Jacques Santer

Jacques Santer (gebore 18 Mei 1937 in Wasserbillig, Luxemburg) is 'n Luxemburgse en Europese politikus.

Jacques Santer
Jacques Santer

Hy is lid van die CSV, die Christen-Sosiale party van Luxemburg. Hy was Eerste Minister en Minister van Finansies van Luxemburg van 1991 - 1994. In 1995 was hy goewerneur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en van 1995-1999 het hy gedien as President van Europese Kommissie. In 1999 is verskeie kommissarisse beskuldig van korrupsie en het die Europese Parlement van sy reg gebruik gemaak om die Kommissie weg te stuur.

Die Cresson-skandaal

Die Franse kommissaris Édith Cresson word daarvan beskuldig dat sy 'n (nie-bestaande) posisie van 'wetenskaplike raadgewer aan 'n vriend en goedbetaalde kontrakte aan familielede gegee het. Ander kommissielede word ook beskuldig en gerugte ontstaan wat die Europese instellings as 'n plek beskryf waar 'korrupsie, bedrog en spesiale gunste vir vriende volop en algemeen is'. Die Europese Parlement besluit dit nie te aanvaar nie en dreig die Kommissie vir die eerste keer in sy geskiedenis met 'n mosie van wantroue. Die Kommissie-Santer besluit om dit te voorkom en kondig sy aftreding aan. Hierdie gebeurtenis verander die verhouding met die Kommissie vir goed. Van nou af sal die Kommissie aan die Parlement verantwoording moet aflê. 'n Ander gevolg is die skepping van OLAF, 'n agentskap wat korrupsie moet beveg.

Verwysings

Tags:

1937LuxemburgWasserbillig

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GeslagVoortplantingLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)WaterEdward Higgins WhiteSTrigeminale neuralgieKlem-in-die-kaakJames BrolinSlotmasjienHipertensieBrandon SklenarLesbiërIndustriële RevolusieEiffeltoringDikdermAntonio GiovinazziVrouSatellietItaliëSkaapAppel (sanger)SinsbouWikimedia-stigtingUniondaleGregoriaanse kalenderToutologie (stylfiguur)WaterstofRuslandMusieksimboleLys van bekende Suid-AfrikanersEierleierSelfoonKlein vyf diereOmtrek, oppervlakte en volumeDolfynJochem van BruggenTuberkuloseGroenteStandbeeld van Nelson Mandela (Uniegebou)SeksHepatitis BWortelTafelbergIndiëCollageSeekoeiVulvaVerkleinwoordWurmMiddelmisbruikRenosterJuan Antonio VillacañasJohannes HeestersGebande muishondLys van eerste honderd NG gemeentes in Suid-AfrikaLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaVreemde Stad (album)7de LaanTogoToyota QuantumSuid-Afrikaanse GrensoorlogMaría KodamaTegnologieKaliforniumMarvin Amparo SantanaBeesLys van landeKapibaraSowjetunieLandbouBesproeiingNarsismeNadia ValvekensNaaktheid🡆 More