Alan Rickman: Engelse akteur

Alan Sidney Rickman (21 Februarie 1946 – 14 Januarie 2016) was ’n Britse akteur.

Rickman was lid van die Royal Shakespeare Company in sowel moderne as klassieke teaterproduksies. Sy groot deurbraak was in die rol van Vicomte de Valmont in die toneelstuk Les Liaisons Dangereuses in 1985, waarvoor hy ’n Tony gewen het. Rickman het wyer bekendheid verwerf deur sy rolprentoptredes, soos as Hans Gruber in Die Hard en Severus Snape in die Harry Potter-rolprentreeks.

Alan Rickman
Alan Rickman: Filmografie, Verwysings, Bron
Alan Rickman in November 2011
Gebore
Alan Sidney Patrick Rickman

(1946-02-21)21 Februarie 1946
Sterf14 Januarie 2016 (op 69)
Londen, Engeland
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepAkteur, regisseur
Jare aktief1974–2016
EggenootRima Horton (2012–2016; sy dood)
Ouer(s)Margaret Doreen Rose (née Bartlett)
Bernard Rickman

Rickman se ander fliekrolle sluit dié as die sheriff van Nottingham in Robin Hood: Prince of Thieves, Jamie in Truly, Madly, Deeply, kol. Brandon in Ang Lee se 1995-film Sense and Sensibility, Harry in Love Actually, en P.L. O'Hara in An Awfully Big Adventure in. Meer onlangs was hy regter Turpin in die rolprentweergawe van Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street. In 1995 is ’n Golden Globe, Emmy en Filmakteursgilde-prys aan hom toegeken vir sy vertolking van die rol Rasputin in Rasputin: Dark Servant of Destiny.

Rickman en sy vrou, Rima Horton, het mekaar ontmoet toe hulle nog tieners was. Sy het later 'n lektor in ekonomie geword en 'n raadslid van die Britse Arbeidersparty. Die twee is eers in 2012 getroud nadat hulle sedert 1965 saam was.

Buiten bogenoemde pryse het hy ook ’n Bafta-prys gewen. Hy is in Londen aan kanker oorlede in die ouderdom van 69 jaar, vier dae ná die Britse sanger David Bowie, ook weens kanker en ook op die ouderdom van 69 jaar.

Filmografie

Rolprente

  • 1988: Die Hard
  • 1989: The January Man
  • 1990: Quigley Down Under
  • 1991: Truly, Madly, Deeply
  • 1991: Closet Land
  • 1991: Robin Hood: Prince of Thieves
  • 1991: Close My Eyes
  • 1992: Bob Roberts
  • 1994: Mesmer
  • 1995: An Awfully Big Adventure
  • 1995: Sense and Sensibility
  • 1996: Michael Collins
  • 1997: The Winter Guest
  • 1998: Judas Kiss
  • 1998: Dark Harbor
  • 1999: Dogma
  • 1999: Galaxy Quest
  • 2000: Help! I'm a Fish
  • 2001: Blow Dry
  • 2001: Harry Potter and the Philosopher's Stone
  • 2001: The Search for John Gissing
  • 2002: Harry Potter and the Chamber of Secrets
  • 2003: Love Actually
  • 2004: Harry Potter and the Prisoner of Azkaban
  • 2005: The Hitchhiker's Guide to the Galaxy
  • 2005: Harry Potter and the Goblet of Fire
  • 2006: Snow Cake
  • 2006: Perfume: The Story of a Murderer
  • 2007: Nobel Son
  • 2007: Harry Potter and the Order of the Phoenix
  • 2007: Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street
  • 2008: Bottle Shock
  • 2009: Harry Potter and the Half-Blood Prince
  • 2010: Alice in Wonderland
  • 2010: Harry Potter and the Deathly Hallows – Part 1
  • 2010: The Wildest Dream
  • 2011: Harry Potter and the Deathly Hallows – Part 2
  • 2013: Gambit
  • 2013: The Butler
  • 2013: A Promise
  • 2013: CBGB
  • 2014: A Little Chaos
  • 2015: Eye in the Sky
  • 2016: Alice Through the Looking Glass

Verwysings

Bron

Eksterne skakels

Tags:

Alan Rickman FilmografieAlan Rickman VerwysingsAlan Rickman BronAlan Rickman Eksterne skakelsAlan Rickman14 Januarie1946201621 Februarie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BelastingAluminiumHoofkarakterXenofobieVersamelnaamAkkedisKultuurDesmond TutuVlag van Suid-AfrikaMag (sosiale wetenskappe)ByKrieketPersoonlike voornaamwoordMickey MuisSportAfrikaanse woordelys en spelreëlsDolfynHidroulikaWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaSharpeville-slagtingTropiese sikloonGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaPerdSteenkool in Suid-AfrikaSebraErosietipesDemokrasieMigrasie van diereAfrikaanse WikipediaJudaïsmeRivierDaggaWiki CommonsPad na jou hartPretoriaLetterlike en figuurlike taalgebruikNatuurbewaringBysteekSjimpanseeKlinker20ste eeuLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsMantisTaalKrimpvarkieXhosasOnbemande vliegtuigAnglisismeEreksieEllipstekenBeëdigde verklaringPersToestand van materieHartversakingSelfoonKonsentrasiekampBruce FordyceRacheltjie de BeerOntbossingHamburgerAfleiding (taalkunde)Lys van Joodse feeste en herdenkingsEkologieKoolstofKolorektale kankerTrekarbeidBipolêre gemoedsteuringLeah van NiekerkSteve HofmeyrSelfbeeldAborsie in Suid-AfrikaGoogle TranslatePlastiekSpeelkaartSwart nasionalismeSinsbouCradock-4🡆 More