Internasionale Monetêre Fonds

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF; Engels: International Monetary Fund, IMF; Frans: Fonds monétaire international, FMI; Spaans: Fondo Monetario Internacional, FMI) is 'n internasionale organisasie met sy hoofkantoor in Washington, D.C., Verenigde State, wat met die bevordering van internasionale samewerking in monetêre beleid, die uitbreiding van wêreldhandel, die stabilisering van wisselkoerse, skuld, toesig van monetêre beleid en tegniese bystand besig is.

Internasionale Monetêre Fonds
Kenteken van die Internasionale Monetêre Fonds
Internasionale Monetêre Fonds
Lidlande van die Internasionale Monetêre Fonds
Internasionale Monetêre Fonds
Die primêre hoofkwartier van die Internasionale Monetêre Fonds in Washington, D.C., Verenigde State
Internasionale Monetêre Fonds
Die sekondêre hoofkwartier van die Internasionale Monetêre Fonds in Washington, D.C.

Die Internasionale Monetêre Fonds is in 1944 saam met sy susterorganisasie, die Wêreldbank, gestig. Die amptelike tale is Engels, Frans en Spaans.

Die IMF het tans 188 lidlande met stemreg wat gebaseer is op aandelekapitaal van die lidland. Die lidlande met die grootste stemaandele is: Verenigde State 16,74 %, Japan 6,01 %, Duitsland 5,87 %, Frankryk 4,85 %, Verenigde Koninkryk 4,85 % en die Volksrepubliek China 3,65 %. Aangesien besluite van die IMF met 'n meerderheid van 85 % goedgekeur moet word, beskik slegs die VSA en die lidlande van die Europese Unie saam oor 'n de facto blokkerende minderheid.

Besturende direkteure

Op 27 Desember 1945 is die artikels van die ooreenkoms in werking getree.

  • Kristalina Georgieva (Bulgarye) sedert 1 Oktober 2019
  • Christine Lagarde (Frankryk) 5 Julie 2011 – 12 September 2019
  • John Lipsky (Verenigde State) 15 Mei 2011 – 5 Julie 2011
  • Dominique Strauss-Kahn (Frankryk) 1 November 2007 – 18 Mei 2011
  • Rodrigo Rato (Spanje) 4 Mei 2004 – 1 November 2007
  • Anne Krueger (Verenigde State) 4 Maart 2004 – 4 Mei 2004
  • Horst Köhler (Duitsland) 1 Mei 2000 – 4 Maart 2004
  • Stanley Fischer (Verenigde State) 14 Februarie 2000 – 1 Mei 2000
  • Michel Camdessus (Frankryk) 16 Januarie 1987 – 14 Februarie 2000
  • Jacques de Larosière (Frankryk) 17 Junie 1978 – 16 Januarie 1987
  • Johannes Witteveen (Nederland) 1 September 1973 – 17 Junie 1978
  • Pierre-Paul Schweitzer (Frankryk) 1 September 1963 – 1 September 1973
  • Frank A. Southard, Jr. (Verenigde State) 5 Mei 1963 – 1 September 1963
  • Per Jacobsson (Swede) 21 November 1956 – 5 Mei 1963
  • H. Merle Cochran (Verenigde State) 3 Oktober 1956 – 21 November 1956
  • Ivar Rooth (Swede) 3 Augustus 1951 – 3 Oktober 1956
  • Andrew N. Overby (Verenigde State) 6 Mei 1951 – 3 Augustus 1951
  • Camille Gutt (België) 6 Mei 1946 – 6 Mei 1951

Verwysings

Bronne

  • (de) Thomas Gerassimos Riedel: Rechtsbeziehungen zwischen dem Internationalen Währungsfonds und der Welthandelsorganisation: die Organisationen und ihre gegenseitigen Rechtsbeziehungen im Bereich des Handels und der Subventionen, Nomos Verlagsgesellschaft, Baden-Baden 2008, ISBN 978-3-8329-3703-4
  • (de) Axel Dreher: Die Kreditvergabe von IWF und Weltbank. Ursachen und Wirkungen aus politisch-ökonomischer Sicht. wvb Berlin, 2003, ISBN 3-936846-54-5
  • (de) Axel Dreher: Verursacht der IWF Moral Hazard? Ein kritischer Literaturüberblick, Jahrbuch für Wirtschaftswissenschaften 54, 3: 268–287 (2003)
  • (en) Richard Peet: Unholy Trinity. The IMF, World Bank and WTO, ISBN 1-84277-072-1, ISBN 1-84277-073-X

Eksterne skakels

  • (ar) (en) (es) (fr) (ru) (zh) Amptelike tuisblad
  • (en) "International Monetary Fund". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 Februarie 2021.

Tags:

Internasionale Monetêre Fonds Besturende direkteureInternasionale Monetêre Fonds VerwysingsInternasionale Monetêre Fonds BronneInternasionale Monetêre Fonds Eksterne skakelsInternasionale Monetêre FondsEngelsFransSpaansVerenigde State van AmerikaWashington, D.C.

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WaterstofAfvalbestuurAnilingusYstervarkVraag en aanbodDermpoliepKrokodilLeeuGoogle MapsVulvaGalblaasVoëlDemi Lee MooreGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaOnderhandelinge om apartheid te beëindigSeekoeiWolfPampoentjiesTatoeëermerkDesmond TutuNedersettingBurgerregteTylaGordelroosJazzKarakteriseringVoornaamwoordPriemgetalVolstruisJagluiperdVerlede tydKoue OorlogAardverwarmingEmo AdamsPuberteitGrondbesoedelingHemelBesemWinterPlastiekMisdaadOraniaJan van RiebeeckAkroniemKasteel die Goeie HoopAfkortingKimberleyGeskiedenis van Suid-AfrikaSuikersiekteSuid-Afrikaanse GrensoorlogLys van Suider-Afrikaanse soogdiereMateriaalKarooPoësieMuishondDistillasieHolocaustVratTydJeugdagSikloon22 AprilAardedagFinale OplossingTennisInsekGreen PornoRumatoïede artritisSoogdierLewerVryheidsdagIndiëInligtingHindoeïsmeKolonoskopiePad na jou hartTussenwerpselSeisoenCarike Keuzenkamp🡆 More