Galaktiese Filament: Stringagtige strukture wat die grense vorm tussen groot leemtes in die heelal

Galaktiese filamente (ook genoem superswermkomplekse, groot mure of groot aantrekkers) is die grootste bekende strukture in die waarneembare heelal.

Hulle is massiewe, stringagtige formasies met ’n tipiese lengte van 50 tot 80 megaparsek wat die grense skep tussen groot leemtes in die heelal. Filamente bestaan uit sterrestelsels wat deur swaartekrag gebind word; dele waar ’n groot aantal stelsels baie na aan mekaar lê (in kosmiese terme) word superswerms genoem.

Galaktiese Filament: Sien ook, Verwysings, Eksterne skakels
Die heelal binne 500 miljoen ligjare van die Aarde af wat die naaste galaktiese mure aandui.

Die ontdekking van strukture groter as superswerms het in die 1980's begin. In 1987 het die sterrekundige R. Brent Tully van die Universiteit van Hawaii se Sterrekunde-instituut waargeneem wat hy die "Pisces-Cetus-superswermkompleks" genoem het. In 1989 is die Groot Muur ontdek, gevolg deur die Groot Muur van Sloan in 2003. Op 11 Januarie 2013 het navorsers onder leiding van Roger Clowes van die Universiteit van Sentraal-Lancashire die ontdekking aangekondig van ’n groot kwasargroep, die U1.27, wat voorheen ontdekte filamante verdwerg het met sy grootte. In November 2013 het sterrekundiges danksy gammaflitse die Groot Muur in Hercules-Corona Borealis, ’n moontlike enorme filament, ontdek. As dit bestaan, sal dit meer as 10 miljard ligjare lank wees.

Lys

Drie soorte galaktiese filamente word onderskei:

Filamente

Hul lang en kort as is min of meer ewe lank.

Mure

Dié soort galaktiese filamente se lang as is aansienlik langer as die kort as.

  • Groot CfA2-muur ook Comamuur of net Groot Muur (1989); die eerste supergroot struktuur wat ontdek is; bevat die Coma-superswerm
  • Groot Muur van Sloan (2005); tot Januarie 2013 die grootste bekendse ruimtestruktuur
  • Sculptormuur, ook Suidelike Groot Muur; parallel met die Fornaxmuur en loodreg tot die Grusmuur
  • Grusmuur; loodreg tot die Fornax- en die Sculptormuur
  • Fornaxmuur; bevat die Fornax-sterrestelselswerm; parallel met die Sculptormuur en loodreg tot die Grusmuur
  • ’n Groot Muur van Centaurus (of Fornax of Virgo) is voorgestel, wat ons eie Virgo-superswerm, ook bekend as die Lokale Superswerm, insluit (wat daarop dui dat dit die "Lokale Groot Muur" sou wees)
  • ’n Groot muur is voorgestel om die tuiste van die Groot Aantrekker te wees, met die Norma-sterrestelselswerm as deel daarvan; dit word ook die "Groot Aantrekker-muur" genoem
  • ’n Muur is in 2000 voorgestel wat naby die radiostelsel B3 0003+387 lê
  • ’n Groot muur is in 2000 voorgestel wat in die noordelike Hubble-diepveld
  • Groot Muur in Hercules-Corona Borealis, in November 2013 ontdek; moontlik die grootste struktuur in die heelal

Groot kwasargroepe

Dit is van die grootste strukture bekend in die heelal.

  • Clowes-Campusano-GKG, ook bekend as U1.28. Dit was die grootste bekende struktuur in die heelal tot met die ontdekking van U1.11.
  • U1.11; was die grootste bekende struktuur tot met die ontdekking van die Groot GKG.
  • Groot GKG, ook bekend as U1.27. Dit was die grootste bekende struktuur in die heelal tot met die ontdekking van die Groot Muur in Hercules-Corona Borealis 'n jaar later.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Verdere leesstof

  • arXiv, Galaktiese Filament: Sien ook, Verwysings, Eksterne skakels , Kevin A. Pimbblet, 14 Maart 2005

Tags:

Galaktiese Filament Sien ookGalaktiese Filament VerwysingsGalaktiese Filament Eksterne skakelsGalaktiese Filament Verdere leesstofGalaktiese FilamentHeelalParsekSterrestelselSuperswerm

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VormBeëdigde verklaringWaterkringloopRassisme in AfrikaTienie HollowayRenosterTrekarbeidBTWTsoenamiSoweto-opstandSeksuele stimulasieAardverwarmingAlkoholismeBybelBraaiJosef StalinBalletSwangerskapSuid-SothoVulvaToestand van materieMaagsweerSiya KolisiDansAprilXhosaHindoeïsmeSkaapAppelCradock-4Langste woordVoyeurismeLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaLenteRassismeLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsMonopolieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeVersoeningsdagLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Universele Verklaring van MenseregteMikro-ekonomieAnneli van RooyenKomplementêre kleureWikimedia-stigtingLeeuSwaziVolhoubare ontwikkelingSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureLys van Afrikaanse skrywersSterJuraRenaissanceDeelteken en umlautVisArmoedeverligtingBloedsomloopstelselRenteKlimaatsverandering in AfrikaDramaKrampErfenisCarike KeuzenkampGeelslangMusiekEllipstekenAfrikaanse WikipediaKorrupsieStedelike gebiedPinksterLys van Suid-Afrikaanse skrywersBosluisbytkoorsJan van RiebeeckAngssteuringConsolidated B-24 LiberatorNatriumGroot GatDroomGeskiedenis (vakgebied)🡆 More