Europese Parlement

Die Europese Parlement (EP) is die volksverteenwoordiging van die Europese Unie.

Europese Parlement
Politiek van die Europese Unie
Europese Parlement
Europese Raad
Europese Kommissie
Raad van die Europese Unie
President van die Europese Kommissie
President van die Europese raad
President van die Europese Parlement
Hof van Justisie (ECJ)
Verkiesings
Portaal Europese Parlement Europa
Europese Parlement
Die Europese Parlement in Brussel
Europese Parlement
Die Europese Parlement in Straatsburg
Europese Parlement
Die huidige president Roberta Metsola

Die Europese Parlement bestaan uit 751 lede, waaronder 'n voorsitter (president genoem), en word elke vyf jaar gekies (die laaste verkiesings was in Mei 2019).

Die EP is gevestig in Brussel en Straatsburg.

Bevoegdhede en "gewone prosedures"

Die parlement het talle bevoegdhede, hoewel daar ook bevoegdhede is wat ander parlemente gewoonlik besit en wat ontbreek. Nuwe wette kan byvoorbeeld net deur Europese Kommissie voorgestel word. Die EP het geen inisiatiefregte nie. Die EP kan die Kommissie vra om voorstelle te maak, maar hulle kan dit weier.

Die EP kan die Kommissie dwing om af te tree. Dit vereis tweederde meerderheid en het een keer gebeur (die Kommissie Santer), maar die aanstelling van die Kommissie word gedeel met die Europese Raad wat bestaan uit regerings- en staatshoofde van die lidstate. Die Raad stel die nuwe President van die Kommissie voor en die Parlement kan hom verkies of afwys. Die nuwe president stel die res van die Kommissie saam. Die EP kan nie indiwiduele lede afwys nie.

Die EP het die reg om vrae te stel. Dit kan skriftelik of mondeling wees. Die tyd vir mondelinge vrae aan Kommissarisse in die vergadering is taamlik beperk. Die meeste vrae is skriftelik en hulle moet binne 3 or 6 weke beantwoord word. Daar is heelparty permanente kommissies van die parlement wat se bestaan en prosedures in die Verdrae (soos van Lissabon) wettelik erken is. Lissabon het ook tydelike Kommissies van Ondersoek ingestel. Die parlement kan dus moontlike korrupsie of ander wanbeleid aan navorsing onderwerp.

Lissabon het ook die "gewone wetgewende prosedure" vasgelê. Die beskryf hoe die parlement met die Raad en die Kommissie saamwerk om nuwe wetgewing tot stand te bring. Hierdie deel van die Lissabonverdrag beteken dat Raad en Kommissie nie sonder die parlement kan regeer nie en dit verleen aan die parlement 'n aansienlike politieke betekenis en mag. Hierdie grondwettelike posisie van die parlement is versterk deur uitsprake van die Europese Hof (soos die Isoglukose-uitspraak) wat sterk nadruk op die politieke betekenis van die oorlegprosedure tussen die EP en die Kommissie gelê het. Wetgewing wat die Kommissie sonder oorleg met die EP ingevoer het, is deur die Hof nietig verklaar.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Tags:

Europese Parlement Bevoegdhede en gewone proseduresEuropese Parlement Sien ookEuropese Parlement VerwysingsEuropese Parlement Eksterne skakelsEuropese ParlementEuropese Unie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Angolese Oorlog vir OnafhanklikheidNazi-DuitslandMaagUniversele Verklaring van MenseregteJeuksiekteTrappe van vergelykingAustraliëVaste stofMateriaalMoskouOrale seksGreen PornoSuid-SothoMenseregteInligtingGroot GatSwawelSlangKameelperdSuider-AfrikaNaaldekokerLuiperdElandréHidroulikaSuid-AfrikaWeermagBraaiDokterC.J. LangenhovenVerantwoordelikheidGewone breukeOnderwysElektroniese of digitale mediaVoornaamwoordWetenskaplike klassifikasieEnkelvoudige sinWatersuiweringNoord-KaapEjakulasieWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaDansKaliumVolhoubaarheidDesimale breukeTikTokLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)DigvormBeaufortskaalPersoonlikheidVierde Industriële RevolusieAfrikaanse WikipediaHector PietersonLeonardo da VinciVingerseksVoyeurismeBesproeiingFotosinteseJan-Willem BreureHeuningbyLeah van NiekerkVaginaInsekDriedimensioneelBernice WestWaterkringloopMenslike skeletBosluisbytkoorsBeeldspraakGrondPotchefstroomHage GeingobAntjie KrogByvoeglike naamwoordAlkoholismeSteenkool🡆 More