Die Coma-superswerm (SCl 117) is ’n nabygeleë superswerm van sterrestelsels wat die Coma- (Abell 1656) en die Leo-sterrestelselswerm (Abell 1367) insluit.
Dit is 300 miljoen ligjare van die Aarde af geleë in die middel van die Groot Muur.
Coma-superswerm | |
---|---|
’n Kaart van die Coma-superswerm. | |
Sterrebeeld | Berenike se Hare |
Aantal sterrestelsels | 3 000 |
Afstand | 300 megaligjare (92 megaparsek) |
Hoofas | 20 megaligjare (6 megaparsek) |
Kort as | 20 megaligjare (6 megaparsek) |
Die Coma-superswerm is die naaste groot swerm aan ons eie Virgo-superswerm. Dit is rofweg bolvormig, sowat 20 miljoen ligjare in deursnee en bevat meer as 3 000 sterrestelsels. Dit lê in die sterrebeeld Berenike se Hare. Dit is een van die eerste superswerms wat ontdek is en het sterrekundiges groot strukture in die heelal help verstaan.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Coma-superswerm, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.