Neder-Kalifornië (Spaans: Baja California) is 'n nou, bergagtige en woestyne skiereiland in die weste van Meksiko met 'n lengte van 1200 km en 'n breedte tussen 80 en 220 km.
Die skiereiland word in die weste en suide van die Stille Oseaan, in die ooste van die Golf van Kalifornië, in die noordooste deur die Coloradorivier van die deelstaat Sonora en in die noorde deur Kalifornië begrens.
Sedert die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog van 1848 maak (Opper-)Kalifornië deel uit van die Verenigde State van Amerika. Op die skiereiland is die twee Meksikaanse deelstate Baja California en Baja California Sur geleê. Die grootste stede is Tijuana in die noordweste en Mexicali in die noordooste aan die grens met Kalifornië. In die noordooste vloei die Coloradorivier in die Golf van Kalifornië in.
Wiki Commons bevat media in verband met Neder-Kalifornië. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Neder-Kalifornië, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.