Die Golf van Kalifornië (ook Meer van Cortés of Rooiminiemeer genoem; Engels: Gulf of California, Sea of Cortés of Vermilion Sea; Spaans: Golfo de California, Mar de Cortés of Mar Bermejo) maak deel uit van die Stille Oseaan en is 'n golf in die weste van Meksiko, met 'n lengte van 1 126 km van noord ná suid en 'n breedte tussen 90 en 230 km van oos ná wes.
Golf van Kalifornië | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van Neder-Kalifornië met die Golf van Kalifornië | |
Ligging van die Golf van Kalifornië | |
Koördinate: | 27°45′11″N 111°40′22″W / 27.75306°N 111.67278°W 111°40′22″W / 27.75306°N 111.67278°W |
Ligging: | Baja California, Baja California Sur, Sinaloa, Sonora (Meksiko) |
Soort: | Golf van die Stille Oseaan |
Oppervlakte: | 160 000 km² (62 000 myl²) |
Lengte: | 1 126 km (700 myl) |
Breedte: | 48–241 km (30–150 myl) |
Invloei: | Coloradorivier |
Uitvloei: | Stille Oseaan |
Eiland/e: | 37 |
Die oppervlakte daarvan is ongeveer 160 000 km².
Die Golf grens in die weste aan die skiereiland Neder-Kalifornië, in die suide aan die Stille Oseaan en in die ooste aan die vasteland van Meksiko. In die noorde mond die Coloradorivier in die Golf in. Die eilande en beskermde gebiede in die Golf van Kalifornië is in 2005 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Golf van Kalifornië, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.