David Bowie

David Robert Jones (8 Januarie 1947 – 10 Januarie 2016), bekend as David Bowie, was ’n Britse sanger, liedjieskrywer, instrumentalis, platevervaardiger, skilder en akteur.

Bowie het in die 1970's groot sukses behaal en was vir langer as vier dekades ’n bekende figuur in popmusiek. Hy was bekend as ’n innoveerder, veral vir sy werk in die sewentigerjare. Sy androgene voorkoms was ’n ikoniese deel van sy beeld, veral in die sewentiger- en tagtigerjare. Hy is veral bekend vir sy rol as Ziggy Stardust, ’n karakter wat hy bedink het toe die album The Rise and Fall of Ziggy Stardust and the Spiders from Mars in 1972 vrygestel is. Van sy ander bekende albums is Heroes en Let’s Dance.

David Bowie
David Bowie
David Bowie in 2002
Agtergrondinligting
GeboortenaamDavid Robert Jones
Gebore(1947-01-08)8 Januarie 1947
Brixton, Londen, Verenigde Koninkryk
Sterf10 Januarie 2016 (op 69)
Manhattan, New York Stad, Verenigde State
GenresArt rock, glam rock, pop, electronic experimental
Beroep(e)Sanger, liedjieskrywer, instrumentalis, platevervaardiger, skilder en akteur
InstrumenteStem, kitaar
Jare aktief1962–2016
EtiketteISO, RCA, Virgin, EMI, Columbia, Deram, BMG, Pye, Vocalion, Parlophone
AssosiasiesCarlos Alomar, The Riot Squad, Arnold Corns, Tin Machine, The Hype, Iggy Pop, Brian Eno, Lou Reed, Adrian Belew, Mick Ronson, John Lennon, Queen, Nine Inch Nails, Mick Jagger, Tina Turner
Webwerfdavidbowie.com

Lewensloop

David Bowie 
Bowie tydens die Glass Spider-toer van 1987

Bowie is in die suide van Londen gebore en getoë en het van kleins af in musiek belanggestel hoewel sy pogings in die sestigerjare om ’n musiekster te word, misluk het. Sy eerste inskrywing in die topvyf op die Britse treffersparades, Space Oddity, is in Julie 1969 uitgereik. Nadat hy drie jaar lank geëksperimenteer het, het hy die musiektoneel opnuut in 1972 betree met sy flambojante, androgene alter ego Ziggy Stardust. In dié tyd het hy die kortspeler Starman uitgereik en die album The Rise and Fall of Ziggy Stardust and the Spiders from Mars. Dié kortstondige Ziggy-persona was net een aspek van ’n loopbaan wat gekenmerk is deur vernuwing.

In 1975 het Bowie sy eerste sukses in Amerika behaal met sy toptreffer Fame en die album Young Americans, wat die sanger self as “plastiese soul” beskryf het. Die klank was ’n radikale verskuiwing in sy styl wat aanvanklik heelparty Britse aanhangers vervreem het. Daarna het hy sy platemaatskappy sowel as Amerikaanse gehore verras deur die album Low, die eerste van drie keer dat hy met Brian Eno saamgespan het. Ná wisselvallige kommersiële sukses in die laat sewentigerjare het hy toptreffers in Brittanje gehad en sy kommersiële hoogtepunt in 1983 bereik met die album Let’s Dance. In die negentigerjare en eerste dekade van die 21ste eeu het hy aanhou eksperimenteer met uiteenlopende musiekstyle. Sy afskeidstoer was die Realty Tour van 2003-’04 en sy laaste optrede by ’n liefdadigheidsgeleentheid in 2006. Op 8 Januarie 2016, twee dae voor sy dood, is die ateljeealbum Blackstar uitgereik.

Bowie word ook onthou vir ’n suksesvolle dog sporadiese rolprentloopbaan. Sy filmrolle sluit dié in The Man Who Fell to Earth (1976), Merry Christmas, Mr. Lawrence (1983), Labyrinth (1986), The Last Temptation of Christ (1988), en The Prestige (2006) in, asook TV-optredes.

Hy het na raming 140 miljoen plate wêreldwyd verkoop. Bowie is in die ouderdom van 69 in sy huis in New York Stad oorlede ná ’n 18 maande lange stryd teen lewerkanker.

Diskografie

  • David Bowie (1967)
  • David Bowie (also released as Space Oddity) (1969)
  • The Man Who Sold the World (1970)
  • Hunky Dory (1971)
  • The Rise and Fall of Ziggy Stardust and the Spiders from Mars (1972)
  • Aladdin Sane (1973)
  • Pin Ups (1973)
  • Diamond Dogs (1974)
  • Young Americans (1975)
  • Station to Station (1976)
  • Low (1977)
  • "Heroes" (1977)
  • Lodger (1979)
  • Scary Monsters (and Super Creeps) (1980)
  • Let's Dance (1983)
  • Tonight (1984)
  • Never Let Me Down (1987)
  • Black Tie White Noise (1993)
  • The Buddha of Suburbia (1993)
  • Outside (1995)
  • Earthling (1997)
  • Hours (1999)
  • Heathen (2002)
  • Reality (2003)
  • The Next Day (2013)
  • Blackstar (2016)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

David Bowie LewensloopDavid Bowie DiskografieDavid Bowie VerwysingsDavid Bowie Eksterne skakelsDavid BowiePopmusiekVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OogproblemeKolitisAfrikaKommunismePornografieWerkwoordHortologieMalariaKinderregteAngolese BurgeroorlogKartografieToestand van materieBloeddrukVervoerSeekoeiWaterMasturbasieJeuksiekteJo BlackDiamantJan van TonderLys van musiekinstrumenteInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandMonoloogLeeudoringstad-spoorwegrampAsemhalingIngrid JonkerRobbeneilandBloedsomloopstelselFinale OplossingSkuinsstreepKunsVaginale kankerPuberteitBreinVerkleinwoordMadison IvyPaddaAfrikaanse TaalmonumentBruin menseChemiese verbindingVeelvoudige sinWetenskaplike klassifikasieOnderhandelinge om apartheid te beëindigSelfoonNoag se arkPersoonlikheidMonumentDigvormSamestellingAkuutHeupvervangingAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeVroueregtePriemfaktorDemokrasieAnglisismeLys van nedersettings in Suid-AfrikaEllipstekenSkildklierSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeTropiese sikloonBlaarMane van GalileiSonkragGipsGianna MichaelsGezina, PretoriaEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaMantisFamilie (verwantskap)GautengNederlandBernice WestLeah van NiekerkSlawerny🡆 More