Donker Web: Deel van die Wêreldwye Web wat nie direk vanaf die publieke internet bereikbaar is nie

Die donker web is die inhoud van die wêreldwye web wat op donkernette bestaan, oorlegnetwerke wat die Internet gebruik, maar wat spesifieke sagteware, konfigurasies of toegangsreg vereis.

Die donker web vorm 'n klein deel van die diep web, die deel van die web wat nie deur soekenjins geïndekseer word nie, hoewel die term diep web verkeerdelik gebruik word om spesifiek na die donker web te verwys.

Die donkernette wat die donker web uitmaak, sluit in klein, vriend-tot-vriend-eweknienetwerke, sowel as groot, gewilde netwerke soos Tor, Freenet, I2P, en Riffle wat deur openbare organisasies en individue bedryf word. Gebruikers van die donker web verwys na die gewone web as die "Clearnet" weens sy ongekodeerde aard. Die Tor-donker web kan na verwys word as onionland, 'n verwysing na die netwerk se topvlak-domein-agtervoegsel (.onion) en die "verkeer-anonimisietegniek van uie"-roetering.

Terminologie

Die donker web word dikwels verwar met die diep web, wat verwys na die dele van die web wat nie deur soekenjins geïndekseer word nie (en dus nie soekbaar is nie). Hierdie verwarring dateer terug na ten minste 2009. Sedertdien, veral in die rapportering oor die Silk Road-mark, word die twee terme dikwels gekombineer, ten spyte van die nuttigheid om hul tog apart te beskou.

Definisie

Toegang tot die donker web deur middel van die Tor webblaaier. (In Duits)

Donkernet-webwerwe is slegs toeganklik via netwerke soos Tor ("The Onion Routing" -projek) en I2P ("Invisible Internet Project"). Die Tor webblaaier en Tor-toeganklike webwerwe word algemeen gebruik onder die donkernet-gebruikers en kan geïdentifiseer word deur die domein ".onion". Terwyl Tor fokus op anonieme toegang tot die internet, spesialiseer I2P om anonieme huisvesting van webwerwe toe te laat. Identiteite en liggings van donkernet-gebruikers bly anoniem en kan nie gevolg word nie as gevolg van die gelaagde enkripsiestelsel. Die donkernet-enkripsietegnologie herlei gebruikers se data deur 'n groot aantal intermediêre bedieners, wat die gebruikers se identiteit beskerm en anonimiteit waarborg. Die oorgedra inligting kan slegs deur 'n daaropvolgende nodus in die skema gedekripteer word, wat na die uitgangskode lei. Die ingewikkelde stelsel maak dit amper onmoontlik om die nodepad te reproduseer en die inligting laag vir laag te dekripteer. As gevolg van die hoë vlak van enkripsie, kan webwerwe nie gelokaliseer word nie en die IP-adres van hul gebruikers nie opspoor word nie, en gebruikers kan nie hierdie inligting oor die gasheer kry nie. So, kommunikasie tussen donkernet gebruikers is hoogs geïnkripteer sodat gebruikers kan praat, blog, en lêers vertroulik deel.

Die donker web word ook gebruik vir onwettige aktiwiteite soos onwettige handel, forums en media-uitruil vir pedofiele en terroriste. Terselfdertyd het tradisionele webwerwe alternatiewe toeganklikheid vir die Tor-blaaier geskep in pogings om met hul gebruikers te koppel. ProPublica het byvoorbeeld 'n nuwe weergawe van sy webwerf bekendgestel wat uitsluitlik vir Tor-gebruikers beskikbaar is.

Inhoud

'n Desember 2014-studie deur Gareth Owen van die Universiteit van Portsmouth het bevind dat die mees algemene tipe inhoud op Tor kinderpornografie was, gevolg deur swart markte, terwyl die individuele webwerwe met die hoogste verkeer toegewy was aan botnet-bedrywighede. Baie fluitjieblaaswebwerwe handhaaf 'n teenwoordigheid sowel as politieke besprekingsforums. Webwewe wat verband hou met Bitcoin, bedrogverwante dienste en posbestellingsdienste is van die mees produktiewe op die donker web.

In Julie 2017 het Roger Dingledine, een van die drie stigters van die Tor-projek, gesê dat die weblaaier hoofsaaklik vir Facebook gebruik word, weens privaatheidsredes en dat die donker web slegs 3% van die verkeer in die Tor-netwerk uitmaak.

'n Meer onlangse studie in Februarie 2016 van navorsers aan King's College Londen gee die volgende uiteensetting van inhoud deur 'n alternatiewe kategorie te gebruik wat die onwettige aanwending van .onion-dienste beklemtoon.

Botnets

Botnets word dikwels gestruktureer met hul bevel en beheer (B&B) bedieners gebaseer op 'n sensuur-weerstandige verborge diens, wat 'n groot hoeveelheid botverwante verkeer kan skep.

Bitcoin dienste

Bitcoin dienste soos tuimelaars (tumblers) is dikwels beskikbaar op Tor, en sommige - soos Grams - bied donkernet-markintegrasie. 'n Navorsingsstudie onderneem deur Jean-Loup Richet, 'n navorsingsgenoot by die ESSEC, en uitgevoer met die Verenigde Nasies se kantoor oor dwelms en misdaad, het nuwe tendense in die gebruik van Bitcoin-tuimelaars vir geldwassery aan die lig gebring. 'n Algemene benadering was om 'n digitale geldeenheidwisselaardiens te gebruik wat Bitcoin omskep het in aanlyn-speelbewyse (soos goue munte in World of Warcraft) wat later in geld omgeskakel sal word. Daar is getoon dat die blokketting en kriptogeld gebruik kan word om die donker web te reguleer.

Donker webmarkte

Donker Web: Terminologie, Definisie, Inhoud 
Webblad van die Silk Road, 'n donker webmark.

Die kommersiële donker webmarkte, wat transaksies vir onwettige dwelms en ander goedere bemiddel, het beduidende media dekking ontlok, wat begin met die gewildheid van die Silk Road en die Diabolus Market en die daaropvolgende beslagleggings deur regeringsowerhede. Ander markte verkoop sagteware-eksploitasie sagteware en wapens. Ondersoek van prysverskille in donker webmarkte teenoor pryse in die werklike lewe of oor die Wêreldwye Web is gepoog, asook studies oor die kwaliteit van goedere wat oor die donker web ontvang word.

Een so 'n studie is uitgevoer op Evolution, een van die gewildste kripto-markte wat aktief was vanaf Januarie 2013 tot Maart 2015. Alhoewel dit gevind is dat die digitale inligting, soos verbergingsmetodes en die versendingsland, "akkuraat lyk", het die studie kwessies met die kwaliteit van onwettige dwelms wat in Evolution verkoop word ontbloot, waarin verklaar word dat "... die suiwerheid van onwettige dwelms anders is as die inligting wat op hul onderskeie noterings aangedui word." Minder is bekend oor verbruikersmotivering vir toegang tot hierdie markte en faktore wat verband hou met hul gebruik.

Stelselindringer groepe en dienste

Baie stelselindringers verkoop hul dienste óf individueel óf as deel van groepe. Sulke groepe sluit in xDedic, hackforum, Trojanforge, Mazafaka, dark0de en die TheRealDeal darknet-market. Sommige is bekend om skynbare pedofiele op te spoor en te ontbloot (doxing) of af te pers. Kubermisdaad en stelselindringing-dienste vir finansiële instellings en banke is ook oor die donker web aangebied. Pogings om hierdie aktiwiteit te monitor, is deur verskeie regerings- en privaatorganisasies gedoen, en 'n ondersoek na die gereedskap wat gebruik word, is in die Procedia Computer Science Journal. Gebruik van Internet-skaal DNS Distributed Reflection Denial of Service (DRDoS) aanvalle is ook geskep deur die gebruik van die donker web. Daar is baie bedrogspul .onion webwerwe ook teenwoordig wat uiteindelik gereedskap gee vir aflaai wat besmet is met Trojaanse perde of agterdeure.

Bedrogdienste

Daar is talle forums gefokus op kredietkaarte, PayPal en Bitcoin-handelwebwerwe, sowel as handel webwerwe asook bedrog- en vervalsingsdienste. Baie van sulke webwerwe is self swendelary.

Kullery en ongeverifieerde inhoud

Daar is berigte van groepbefondste sluipmoorde en huurmoordenaars, hoewel dit egter beskou word as uitsluitlik swendelary. Die skepper van Silk Road, Ross Ulbricht, is in hegtenis geneem deur Homeland Security investigations (HSI) vir sy webwerf en die bewering dat hy 'n huurmoordenaar gehuur om ses mense dood te maak, hoewel die aanklagte later laatvaar is.

Daar is 'n stedelike legende dat mens 'n lewendige uitsending van 'n moord op die donker web kan vind. Die term "Red Room" is geskep gebaseer op die Japannese animasie en stedelike legende van dieselfde naam. Die getuienis dui egter daarop dat alle gevalle wat tot dusver gerapporteer is, vals is.

Phishing en swendelary

Phishing via gekloone webwerwe en ander bedrogspulwebwerwe is volop, met donkernetmarkte wat dikwels met bedrieglike URL's geadverteer word.

Raaisels

Raaisels soos Cicada 3301 en opvolgers gebruik soms verborge dienste om anoniem leidrade te gee, wat dikwels spekulasie tov die identiteit van hul skeppers verhoog.

Onwettige pornografie

Daar is gereelde wetstoepassingsaksies teen webwerwe wat kinderpornografie versprei - dikwels deur die inhoud van die webwerf te benadeel deur die verspreiding van virusse aan die gebruikers. Webwerwe gebruik komplekse stelsels van gidse, forums en gemeenskapsregulering. Ander inhoud sluit seksuele marteling en doodmaak van diere en wraakpornografie in.

Daar is ten minste 'n paar egte maar ook bedrieglike webwerwe wat daarop aanspraak maak dat dit gebruik word deur terroriste soos ISIL (ISIS), insluitende 'n valse een wat in Operation Onymous beslag gelê is. In die nasleep van die November 2015 Parys aanvalle is 'n werklike sodanige webwerf oorgeneem deur 'n Anonymous geaffilieerde kuberkrakergroep GhostSec en vervang met 'n advertensie vir Prozac. Die Rawti Shax-Islamitiese groep was geidentifiseer dat dit op 'n staduim op die donker web aktief was.

Sosiale media

Binne die donker web bestaan daar opkomende sosiale media-platforms soortgelyk soos dié op die Wêreldwye Web. Facebook en ander tradisionele sosiale media-platforms het donker-web weergawes van hulle webwerwe begin maak om probleme wat met die tradisionele platforms verband hou, aan te spreek en om hul diens op alle gebiede van die Wêreldwye Web te behou.

Kommentaar en polisiëring

Alhoewel baie van die donker web onskadelik is, is sommige aanklaers en regeringsinstansies onder meer bekommerd dat dit 'n toevlugsoord vir kriminele aktiwiteite is. Spesiale nuuswebwerwe soos DeepDotWeb en All Things Vice bied nuusdekking en praktiese inligting oor donker webwerwe en dienste. Die verborge Wiki en sy spieël webwerwe en gevurkte webwerwe hou op enige gegewe tydstip van die grootste inhoudsopgawes oor die donker web.

Gewilde bronne van die donker web .onion skakels sluit in Pastebin, YouTube, Twitter, Reddit en ander internetforums. Spesialismaatskappye met Darksum en Recorded Future volg web-kubermisdaad vir wetstoepassingsdoeleindes. In 2015 is aangekondig dat Interpol nou 'n toegewyde webprogram aanbied wat tegniese inligting bevat oor Tor, kuberveiligheid en gesimuleerde teen-donkernetmarkte aksies.

In Oktober 2013 het die Verenigde Koninkryk se Nasionale Misdaadagentskap en die GCHQ die vorming van 'n 'Joint Operations Cell' aangekondig om op kubermisdaad te fokus. In November 2015 sal hierdie span die taak hê om kinderuitbuiting op die donker web sowel as ander kubermisdaad aan te pak.

In Maart 2017 het die Congressional Research Service 'n uitgebreide verslag oor die donker web vrygestel, wat wys op die veranderende dinamika van hoe inligting bekom word en aangebied word op die donker web; gekenmerk deur die onbekende, is dit van toenemende belang vir navorsers, wetstoepassers en beleidsmakers.

In Augustus 2017 het dit bekend geword dat korporatiewe sekuriteitsfirmas wat spesialiseer in die monitering en ondersoek van die donker web namens banke en handelaars gereeld hul bevindings met die FBI en met ander wetstoepassingsagentskappe, wanneer dit moontlik en nodig is, aangaande onwettige inhoud, deel. Die Russies-sprekende ondergrondse groepe se aanbod van misdaad-as-'n-diens-model word as besonder robuust beskou.

Joernalistiek

Baie individuele joernaliste, alternatiewe nuusorganisasies, opvoeders en navorsers is invloedryk oor hul kennis van die donker web, en maak die gebruik van die donker web duidelik vir die algemene publiek.

Jamie Bartlett

Jamie Bartlett is 'n joernalis en tegnologie blogger vir The Telegraph en Direkteur van die Sentrum vir die Analise van Sosiale Media vir Demos in samewerking met die Universiteit van Sussex. In sy boek, The Dark Net, illustreer Bartlett die wêreld van die donker web en die implikasies daarvan vir menslike gedrag in verskillende kontekste. Byvoorbeeld, die boek begin met die verhaal van 'n jong meisie wat positiewe terugvoer soek om haar selfbeeld te bou deur naak aanlyn te verskyn. Sy word uiteindelik opgespoor op sosiale media-webwerwe waar haar vriende en familie oorval is met naakte prente van haar. Hierdie storie beklemtoon die verskeidenheid menslike interaksies wat die donker web toelaat, maar herinner ook die leser hoe deelname aan 'n oorleg netwerk soos die donker web selde in volle skeiding van die groter Internet is. Bartlett se hoofdoelstelling is 'n verkenning van die donker web en die implikasie daarvan vir die samelewing. Hy ondersoek verskillende subkulture, sommige met positiewe implikasies vir die samelewing en sommige met negatiewe.

Bartlett het in Junie 2015 'n TEDTalk gegee om die onderwerp verder te ondersoek. Sy praatjie, getiteld "Hoe die geheimsinnige donker web hoofstroom word", stel die idee agter die donker web bekend vir die gehoor, gevolg deur 'n deurloop van een van die webwerwe wat die Silk Road genoem word. Hy wys op die bekendheid van webbladontwerp soortgelyk aan verbruikerswebwerwe wat in die groter kommersiële web gebruik word. Bartlett bied dan voorbeelde van hoe funksioneering in 'n onsekere, hoërisiko-mark soos dié in die donker web eintlik die innovering aanmoedig wat hy glo, op alle markte in die toekoms toegepas kan word. Soos hy daarop dui dat verskaffers altyd dink aan nuwe maniere om te werk en hulself te beskerm, het die donker web meer gedesentraliseer, meer kliëntvriendelik, moeiliker om te sensor, en meer innoverend. Aangesien ons samelewings toenemend op soek is na meer maniere om privaatheid aanlyn te behou, is sulke veranderinge soos dié wat in die donker web voorkom, nie net innoverend nie, maar kan voordelig wees vir kommersiële aanlyn-webwerwe en -markte.

Ander media

Tradisionele media en nuuskanale soos ABC News het ook artikels bevat wat die donker web ondersoek. Vanity Fair tydskrif het in Oktober 2016 'n artikel gepubliseer met die titel "The Other Internet". Die artikel bespreek die opkoms van die donker web en noem dat die gevolge ernstig geword het in 'n wettelose digitale wildernis. Dit noem dat kwesbaarheid 'n swakheid in die netwerk se verdediging is. Ander onderwerpe sluit in die e-handel weergawes van konvensionele swart markte, kuberwapens van TheRealDeal, en die rol van operasionele sekuriteit.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Donker Web TerminologieDonker Web DefinisieDonker Web InhoudDonker Web Kommentaar en polisiëringDonker Web JoernalistiekDonker Web VerwysingsDonker WebDiep webInternetSagtewareWêreldwye web

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BalletAngssteuringVolhoubare ontwikkelingInligtingCovid-19-pandemieTekstielAngolaHannes van WykBynierBosluisbytkoorsWikiKoolhidraatVoorvoegselOranjerivierKolitisGrondOseaanbesoedelingSuid-Afrika633Spelerposisies in rugbyEjakulasieKoorsBreyten BreytenbachBorsteMobutu Sese SekoConsolidated B-24 LiberatorSteenkool in Suid-AfrikaIntensiewe vormWerwelkolomGoudkus (streek)GordelroosDaggaPikkewynArmoedeverligtingEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaNamibiëVioolSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieInfeksieProksemikaNedersettingHamburgerVaste stofDubbelpuntMenseregtedagLys van politieke partye in Suid-AfrikaKommunikasieMateriaalVerlede tydWiki CommonsLandbouWerkwoordRenteSeksueel oordraagbare infeksie2001Direkte en Indirekte redeMynbouDrinkwatervoorsieningIdioomGrondwetAB de VilliersGriepPretoriaNierKatAfrikaanse taalleerKoos du PlessisTuisbladBoerboelTemperatuurOudtshoornAkademiaLeierJan van RiebeeckSkildklier🡆 More