Douglas Engelbart

Douglas Carl Doug Engelbart (30 Januarie 1925 – 2 Julie 2013) was 'n Amerikaanse uitvinder wat die rekenaarmuis in 1964 uitgevind het.

Douglas Engelbart
Douglas Engelbart
Engelbart in Desember 2008
Gebore
Douglas Carl "Doug" Engelbart

30 Januarie 1925
Sterf2 Julie 2013
Atherton, Kalifornië
NasionaliteitVerenigde State van Amerika
Bekend virUitvinding van rekenaarmuis
EggenootBallard Engelbart

Engelbart is op 30 Januarie 1925 in Portland, Oregon gebore. Hy studeer in die 1950's elektriese ingenieurswese en rekenaarwetenskap aan die Oregon State University en die Universiteit van Kalifornië, Berkeley. Na sy studies sluit hy by die Stanford-navorsingsinstituut aan, waar hy aan verskeie konsepte werk, soos e-pos, videokonferensie en ARPANET (die voorloper van die Internet).

Douglas Engelbart
Eerste prototipe van die muis, deur William English, vanaf Engelbart se sketse ontwerp.

Hy sal die beste onthou word vir die rekenaarmuis, wat destyds 'n houtboksie met twee wiele aan was. In 1970 ontvang hy 'n patent vir sy uitvindsel. Die rekenaarmuis het egter eers 'n alledaagse artikel geword nadat die patent daarvan verval het.

Engelbart is in 2000 met die nasionale medalje vir tegnologie vereer.

Hy is op 2 Julie 2013 op die ouderdom van 88 aan nierversaking in Atherton, Kalifornië oorlede.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

192519642 Julie201330 JanuarieAmerikaRekenaarmuis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BreinkaartAfro-AmerikanersGroot TrekDomkragHokkieSeevlakstygingLionel MessiDigvormVulkaanBeurtkragYstertydperkVryheidsdagDistrik SesErektiele disfunksieSirkelMenslike seksuele gedragKoperVerenigde KoninkrykAnale seksRobbeneilandAtletiekGalblaasDurbanInnes en Franna BenadéKriekRuslandSenuweestelselVoorvoegselGeskiedenis van die BoererepubliekeAnneli van RooyenWikimedia-stigtingNatuurBestuiwingInvloed van vigs op die ekonomieGeskiedenis van Suid-AfrikaMadison IvyMaanVerenigde State van AmerikaBruin menseWoordTydDomineeVloeistofKimberleySelakantKlimaatveranderingSteve BikoGordelroosCounter-Strike 2BrandmondsindroomSlawernyPlastiekOutismeVroueregteHibernasieTweede WêreldoorlogMaselsBlomPoesNatuurrampKalenderStaalLys van Suider-Afrikaanse soogdiereFotosinteseSharpeville-slagtingDubbelpuntBreinvliesontstekingGriepProteïenTandbederfMangelVerkleurmannetjieLandbouMuishondKoedoeMars🡆 More