Golf Van Lion

Die Golf van Lion (Frans: golfe du Lion, Spaans: golfo de León, Italiaans: Golfo del Leone, Oksitaans: golf del/dau Leon, Katalaans: golf del Lleó, Middeleeuse Latyns: sinus Leonis, mare Leonis, Klassiese Latyns: sinus Gallicus) is 'n baai langs die Mediterreense kuslyn van Suid-Frankryk.

Golf van Lion
Golf Van Lion
Nasa-Satellietbeeld van die Golf van Lion
Golf Van Lion
Kaart van die Golf van Lion
Koördinate:42°59′47″N 4°0′1″O / 42.99639°N 4.00028°O / 42.99639; 4.00028 4°0′1″O / 42.99639°N 4.00028°O / 42.99639; 4.00028
Ligging:Frankryk, Spanje
Soort:Golf van die Middellandse See
Maksimum diepte:90 m
Invloei:Rhône, Tech, Têt, Aude, Orb, Hérault en Vidourle
Nedersettings:Marseille, Toulon

Die golf strek oor die kuslyne van die geweste Languedoc-Roussillon en Provence, van die Frans-Spaanse grensgebied in Katalonië in die weste tot by die hawestad Toulon in die ooste. 'n Groot deel van die kusgebiede word deur strandmere en soutvleie oorheers. Naas die Rhône mond ook 'n aantal kleiner riviere soos die Tech, Têt, Aude, Orb, Hérault en Vidourle in die Golf van Lion uit.

Golf Van Lion
'n Strandmeer langs die Golf van Lion

Die gebied van die golf staan bekend vir sy koue Mistralwind.

Die kontinentale plaat van Europa word hier as 'n uitgestrekte kusvlakte sigbaar, wat hier digby die kuslyn met 'n skerp afwaartse helling teen die vlaktes van die Mediterreense bekken begin daal.

Ekonomie

Marseille en Toulon is die belangrikste hawens langs die Golf van Lion. Die visvangs langs die kus steun veral op die stokvis (Merluccius merluccius), tog het die visbronne intussen uitgeput geraak.

Eksterne skakels

Tags:

BaaiFrankrykFransItaliaansKatalaansKataloniëLanguedoc-RoussillonLatynMiddeleeueMiddellandse SeeOksitaansProvenceRhôneSpaansToulon

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VryheidsmanifesEerste WêreldoorlogLentePampoentjiesHeupvervangingSean CombsVarkIntensiewe vormFotosinteseAfleiding (taalkunde)TrekarbeidVleilandVoorsetsel20ste eeuIsraelUnited Democratic FrontSelfmoordByung-Chul HanDesimale breukeLuiperdKatoenHindoeïsmeGeskiedenis van kindermishandelingXenofobieTamatiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaBloemfonteinNeurenberg-verhoreElandréVrouOnderhandelinge om apartheid te beëindigVoornaamwoordC. Louis LeipoldtBrittany Ashton HolmesGeletterdheidGlasLübeckVennootskapAntoniemCleopatra VIISuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieWoordsoortWikiPaddaYslandOu Apostoliese KerkLys van Suid-Afrikaanse skrywersCarike KeuzenkampAfrikanernasionalismeLys van Afrikaanse televisiereekseOmgewingskwessies in Suider-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse musikanteSlangPenisEk is 'n Afrikaan (toespraak)Vincent van GoghAngolaNic de JagerMiddelmisbruikE-posOopbroninhoudVaginaDie ontstaan van die dramaBeurtkragGeskiedenis van AfrikaansNag van die lang messeRugbyAustraliëKweekhuiseffekProstaatkankerSkoenlapperLys van Afrikaanse rolprenteWes-KaapReënspinnekopAfkortingVars waterRacheltjie de Beer🡆 More