Ein Feste Burg Ist Unser Gott

Ein feste Burg ist unser Gott'n Vaste burg is onse God

Evangelies-Lutherse kerklied

Lied 476 in die Liedboek vir die Afrikaanse Kerke

Gesang 217 in die NG Kerk se Gesangeboek


Musiek en teks

Ein Feste Burg Ist Unser Gott

Ein Feste Burg Ist Unser Gott

Martin Luther


Anderstalige weergawes

Ein Feste Burg Ist Unser Gott A Mighty Fortress Is Our God
Ein Feste Burg Ist Unser Gott Vår Gud är oss en väldig borg
Ein Feste Burg Ist Unser Gott Vår Gud han er så fast ei borg
Ein Feste Burg Ist Unser Gott Vår Gud han er så fast en borg
Ein Feste Burg Ist Unser Gott Vor Gud han er så fast en borg
Ein Feste Burg Ist Unser Gott Hrad přepevný jest Pán Bůh náš
Ein Feste Burg Ist Unser Gott Warownym grodem jest nasz Bóg
Ein Feste Burg Ist Unser Gott Erős vár a mi Istenünk
Ein Feste Burg Ist Unser Gott Jumala ompi linnamme

Ein feste Burg ist unser Gott is 'n kerklied wat deur Martin Luther waarskynlik voor 1529 geskryf en gekomponeer is. In gedrukte vorm is die werk vir die eerste keer in die boekdrukker Joseph Klug se gesangboek van 1533 gepubliseer.

Dit word in die Evangelische Gesangbuch (die huidige Gesangboek van Duitssprekende gemeentes van die Evangeliese Kerk in Duitsland, Elsas-Lotaringe, Oostenryk en Luxemburg) onder nommer 362 gelys, in die Switserse Evangelies-Gereformeerde Gesangboek onder nommer 32, in die Mennonitiese sangboek onder nommer 430, in die Adventistiese Gesangboek onder die nommer WLG 332, in die Duitse Gesangboek van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae onder nommer 40 en in die Duitse Gesangboek van die Nieu-Apostoliese Kerk onder die nommer 142.

Ontstaansgeskiedenis

Ein Feste Burg Ist Unser Gott 
Een van die vroegste drukke van die kerklied word in die Lutherhaus-museum in Wittenberg, Duitsland bewaar

Die liedteks is 'n verwerking van Psalm 46 "God is 'n toevlug". In die 19de eeu was musiekwetenskaplikes nog oneens oor Luther se outeurskap, maar intussen is dit 'n onbestrede feit dat die liedteks uit die hervormer se pen gekom het.

Andreas Rauscher se Gesangeboek van 1531 is die oudste bron wat oorgelewer is. Aangesien die kerklied ook in die Klug'sche Gesangbuch van 1533 gelys word, word daar vermoed dat dit reeds in dié boek se eerste uitgawe van 1529, wat verlore gegaan het, gepubliseer is, en moontlik ook in Hans Weiss se gesangeboek van 1528 wat eweneens verlore gegaan het.

Die presiese tydstip en die omstandighede wat aanleiding tot sy ontstaan gegee het, is tans nie bekend nie. Die lied dateer van die periode tussen 1521 en 1530.

Volgens een opvatting het Luther die lied reeds in 1527 geskryf, moontlik onder die indruk van die naderende pes. 'n Ander teorie beskou Ein feste Burg ist unser Gott as 'n strydlied teen die Ottomaanse invallers (in die Slag van Mohács in Hongarye het die groot Europese moondhede in 1526 vir 'n derde keer in aanraking met die Ottomaanse Ryk gekom).

'n Derde hipotese beweer dat Luther met die lied kritiek op ougelowiges wou lewer wat teen die hervorming van die bestaande kerk gekant was en dus - volgens die opvatting van Luther en sy aanhangers - geweier het om na die woord van God te luister. Aanhangers van dié hipotese verwys na die feit dat die Protestante op die Ryksdag, wat in 1529 in Speyer gehou is, reeds 'n godsdienstige groepering gevorm het.

Afrikaanse vertaling

Die Afrikaanse vertaling van die lied kom in die NG Kerk se Gesangeboek voor onder GESANG 217. Die eerste 2 strofes lui as volg:

Ein Feste Burg Ist Unser Gott  'n Vaste burg is onse God,

ons skuil by Hom, die sterke.
Hy is 'n vesting in die nood
vir ewig staan sy werke.
Al kom die Bose aan
in sy oorwinningswaan,
ons weet by al sy lis
sy lot is reeds beslis
God Self stel aan hom perke.

Gord ons met eie krag ons aan,
dan is die stryd verlore:
Net Een kan Satansmag weerstaan,
deur God daartoe verkore.
Vra u sy Naam, so weet
dat Hy die Christus heet;
gaan Hy voor in gevaar,
Heer van sy eng'leskaar,
nooit is die stryd verlore!

Ein Feste Burg Ist Unser Gott 

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Media

Tags:

Ein Feste Burg Ist Unser Gott OntstaansgeskiedenisEin Feste Burg Ist Unser Gott Afrikaanse vertalingEin Feste Burg Ist Unser Gott VerwysingsEin Feste Burg Ist Unser Gott Sien ookEin Feste Burg Ist Unser Gott Eksterne skakelsEin Feste Burg Ist Unser Gott

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SpinnekopEkonomieVlag van Suid-AfrikaCristiano RonaldoAngssteuringStamlose broodboomKopielinksNarsistiese persoonlikheidsteuringHannes van WykLDesmond TutuSuid-AfrikaVierkantswortelKreatiwiteitGroepsgebiedewetZambiëWaterkringloopMasturbasiePatriotic AllianceGianna MichaelsBTWHerpes simplexJan van RiebeeckSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994KrugerwildtuinTuisnywerheidHoenderPrimêre sektor van die ekonomieKarlien van JaarsveldByeboerderyKlimaatTaalNedersettingNiemetaalMoedersdagKasteel die Goeie HoopTydOu Apostoliese KerkRuhan du ToitOnomatopeeKontinentAarverkalkingPornografiese subgenresDoelwitSally EsterhuizenPseudowetenskapMaagsweerToekoms van die AardeSeksInfrastruktuurVerstedelikingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024WatersuiweringOos-KaapAngina pectorisNag van die lang messeRenosterVoegwoordMaselsGroep TweeNatuurlike hulpbronStokely CarmichaelKoos KombuisKrieketSHidroulikaKanadaDie Stem van Suid-AfrikaNederlandsVigsVoorsetselFotosinteseMutasieFisioterapieVis🡆 More