Julius Malema: Suid-Afrikaanse politikus

Julius Sello Malema (* 3 Maart 1981 in Seshego (naby die huidige Polokwane)) is 'n Suid-Afrikaanse politieke figuur, en sedert Julie 2013 die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters.

Hy was vanaf April 2008 tot April 2012 president van die ANC-jeugliga. As gevolg van sy omstrede uitlatings en toesprake word hy deur party mense as 'n "roekelose populis" beskryf. Hy het dikwels luidkeelse ondersteuning aan die African National Congress en president Jacob Zuma gegee. Zuma en die premier van die Limpopoprovinsie het al na Malema verwys as die toekomstige president van Suid-Afrika.

Julius Malema
Julius Malema
Julius Malema in 2011

Ampsbekleër
Termynaanvang
Julie 2013
Voorafgegaan deur Nuwe amp

President van die ANC-jeugliga
Ampstermyn
April 2008 – April 2012
Vise Andile Lungisa, Ronald Lamola
Voorafgegaan deur Fikile Mbalula

Persoonlike besonderhede
Gebore 3 Maart 1981 (1981-03-03) (43 jaar oud)
Seshego, Transvaal
Politieke party African National Congress (1990–2012)
Ekonomiese Vryheidsvegters (2013–hede)
Eggenoot/-note Mantwa Matlala (2017–hede)
Kind(ers) 1
Alma mater Universiteit van Suid-Afrika

In Mei 2010 is hy uit die ANC geskors en in September 2012 is hy aangekla van bedrog en geldwassery. In Julie 2013 stig hy sy eie politieke party, die Ekonomiese Vryheidsvegters. Hy is tans 'n lid van die Parlement (LP) en hy beskuldig Jacob Zuma en die ANC van korrupsie en die verraad van revolusionêre linkse beleid.

Vroeë lewe

Malema, 'n Pedi, is gebore en getoë in Seshego, Transvaalprovinsie. Sy moeder was 'n huishulp en 'n enkelouer. Op die ouderdom van nege of tien jaar het hy betrokke geraak by die African National Congress se Masupatsela. Sy hooftaak op daardie oomblik was om die Nasionale Party se plakkate op straat te verwyder.

Onderwys

Malema het aan Hoërskool Mohlakaneng, Seshego, Limpopo gematrikuleer. In 2010 het hy 'n tweejaardiploma in jeugontwikkeling aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) verwerf.

In Maart 2016 het hy 'n BA-graad in Kommunikasie en Afrikatale aan UNISA verwerf.

Omstredenheid

Aanmerkings oor vroue

Ná sy uitlating dat die vrou wat Zuma van verkragting aangekla het 'n "goeie tyd" moes gehad het, is hy in Maart 2010 deur landdros Colleen Collins skuldig bevind aan haatspraak en beveel om sy verskoning aan te bied. Hy is ook aangesê om R50 000 te betaal aan 'n instelling vir mishandelde vroue. Malema was nie by die hofuitspraak teenwoordig nie, maar het aangedui dat hy teen die uitspraak sal appelleer.

Aanmerkings oor blankes

In Maart 2010 het Malema tydens 'n universiteitsbyeenkoms die "skiet die boere"-kreet gesing. Die lied is eens deur Peter Mokaba in die vroeë 1990's gesing, maar is sedertdien deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie as haatspraak verklaar. Sommige groepe meen dat dit bygedra het tot die moord op Eugène Terre’Blanche op 3 April 2010.

In 'n verdere klag van haatspraak teen hom, ingedien deur AfriForum, het hy in Februarie 2022 voor die gelykheidshof verskyn.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Julius Malema Vroeë leweJulius Malema OmstredenheidJulius Malema VerwysingsJulius Malema Eksterne skakelsJulius Malema19813 MaartANC-jeugligaAfrican National CongressEkonomiese VryheidsvegtersJacob ZumaLimpopoPolokwanePresident van Suid-AfrikaSeshegoSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HaaieVolstruisOmtrek, oppervlakte en volumeYsterRobbeneilandApartheidTropiese sikloonOlimpiese Somerspele 2024Peach van PletzenAtletiekArendBrugMiskruierRomanLando NorrisKongo-krisisOraniaKopieregAfvalbestuurOmgewingskwessies in Suider-AfrikaAkademiaAfrikanersGasHaasGoogleOrgasmeAngssteuringJode in Suid-AfrikaRekenkundige rySuikersiekteVisuele geletterdheidHidroulikaKlimaatRadiusFanie ViljoenPlastiekGroot TrekEpilepsieNetbalEkostelselKoorsMetaalGeelsugDrakensbergeVolhoubaarheidSwawelAfrican National CongressBuffelFiksieHeuningbyWaldimar PelserOnafhanklikheidGriekse teaterDolfynVingerseksGeraasbesoedelingPrivaat maatskappyWiki CommonsSalpetersuurTrappe van vergelykingJohannesburgIndustriële RevolusieInstagramLys van kinderspeletjiesKaapstadSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024WisselkoersSonToring van BabelMensGipsHandelsmerkSASOLAborsie in Suid-AfrikaSnotkop🡆 More