Robert Schuman: Luxemburgs-gebore Duits-Franse staatsman (1886-1963)

Jean-Baptiste Nicolas Robert Schuman (* 29 Junie 1886 in Clausen, nou deel van Luxemburg; † 4 September 1963 in Scy-Chazelles) was 'n Franse staatsman met oorspronklik Duitse burgerskap.

Hy was 'n vrome katoliek en lid van die Christendemokratiese party.

Robert Schuman
Robert Schuman
Robert Schuman in 1949

Eerste Minister van Frankryk
Ampstermyn
24 November 1947 – 26 Julie 1948
President Vincent Auriol
Voorafgegaan deur Paul Ramadier
Opgevolg deur André Marie
Ampstermyn
5 September 1948 – 11 September 1948
President Vincent Auriol
Voorafgegaan deur André Marie
Opgevolg deur Henri Queuille

1ste Voorsitter van die Europese Parlementêre Vergadering
Ampstermyn
1958 – 1960
Voorafgegaan deur Hans Furler
Opgevolg deur Hans Furler

Persoonlike besonderhede
Gebore Jean-Baptiste Nicolas Robert Schuman
(1886-06-29)29 Junie 1886
Luxemburg, Luxemburg
Sterf 4 September 1963 (op 77)
Scy-Chazelles, Lotaringe, Frankryk
Politieke party Mouvement Républicain Populaire
Religie Rooms-Katolieke Kerk

Schuman het homself as 'n ware Europeër beskou. Hy is in Luxemburg met Duitse burgerskap gebore. As moedertaal het hy die dialek van Lotaringe gepraat. In 1918 het hy 'n Franse burger geword toe Lotaringe deur Frankryk ingelyf is. Hy het hom in die Tweede Wêreldoorlog by die Franse Weerstand aangesluit. Ná die oorlog het hy as Franse minister van buitelandse sake versoening met Duitsland bepleit.

Hy is veral bekend vanweë die Schumanverklaring van 9 Mei 1950 wat as die begin van die Europese eenwording beskou word en wat tot die huidige Europese Unie gelei het. Saam met Jean Monnet word hy as die "vader van Europa" beskou.

Lewe

Jeug

Robert Schuman: Lewe, Ná die oorlog, Fotogalery 
Robert Schuman se geboorteplek in Luxemburg-Clausen
Robert Schuman: Lewe, Ná die oorlog, Fotogalery 
Gedenkplaat op die Institut St. Philipp Neri Berlin in Berlyn

Robert Schuman se pa, Jean-Pierre Schuman (1837–1900), is in Évrange (Ewringen) gebore, wat in Lotaringe naby die grens met Luxemburg lê. In 1871 is hierdie gebied deur die Duitse Ryk ingelyf. Robert se ma, Eugénie Duren (1864–1911), is in Bettemburg gebore en was Luxemburgs. Sy het deur haar huwelik in 1884 die Duitse burgerskap gekry. Robert Schuman is in Clausen wat nou 'n deel van die stad Luxemburg is gebore, maar het Die Duitse burgerskap gekry. Die Franse taal het hy eers in die skool begin om te leer en hy het altyd 'n moeselfrankiese aksent behou.

Sy oom Fernand Schuman, was lid van die parlement van Elsas-Lotaringe.

In 1904 slaag hy in Metz aan die keiserlike gymnasium. Hy studeer regte aan die Rheinische Friedrich-Wilhelms-Universiteit in Bonn. In 1910 ontvang hy sy doktorsgraad Berlyn (summa cum laude). Ná sy ma in 1911 in 'n ongeval dood is, oorweeg hy om priester te word, maar uiteindelik besluit hy om leek te bly. Hy het nogtans nooit getroud en het sy hele lewe in selibaat geleef.

In 1912 slaag hy vir die tweede staatseksamen. Hy open in Junie 1912 in Metz 'n prokureurskap. Tydens die Eerste Wêreldoorlog het Schuman by die distriksadministrasie van Bouley-Moselle (Bolchen) gewerk in in 1918 het hy ledi van die stadsraad van Metz geword.

Sy toetrede tot die politiek

Ná die anneksasie van Elsas-Lotaringe deur Frankryk in 1919 het hy vir die Union Républicaine Lorraine lid van die Franse Nasionale Vergadering (die parlement) geword. Van 1928–1936 is Schuman voorsitter van die Komitee Elsas-Lotaringe. Hy is tydelik vise-president van die Huis van Verteenwoordigers. Hy behou sy setel in die parlement in die vroeë dae van die Tweede Wêreldoorlog, maar in 1941 word hy deur die Gestapo inhegtenisgeneem. Schuman word in Metz en in Neustadt an der Weinstraße gevange gehou, maar in 1942 het hy daarin geslaag om te ontsnap. Hy het toevlug gevind in die klooster van Notre-Dame-des-Neiges in Saint-Laurent-les-Bains in Ardèche.

Ná die oorlog

Robert Schuman: Lewe, Ná die oorlog, Fotogalery 
Robert Schuman (Wes-Duitse posseël, 1968)

Na afloop van die oorlog is Robert Schuman opnuut lid van die Nasionale Vergadering. In 1946 word hy minister van Finansies en in 1947 Eerste Minister van die Franse Vierde Republiek. Hierdie republiek word deur groot instabiliteit gekenmerk en van 1948 tot 1952 is hy minister van buitelandse sake in agt verskillende regerings. In hierdie tyd het hy bekend geword deur sy pogings om versoening met Duitsland tot stand te bring. In 1950 word die Schumanverklaring afgekondig en in 1951 lei dit tot die Verdrag van Parys wat volgens hom die eerste stap in die rigting van 'n Europese Federasie sal wees. Sy planne word nogtans in Frankryk min gesteun en in 1952 moet hy bedank.

In 1955 word die Europese Konvensie oor Menseregte deur 26 Europese lande onderteken waaraan Schuman aan bygedra het. In 1953–1958 onderneem hy talle lesings waarin hy die idee van 'n verenigde Europa bevorder. In 1955 word hy aangestel as minister van Justisie.

In 1957 sien hy met die Verdrag van Rome dat die Europese eenwording 'n stap verder gaan en in 1958 word hy gekies om die eerste president van die Europese Parlement te word, wat origens uiters min mag verkry. Hy kry wel in verskeie lande erkenning vir sy werk en word geëer met 'n eredoktoraat van die universiteit Leuven en die Karelsprys van die stad Aken.

Robert Schuman sterf op 4 September in Scy-Chazelles naby Metz.

Fotogalery

Bronne

  • Raymond Poidevin: Robert Schumans Deutschland- und Europapolitik zwischen Tradition und Neuorientierung. 1976, ISBN 3-920896-26-2.
  • Hans August Lücker: Robert Schuman. Europäer aus christlicher Verantwortung. Vallendar 1992.
  • Jean Seitlinger, Hans August Lücker: Robert Schuman und die Einigung Europas. Bouvier Verlag, Bonn 2000, ISBN 3-416-02891-0.
  • Hermann-J. Benning: Robert Schuman. Leben und Vermächtnis. Neue Stadt Verlag, München 2013, ISBN 978-3-87996-997-5

Verwysings

Robert Schuman: Lewe, Ná die oorlog, Fotogalery  Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Duitse Wiki. Sien bron.

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Paul Ramadier
Eerste Minister van Frankryk
24 Nov 1947–19 Jul 1948
Opgevolg deur
André Marie
Voorafgegaan deur
André Marie
Eerste Minister van Frankryk
5-7 Sept 1948
Opgevolg deur
Henri Queuille

Tags:

Robert Schuman LeweRobert Schuman Ná die oorlogRobert Schuman FotogaleryRobert Schuman BronneRobert Schuman VerwysingsRobert Schuman Eksterne skakelsRobert Schuman1886196329 Junie4 SeptemberLuxemburg (stad)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WoordPlae van EgiptePseudowetenskapBelastingBruto binnelandse produkAngolese BurgeroorlogOranjerivierErektiele disfunksieMonopolyNatuurbewaringPerdKarooSirkelMielieBreinkaartBosluisbytkoorsWapen van Suid-AfrikaElektrodeOntwerpBladwisselendHerpes simplexSeksismeLys van hoofstedeCalviniaVerenigde State van AmerikaLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaErfenisdag (Suid-Afrika)Duitsland3D-rolprentMidde-OosteBeeldspraakDonkieVoedselkettingSeksposisieOnderhandelinge om apartheid te beëindigSelfstandige naamwoordSmeltpuntMynbouHannes van WykDistrik SesSout (chemiese stof)KookpuntWikimedia-stigtingSuid-Afrikaanse randMiltKoolhidraatDemokrasieSportReënMagnesiumSarel Jacob PretoriusTsongaDokterKoerantXenofobie in Suid-AfrikaMieliestronkToerismeBrongitisHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalSeksTaalBloedsomloopstelselNasiebouSwartbewussynsbewegingGreen PornoNetbalLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)BesoedelingVigsKorrupsieWoordeboek van die Afrikaanse TaalMuishondLys van Suid-Afrikaanse musikante🡆 More