Intellektuele Donker Web

Die intellektuele donker web (Engelsː intellectual dark web - IDW) is 'n neologisme wat deur die Amerikaanse wiskundige Eric Weinstein geskep is.

Die term verwys na 'n groep openbare persoonlikhede wat soos hulle beskou, die oorheersing van progressiewe identiteitspolitiek en politieke korrektheid in die media en die akademie teenstaan. Die term vergelyk idiomaties teenkanting teen die hoofstroommening met dit wat onwettig op die donker web voorkom. Alhoewel dit prominent geassosieer word met regse figure en dit beskryf word as "die veronderstelde denkende vleuel van die alternatiewe-regses (alt-right), meen talle bronne dat die IDW gekoöpteer word deur, eerder as om leiding te gee, aan die alternatiewe-regses.

Intellektuele Donker Web
Eric Weinstein in 2019

Gebruik van en kritiek op die term

Intellektuele Donker Web 
Bret Weinstein in 2012

Die term is weer in 2018 gebruik, nadat 'n meningsartikel deur Bari Weiss, redakteur van The New York Times gepubliseer is, getiteld "Meet the Renegades of the Intellectual Dark Web." In die stuk skryf Weiss die vorming van die term toe as 'n "half grappende" skepping van Eric Weinstein, wiskundige en ekonoom. Die term is bedink nadat Weinstein se broer, bioloog Bret Weinstein, bedank het uit die Evergreen State College in reaksie op groot betogings teen sy kritiek op 'n kampusgeleentheid wat wit studente genooi het om van die kampus af weg te bly, in teenstelling met die vorige jaarlikse tradisie van swart studente wat vrywillig afwesig was van die kampus. Weiss het individue wat sy met die intellektuele donker web geassosieer het, gekenmerk as 'ikonoklastiese denkers, akademiese afvalliges, mediapersoonlikhede', wat 'gesuiwer is' van instellings wat al hoe meer vyandiggesind teenoor onortodokse denke geraak het, en in plaas daarvan na sosiale media, podsendings, in die openbaar, of ander alternatiewe plekke buite die 'nalatenskap media' ("legacy media") gemigreer het.

Weiss se artikel het reaksies en kritiek ontlok. Jonah Goldberg, in die National Review, het gesê dat die "etiket 'n bietjie oorlaái is." Hy skryf dat dit hom getref het "as 'n bemarkingsetiket - en nie noodwendig 'n goeie een nie: ... dit lyk my hierdie IDW-ding is nie eintlik 'n intellektuele beweging nie. Dit is net 'n koalisie van denkers en joernaliste wat toevallig 'n minagting deel vir die houers van die liberale ortodoksie." Henry Farrell, skryf in Vox, dat dit ongelooflik is dat konserwatiewe komentator Ben Shapiro of neurowetenskaplike Sam Harris, beide deur Weiss gelys as lede, geloofwaardig beskryf sou kon word as of hulle gesuiwer of stilgemaak word. Kollega Paul Krugman, meningskrywer van The New York Times, het opgemerk die ironie van die aanspraak op populêre intellektuele onderdrukking deur die hoofstroom, terwyl hy in die Times gepubliseer het, onder die vooraanstaande koerante in die land. David A. French het aangevoer dat baie van die kritici die punt mis, en in plaas daarvan onbewustelik 'die behoefte aan 'n beweging van intellektuele vrydenkers bevestig'.

Geassosieerde individue

Intellektuele Donker Web 
Ben Shapiro in 2018

Volgens Weiss sluit individue wat met die intellektuele donker web geassosieer kan word, benewens Eric en Bret Weinstein ook in Ayaan Hirsi Ali, Sam Harris, Heather Heying, Claire Lehmann, Douglas Murray, Maajid Nawaz, Jordan Peterson, Steven Pinker, Joe Rogan, Dave Rubin, Ben Shapiro, Lindsay Shepherd, Michael Shermer, Debra Soh, Stefan Molyneux, and Christina Hoff Sommers.

Diegene wat met die IDW geassosieer word, identifiseer sowel met die politieke linksgesindes as politieke regsgesindes, en lede het kritiek van albei kante van die politieke spektrum getrek. The Guardian het die IDW gekenmerk as vreemde bedgenote wat nietemin die 'veronderstelde denkende vleuel van alternatiewe-regses' uitmaak. Die Los Angeles Review of Books het die lede beskryf as identifiseerend met links en regs, maar verenig teen 'primêre teëstanders' wat hoofsaaklik van linksgesindes afkomstig is, insluitend postmodernisme, poststrukturalisme, marxisme en politieke korrektheid in die algemeen, en 'in 'n mindere mate die neo-fascistiese alternatiewe-regses'.

Hierdie karakterisering is deur ander verwerp binne die IDW, soos Quillette, gestig deur Claire Lehmann en deur Politico beskryf as die "nie-amptelike oorsig' van die IDW. Hulle het Sam Harris en Daniel Miessler aangehaal en aangevoer dat die meerderheid van die mees prominente lede van die IDW geneig is om die meeste politieke kwessies vanuit 'n linkse perspektief te beskou, ondanks die feit dat hulle ook 'n aantal prominente konserwatiewes insluit wat dit nie doen nie.

Bronne is nie eens oor wat, indien daar enige verenigende faktore is wat regdeur die IDW bestaan nie. Psychology Today het dit gekariktariseer as 'oor die algemeen besorg oor politieke stamverband en vrye spraak', of as 'n verwerping van 'hoofstroomaannames oor wat waar is'. Salon noem dit 'n polities-konserwatiewe beweging meer verenig oor die verwerping van die Amerikaanse liberalisme as oor enige onderling gedeelde oortuigings. Alternatiewelik stel die National Review dat IDW, ondanks die feit dat dit bestaan uit "alle politieke oortuigings", verenig is in 'n spesifieke konserwatiewe leunende konseptualisering van onreg en ongelykheid spesifiek.

Wat die organisasie van die IDW betref, het Daniel W. Drezner opgemerk dat dit in wese leierloos is en dat dit individueel deur hul gehore beskou kan word en dat dit nie in staat is om 'n samehangende agenda te voer nie. Alice Dreger, 'n historikus van geneeskunde en wetenskap, het haar verbasing uitgespreek oor die feit dat sy hoegenaamd as 'n lid van die IDW beskou word en gesê dat sy ː "... geen idee het wie die helfte van die mense in hierdie spesiale netwerk was nie. Die paar IDW mense wat ek ontmoet het, ken ek nie baie goed nie. Hoe kon ek deel wees van 'n kragtige intellektuele alliansie as ek nie eens hierdie mense ken nie?"

Verwysings

Notas

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Intellektuele Donker Web Gebruik van en kritiek op die termIntellektuele Donker Web Geassosieerde individueIntellektuele Donker Web VerwysingsIntellektuele Donker Web NotasIntellektuele Donker WebAkademieAmerikaanseDonker webEngelsMedia (kommunikasie)NeologismeRegs (politiek)Wiskundige

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MiltBaljuPornografiese akteurBernice WestAngssteuringYsterMielieOmtrek, oppervlakte en volumeMier24 AprilSeksuele penetrasieKolonoskopieDolfynRobbeneilandPolisieLimfvatstelselDansAfrikaanse naguilNasiebouSeksualiteitLetsiteleMondFiela se kindNederduitse Gereformeerde KerkHoofpynNatuurbewaringSwart menseNasionale lied van Suid-AfrikaKletsrymGrondwetGroepsdrukGoudKonflik (proses)Septimius AwardsVolstruisAfrikaanse Taalmonument (Welkom)Rosa ParksDie Stem van Suid-AfrikaAtleetvoetPirow BekkerStaatstoelaeVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese nameIslamJazzNiemetaalWetenskapJesus van NasaretLikkewaanIngrid JonkerConsolidated B-24 LiberatorVrugbaarheidSwartrenosterGraaff-ReinetOranjerivierEiffeltoringNierversakingDysselsdorpKoolhidraatKrimpvarkieMaagsweerPussy RiotMadison IvyBalletUitwerking van klimaatsveranderingOntdekking van die chemiese elementePersentasieSwangerskapGesonde dieetNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyKlereBloedvergiftigingSonnestelselAlliterasiePrimêre sektor van die ekonomie🡆 More