Gasreus

’n Gasreus is ’n reuseplaneet wat hoofsaaklik uit waterstof en helium bestaan.

Gasreus
Gasreus
Jupiter en Saturnus, die Sonnestelsel se twee gasreuse.

Gasreuse word soms mislukte sterre genoem, want hulle bevat dieselfde basiese elemente as ’n ster. Jupiter en Saturnus is die Sonnestelsel se gasreuse. Die term was oorspronklik sinoniem met "reuseplaneet", maar in die 1990's is ontdek Uranus en Neptunus is eintlik ’n aparte soort reuseplaneet, omdat hulle hoofsaaklik uit swaarder vlugtige stowwe bestaan (wat as "yse" bekend is). Om dié rede word Uranus en Neptunus nou dikwels geklassifiseer in ’n aparte kategorie, ysreuse.

Eienskappe

Jupiter en Saturnus bestaan hoofsaaklik uit waterstof en helium, met swaarder elemente wat tussen 3 en 13 persent van die massa uitmaak. Hulle buitenste laag is vermoedelik molekulêre waterstof, omring deur ’n laag vloeibare metaliese waterstof; hulle het dalk ook ’n kern van gesmelte rots. Die buitenste deel van hulle waterstofatmosfeer word gekenmerk deur baie lae sigbare wolke wat hoofsaaklik uit water en ammoniak bestaan. Die laag metaliese waterstof maak die grootste deel van die planete uit en word "metalies" genoem omdat die baie hoë druk waterstof in ’n elektriese geleier omskep.

Die gasreuse se kern bestaan vermoedelik uit swaarder elemente teen so ’n hoë temperatuur (20 000 K) en druk dat hulle eienskappe nie goed verstaan word nie.

Daar word gedebatteer oor die bepalende verskille tussen ’n bruindwergster en ’n gasreus (geraam op sowat 13 Jupitermassas). Een skool dink dit lê in die vorming, terwyl ’n ander dink dit lê in die fisiese eienskappe van die binnekant. ’n Deel van die debat gaan oor of "bruindwerge" per definisie die een of ander tyd in hulle geskiedenis kernfusie moes ondergaan het.

Sien ook

Verwysings

Skakels

  • Gasreus  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Gasreus EienskappeGasreus Sien ookGasreus VerwysingsGasreus SkakelsGasreusHeliumJupiterNeptunusReuseplaneetSaturnusSinoniemSonnestelselSterUranusVlugtigheid (planetologie)WaterstofYsreus

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EnsiklopediePokkeKunsmisWladimir PoetinBloedvergiftigingLemnosPous Pius XWortelPubiese hareRooms-Katolieke KerkGriepRenteOosters-Ortodokse KerkThe SimpsonsDouglas Engelbart18de eeuOraniaJulius MalemaVrymesselaryGriekelandShaanxiLys van politieke partye in Suid-AfrikaPort SaidBeroerteTongaKhanyi MbauMotorvoertuigJada FireChirurgieJo BlackApartheidVolksrepubliek ChinaDierewelsynJohan DegenaarColombiaEnkelvoudige sinDoziTuvaluCencio SavelliAalwynFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014KarpaletonnelsindroomGurbanguly BerdimuhamedowJohanna van der MerweSokkerSachin TendulkarSelfoonOrkney Snork NieSaaltennisMeervoudAfrikaanse taalleerThailandSelfieSalomoBostonChristiaan VI van DenemarkeAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeFransAtheneTropiese sikloonKalenderFotoVanuatuBorsjtRoekelose DadeVulvaDarwinismeBelarusIntensiewe vormSpinnekopArtemisKongo-krisisNarsismeRussiese inval in Oekraïne sedert 2022BulgaryeKranskop (koppie)Cleopatra VII🡆 More