Poststrukturalisme

Die poststrukturalisme is 'n filosofiese denkrigting in die kontemporêre filosofie wat in die einde van die 1960's in Frankryk ontstaan het in reaksie op (of voortsetting van) strukturalisme.

Gilles Deleuze, Jacques Derrida, Jean-François Lyotard, Judith Butler en (met voorbehoud) Michel Foucault is belangrike skrywers van hierdie beweging.

Daar is egter geen vaste afbakening van poststrukturalisme nie. Daar is geen poststrukturalistiese manifes of enige georganiseerde skool waarmee denkers duidelik as 'poststrukturalisties' beskou kan word nie. Daarmee is dit 'n stroming eerder as 'n metode. Maar 'n pleidooi vir die erkenning van diversiteit, 'n standpunt teen totaliserende filosofie (die neiging om omvattende filosofiese stelsels te bou) en reduksionisme, asook 'n sekere literêre skryfstyl, kan as kenmerklik genoem word.

Veral Georg Wilhelm Friedrich Hegel se dialektiek is die fokus van poststrukturalistiese kritiek. Sy werke was bekend in Frankryk deur Jean Hippolyte en Alexandre Kojève, wat in die 1940's en 1950's baie van die latere poststrukturaliste opgelei het.

Friedrich Nietzsche, met sy kritiek op die moderniteit, is 'n groot voorganger van die beweging.

Poststrukturalisme het ontstaan in die 'oproerige' 1960's, ook in Frankryk, wat uitgeloop het op die opstande en stakings van studente van Mei 1968. Verskeie van die geassosieerde denkers was hulself polities of in die plaaslike gemeenskap betrokke.

Bronne

  • Stefan Münker en Alexander Roesler (2000). Poststrukturalismus. Stuttgart/Weimar: Metzler.
  • Hierdie artikel is vertaal vanuit die Nederlandse Wikipedia

Tags:

FilosofieFrankrykGilles DeleuzeJacques DerridaJean-François LyotardJudith ButlerMichel FoucaultStrukturalisme

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KommunikasiePoësieGesonde dieetAfro-AmerikanersBloedvergiftigingVlekvrye staalMaatskaplike verantwoordelikheidNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyKrieketNG gemeente JansenvilleKameelperdKongo-krisisRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Bosbok20ste eeuStaalSkynprivaatnetwerkVryheidsdagRoemeensFabelVloeistofVaste stofVoorsetselGewone breukeDoopKatRymRobert SobukweVormIngrid JonkerCarles PuigdemontVerkleinwoordPapierViëtnamAtriale fibrillasieMobutu Sese SekoEmfiseemYsterIntensiewe vormRenosterLys van Afrika-landeErfenisGeletterdheidJeugdagSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Klem-in-die-kaakKoppeltekenTierSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieKatoenGroepsdrukLika BerningSwawelVulkaanSuid-SothoSkoenlapperLys van bekende Suid-AfrikanersEerste WêreldoorlogFamilie (verwantskap)EkonomieElandréJapie GreylingHerfsPablo PicassoNederduitse Gereformeerde KerkSprokieLys van politieke partye in Suid-AfrikaUnited Democratic Front3D-rolprentByPreseminale vloeistofDie ontstaan van die dramaCalviniaProvinsies van Suid-Afrika🡆 More