USAF F-15C vlieg oor brandende Koeweitse oliebronne; Britse troepe uit die Staffordshire Regiment tydens "Operation Granby"; kamera van 'n Lockheed AC-130; Die "snelweg van die dood"; 'n M728 Combat Engineer Vehicle.
Datum 2 Augustus 199028 Februarie 1991
Ligging Irak, Koeweit, Saoedi-Arabië en Israel
Resultaat Beslissende Koalisie-oorwinning
  • Irakse onttrekking uit Koeweit; Emir Jaber III word herstel
  • Handelsanksies teen Irak
  • Swaar verliese en vernietiging van Irak en Koeweit se infrastrukture
  • Instelling van Irakse geenvliegsones
Strydende partye
Koalisie magte:

Vlag van Koeweit Koeweit
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vlag van Frankryk Frankryk
en andere

Vlag van Irak Irak
Aanvoerders
Vlag van Koeweit Jaber Al-Ahmad Al-Jaber Al-Sabah

Vlag van Verenigde State van Amerika George H.W. Bush
Vlag van Verenigde State van Amerika Colin Powell
Vlag van Verenigde State van Amerika Norman Schwarzkopf
Vlag van Verenigde State van Amerika John Yeosock
Vlag van Verenigde State van Amerika Walter Boomer
Vlag van Verenigde State van Amerika Charles Horner
Vlag van Verenigde State van Amerika Stanley Arthur
Vlag van Saoedi-Arabië Koning Fahd
Vlag van Saoedi-Arabië Khalid bin Sultan
Vlag van Verenigde Koninkryk Margaret Thatcher
Vlag van Verenigde Koninkryk John Major

Vlag van Irak Saddam Hoesein

Vlag van Irak Ali Hassan al-Majid
Vlag van Irak Salah Aboud Mahmoud
Vlag van Irak Hussein Kamel al-Majid

Sterkte
956 600, insluitend 700 000 VS-Troepe 650 000 soldate
Ongevalle en verliese
Koalisie:

147 vermoor deur vyandelike aksies,
145 nie-vyandige sterftes,
467 gewond in aksie
Totaal: 292 gesneuweldes
458
Koeweit:
200 gesneuweldes

20 000–35 000 gesneuweldes

75 000+ gewondes

Koeweitse burgerlike verliese:

Meer as 1 000 gesneuweldes
600 vermiste persone

Irakse burgerlike verliese:
Oor 3 664 gesneuweldes
Ander burgerlike verliese:
300 burgerlikes dood, meer beseer

Die oorlog begin met Operation Desert Shield (2 Augustus 1990 - 17 Januarie 1991) vir die opbou van troepe en die verdediging van Saoedi-Arabië. Dit is gevolg met Operation Desert Storm (17 Januarie 1991 – 28 Februarie 1991) vir die inval en bevryding van Koeweit.

Die grootste deel van die koalisie se militêre magte was vanuit die VSA afkomstig, met Saoedi-Arabië, die Verenigde Koninkryk en Egipte as die grootse bydraers (in die orde). Dit was die grootste militêre alliansie sedert die Tweede Wêreldoorlog. Saoedi-Arabië het sowat VS$ 36 miljard van die VS$ 60 miljard koste gedra.

Die oorlog is gekenmerk deur lewendige nuus wat vir die eerste keer vanuit die voorste linies van die stryd uitgesaai is, hoofsaaklik deur die Amerikaanse CNN-netwerk. Tydens Operasie Desert Storm is beelde van Amerikaanse bomwerpers en hulle teikens daagliks gebeeldsend.

Die aanslag om Irakse troepe uit Koeweit te verdryf begin op 17 Januarie 1991 met lugaanvalle. Dit word op 24 Februarie met 'n grondinval opgevolg. Die koalisie behaal 'n beslissende oorwinning, wat Koeweit bevry en Irakse grondgebied binnedring. Een honderd uur na die grondinval verklaar die koalisie 'n skietstilstand. Lug- en grondaanvalle was beperk tot Irak, Koeweit, en gebiede op Saoedi-Arabië se grens. Irak het Scudmissiele teen koalisieteikens en teen Israel geloods.

In April 1991 keur die Verenigde Nasies resolusie 687 goed wat 'n formele skietstilstand bewerkstellig. Die omstredenheid oor die toepassing hiervan en daaropvolgende resolusies lei 12 jaar later tot die uitbreek van die Irakse Oorlog.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

IrakKoeweitOorlogVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Robert SobukweWitbloedselAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeUniegebouLys van Suider-Afrikaanse soogdiereHomofoonLys van bekende Suid-AfrikanersSamestellende afleidingSowjetunieOseaanFrankrykNatuurlike hulpbronViëtnamoorlogAntoniemAfrikaanse taalleerSkilpadVennootskapSuid-Afrikaanse GrensoorlogAfvalbestuurRudi ClaaseKoolstofAborsieLys van musiekinstrumenteLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsSoortnaamInflasieLys van hoofstedeWoordeboek van die Afrikaanse TaalPaddaMusiekGoeie VrydagHomoniemBernice WestLeeuMuskeljaatkatOlifantPampoentjiesInfeksieByvoeglike naamwoordBurgerregteDepressie (gemoedstoestand)Narsistiese persoonlikheidsteuringMenstruasieSpelerposisies in rugbyAfrikaanse TaalmonumentHoofstadJapie GreylingNag van die lang messeBorskankerLieweheersbesieKoorsblaarDie ontstaan van die dramaMeningsverskil oor aardverwarmingSekondêre sektor van die ekonomieNadia ValvekensTwaalf Stamme van IsraelVerkragtingPaasfeesArabies-Israeliese konflikSarel Jacob PretoriusMiskruier23 AprilTuberkuloseAartappelPersentasieMynbouOntwerpNoord-Sotho (taal)AnilingusGeletterdheidLys van Kaapstad se voorstedeBorsteGeskiedenis (vakgebied)KunstenaarLondenOseaanbesoedeling🡆 More