The Guardian

The Guardian, vroeër (tussen 1821 en 1959) bekend as The Manchester Guardian, is 'n invloedryke Britse dagblad wat in Londen uitgegee word en onder die Verenigde Koninkryk se voorste koerante gereken word.

The Guardian
The Guardian se kenteken
The Guardian
Kings Place in die London Borough of Islington huisves sedert Desember 2008 The Guardian se hoofkantoor in Londen
The Guardian
The Guardian se hoofkantoor in Londen

Die koerant is oorspronklik in 1821 in Manchester as 'n weekblad gestig, maar verskyn daagliks met die uitsondering van Sondae nadat die Britse regering in 1855 die belasting op dagblaaie (die sogenaamde stamp tax) opgehef het. Die verwysing na Manchester in die koerant se naam is in 1959 geskrap om die Guardian se status as nasionale dagblad van gehalte te weerspieël. Die redaksiekantore is in 1964 na Londen verskuif.

Die dagblad word deur die Guardian Media Group gepubliseer wat aan die Scott Trust behoort.

Geskiedenis

Die koerant is in 1821 deur tekstiel-verkopers en handelaars in Manchester gestig as The Manchester Guardian. Die koerant is as 'n orgaan van die middelklas beskou, of soos deur C.P. Scott se seun Ted gestel: "'n koerant wat tot die einde bourgeois sal bly". "Ek skryf vir die Guardian," sê Sir Max Hastings in 2005, "omdat dit deur die nuwe establishment gelees word", 'n aanduiding van die koerant se groeiende invloed.

The Observer

Die Sondagkoerant The Observer behoort sedert 1993 aan die Guardian Media Group. Ongeag die naam, is die koerant soortgelyk aan The Guardian, maar word slegs op Sondae gepubliseer.

Politieke oriëntasie

Mense wat die dagblad lees het gewoonlik 'n links-liberale politiese oriëntasie. Volgens 'n stemming in 2004 stem 44% van die lesers vir die Arbeidersparty en 37% vir die Liberaal-Demokrate.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

The Guardian GeskiedenisThe Guardian The ObserverThe Guardian Politieke oriëntasieThe Guardian VerwysingsThe Guardian Eksterne skakelsThe GuardianKoerantLondenVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AbrahamJak de PriesterSkaapMaagdelikheidMaatskaplike verantwoordelikheidWitkruisarendVaste stofBelgiëReënspinnekopOliver TamboMatriek in Suid-AfrikaPlantChemiese elementRussiesPseudowetenskapRobbeneilandDulcie van den BerghAkademia2024KwaZulu-NatalMigrasie van diereKoolstofdioksiedGeslagsgelykheidEskomByWolfWikipediaMaselsSlawernyDesmond TutuAnneli van Rooyen20ste eeuPornhubIP-adresE-posRenosterkewerWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaChatGPTDagroofvoëlsAfrikaanse Protestantse KerkTienerMateriePersentasieArgentiniëBiodiversiteitMeningsverskil oor aardverwarmingDiarreeKoolhidraatSeksualiteitSkoenlapperToestand van materieYouTubeGroot vyfFrankrykDeelstate van die Verenigde State van AmerikaJapanHiënaDeelwoordSwawelAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidAppel (sanger)Vergelykings (taalkunde)RugbyKunsEkostelselGeldByeboerderySpinnekopLiefdeDeon MeyerSinoniemMondMenslike seksuele gedragLongNiersteenKommunismeArend🡆 More