Speyer

Speyer is 'n kultureel en histories belangrike stad aan die Bo-Ryn.

Dit is een van die oudste nedersettings in Duitsland wat deur die Romeine omstreeks 150 n.C. as hoofstad van die Nemeters-stam onder die naam Noviomagus of Civitas Nemetum gestig is. As Spira was die stad omstreeks 600 die sentrum van die gewes Speyergau.

Speyer
Speyer

Kaart Wapen
Speyer
Speyer
Vlag
Speyer
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Speyer Rynland-Palts
 Koördinate 49°19′N 8°26′O / 49.317°N 8.433°O / 49.317; 8.433
 Stigting 150 n.C. (Noviomagus)
 Stadstatus 1230
 Oppervlakte:  
 - Totaal 42,58 vk km
 Hoogte bo seevlak 103 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2010) 49 857
 - Bevolkingsdigtheid 1 171/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Hansjörg Eger (CDU)
 Amptelike webwerf speyer.de
Speyer
Domkerk van Speyer

In die Middeleeue was Speyer as Vrye Ryksstad een van die beduidendste nedersettings in die Heilige Romeinse Ryk. Tussen 1816 en 1945 het dit as administratiewe setel van die Beierse administrasie van die Palts gefungeer en is tans 'n selfregerende stad in die deelstaat Rynland-Palts met 'n bevolking van sowat 50 000.

Speyer staan veral bekend vir sy Keiser- en Maria-domkerk, die grootste bewaarde Romaanse kerkgebou ter wêreld wat in 1981 deur Unesco tot wêrelderfenis verklaar is. Speyer se domkerk is saam met die domkerke in Mainz en Worms een van die drie Romaanse keiserdomkerke.

Speyer was een van die Asjkenasiese Jode se hoofsentra in die Middeleeuse Heilige Romeinse Ryk. In 2021 is die drie SchUM-stede Mainz, Speyer en Worms (afgelei van die hoofletters van die Hebreeuse name van die drie stede Sjin (Sj, ש) vir Sjpira (שפירא, Speyer), Waw (U ו) vir Warmaisa (Worms) en Mem (M מ) vir Magenza (Mainz) deur Unesco as wêrelderfenisgebiede gelys.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

150DuitslandRyn

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JodeBlack SashSlangParkinson se siekteAppel (sanger)NagmaalSoogdierSarel Jacob PretoriusWebjoernaalLandbou in Suid-AfrikaOlimpiese Somerspele 2024WerkwoordMielieRassisme in AfrikaDemi Lee MooreOrgasmeViëtnamCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaVleilandAntoniemOssewaAnale seksKlinkerDemografie van Suid-AfrikaWêreld- Ekonomiese ForumSwartrenosterSlaginstrumentGroot Muur van ChinaBek-en-klouseerChemiese reaksieMasturbasieGautengMiteWekkerSowjetunieHerfsGriepRob HersovKoorsblaarItaliëGlasJohannesburgSwawelKoppeltekenSelfieApartheidBosluisVlag van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureKunsmatige algemene intelligensieOnderhoudBoelieryVierkantswortelBreinkaartGeskiedenis van erotiese afbeeldingsWinnie Madikizela-MandelaVulvaWaterbesparing in Suid-AfrikaRymNarsistiese persoonlikheidsteuringC. Louis LeipoldtTienerSomerLieweheersbesieLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameWitbloedselAkroniemGloeilampKoorsGoudkus (streek)Verlede tydGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaRenaissanceBywoordPornhub🡆 More