Die Perseus-Pisces-superswerm (SCl 40) is een van die grootste bekende strukture in die sigbare heelal.
Selfs op ’n afstand van 250 miljoen ligjare strek hierdie ketting van sterrestelselswerms oor meer as 40° aan die lugruim. Dit is een van twee dominante konsentrasies sterrestelsels in die nabygeleë heelal (binne 300 miljoen ligjare) wat weerskante van die Plaaslike Superswerm geleë is waarvan ons Melkweg deel is. Dit grens ook aan ’n groot leemte, die Taurus-leemte.
Perseus-Pisces-superswerm | |
---|---|
’n Kaart van die Perseus-Pisces-superswerm. | |
Sterrebeeld | Perseus Visse |
Regte klimming | 01h 50m |
Deklinasie | +36° 00′ |
Afstand | 250 miljoen ligjare (76,7 miljoen parsek) |
Ander name | SCI 40 |
Die belangrikste sterrestelselswerms in die Perseus-Pisces-superswerm is Abell 262, Abell 347 en Abell 426.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Perseus-Pisces-superswerm, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.