Elsas-Lotaringe (Duits: Reichsland Elsaß-Lothringen, Frans: Alsace-Lorraine) was tussen 1871 en 1918 'n administratiewe gebied van die Duitse Keiserryk wat uit die historiese landskap Elsas (sonder Belfort) en die noordooste van Lotaringe (met Metz) gevorm is.
|
Straatsburg het as administratiewe hoofstad gefungeer.
Die gebied met 'n oppervlakte van sowat 14 500 km² en 'n bevolking van sowat 1 550 000 (1871) en 1 874 000 (1910) is ná die Frans-Duitse Oorlog geannekseer en as sogenaamde Reichsland ('Ryksland') regstreeks deur die Duitse Ryk geadministreer. Dit het sodoende nie dieselfde regtelike status geniet soos ander Duitse deelstate nie.
Volgens die Verdrag van Versailles het die gebied ná die Eerste Wêreldoorlog weer Frans geword. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is Elsas-Lotaringe tussen 1940 en 1945 deur Duitse troepe beset en tussen 1942 en 1945 formeel by die destydse Groot-Duitse Ryk ingelyf.
Elsas-Lotaringe het uit drie distrikte (Duits: Bezirke) bestaan:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Elsas-Lotaringe, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.