Hubble-Diepveld

12h 36m 49.4s, +62° 12′ 58″

Die Hubble-diepveld (HDV) is ’n foto van ’n klein streek in die sterrebeeld Groot Beer wat saamgestel is uit ’n reeks waarnemings deur die Hubble-ruimteteleskoop. Dit dek ’n gebied van sowat 2,6 boogminute aan elke sy – dit is sowat ’n 24 miljoenste van die hele lugruim, of die grootte van ’n tennisbal op ’n afstand van 100 meter. Die foto bestaan uit 342 aparte beligtings oor 10 opeenvolgende dae tussen 18 en 28 Desember 1995.

Hubble-Diepveld
Die Hubble-diepveld.

Die veld is so klein dat net ’n paar voorgrondsterre van die Melkweg daarin voorkom. Dus is feitlik al 3 000 voorwerpe op die foto sterrestelsels; van hulle is onder die oudste en verste stelsels bekend. Deur so baie jong sterrestelsels te onthul het die HDV ’n landmerkbeeld in fisiese kosmologie geword.

Drie jaar later is ’n streek in die suidelike lugruim op dieselfde manier afgeneem; dit is die Hubble-diepveld-suid. Die ooreenkomste tussen die twee beelde het getoon die heelal is oor groot gebiede eenvormig en dat die Aarde ’n tipiese ruimte in die heelal beslaan.

In 2004 is ’n dieper foto, bekend as die Hubble-ultradiepveld, geneem met ’n beligting van ’n paar maande. Dié beeld was destyds die mees sensitiewe sterrekundige beeld wat ooit by sigbare golflengtes geneem is – tot met die uitreiking van die Hubble Ekstreme Diepveld-foto in 2012.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Lugkoördinaatstelsel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Onderwys in Suid-AfrikaGreen PornoHibernasieMuggiePrivaat maatskappyBaardskeerder-spinnekopJan van RiebeeckVisarendVlekvrye staalWoestynPieter Willem BothaMinCheslin KolbeKrokodilMisdaadromanInligtingIndiëHuisvliegHeupvervangingOostenrykRooibokSeekoeieKatSoogdierGawes van die Heilige GeesLys van Joodse feeste en herdenkingsLetterlike en figuurlike taalgebruikHindoeïsmeOmtrek, oppervlakte en volumeSimon PetrusVisSwitserlandPersentasieMontanaNagmaalVaste stofWiki CommonsRooibloedselAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidKerngeneeskundeMenslike skeletMensSatanBosluisDie VaderlandRMS TitanicVoorsetselFinale OplossingMaatskaplike verantwoordelikheidFrankrykDaggaLidwoordNag van die lang messeEngelsKaapse bergkwaggaRobbeneilandNagapieHemelvaartsdagBreinGeslagSpringbokKoue OorlogEienaamEnergieFamilie (verwantskap)KremetartHartversakingSamestellende afleidingVerassingGesondheidRassisme in AfrikaGrondbesoedelingKuberkraker2024 Formule Een-seisoenWindkragPornhub🡆 More