Hierdie artikel behoort versmelt te word met Voegwoord.Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!Indien altwee gekoppel is, sien hier.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
’n Woord kan gedefinieer word as ’n simplekse of komplekse simboliese eenheid in die taalsisteem wat groter as ’n klank of sillabe (klankgreep) en kleiner as ’n frase is. Hierdie definisie kan in kleiner dele verdeel word om dit beter te verstaan.
Verskillende woorde toon ooreenkomste met mekaar. Hierdie ooreenkomste kan op betekenisvlak, morfologiese vlak of ten opsigte van die sintaktiese posisie daarvan waargeneem word. Die woorde "speel", "hardloop" en "sing" word saamgegroepeer omdat hulle (i) op betekenisvlak verwys na ’n handeling wat deur mense uitgevoer word, (ii) op morfologiese of vormvlak die voorvoegsel ge- in die verlede tyd neem en (iii) wat hulle sintaktiese posisie betref, in die tweede posisie van ’n sin geskryf word indien stelsin geskryf word (bv. Jannie speel met die bal), of in eerste posisie van die sin voorkom wanneer ’n vraagsin geskryf word (bv. Speel Jannie met die bal?).
Woorde wat die voorgenoemde ooreenkomste toon, word in kategorieë saamgegroepeer waarvan woordsoort die bekendste van hierdie kategorieë is. In hierdie Wikiblad is die ondersoekfokus voegwoorde as woordsoortkategorie.
Die gebruik van voegwoorde het verskillende funksies. Die eerste funksie van voegwoorde hou verband met
Die gebruik van voegwoorde behels die verbinding van woorde, woordgroepe en verskeie sinne met mekaar. ’n Tweede funksie van voegwoorde is om ’n teks meer vloeiend te maak; met ander woorde die gebruik daarvan bring ’n vlot leespatroon in die teks tot stand. In die eerste voorbeeld hieronder word geïllustreer hoedat die gebrek aan voegwoordgebruik ’n teks gefragmenteerd laat voorkom, terwyl die tweede voorbeeld aantoon hoedat die gebruik daarvan tot vloeiendheid bydra.
Derdens dra effektiewe voegwoordgebruik daartoe by om die semantiese verbande tussen woorde, woordgroepe en sinne duideliker te maak vanweë die inherente semantiese waarde daarvan (vergelyk die afdeling verderaan, genaamd "Die semantiese klassifikasie van voegwoorde"). Op hierdie wyse word kohesie en koherensie bewerkstellig. Die teenwoordigheid daarvan lei dus die leser of hoorder om die teks te interpreteer soos die skrywer beoog het. Omdat voegwoorde die tipe betekenisrelasie of verband aandui wat die produseerder (d.i. skrywer/spreker) beoog het, bring dit effektiewe kommunikasie mee, en lei dit tot ’n beter leesbaarheid en interpretasie-moontlikheid van ’n teks.
Daar is twee tipes voegwoorde wat met ’n bepaalde sinsbou geassosieër word: neweskikkende voegwoorde en onderskikkende voegwoorde.
Neweskikkende voegwoorde verwys na woorde soos en, want, maar, of, dog, trouens, sowel ... as, óf ... óf en nóg ... nóg wat twee of meer funksioneel gelyksoortige lede wat omkeerbaar is, skakel. Hierdie lede kan (i) hoofsinne, (ii) om-te-infintiefsinne, (iii) bysinne of selfs (iv) woorde en woordgroepe wees.
Voegwoorde verbind twee hoofsinne (ook bekend as onafhanklike sinne) met mekaar, met ander woorde twee sinne wat elkeen een selfstandige werkwoord (hoofwerkwoord) het en wat deur die volgende volgorde gekenmerk word: onderwerp (die persoon/dier/ding wat die handeling uitvoer), gevolg deur ’n werkwoord en laastens die res van die sin. ’n Voorbeeld van ’n hoofsin is "Clarissa sing ’n liedjie" waar "Clarissa" die onderwerp is wat die handeling uitvoer, "sing" die werkwoord direk na die onderwerp is en "’n liedjie" die res van die sin is. Wanneer neweskikkende voegwoorde hoofsinne verbind, word ’n veelvoudige sin geskep, sonder dat enige verandering in die sinsvolgorde voorkom. In hierdie neweskikkende konstruksie kan elke sin onafhanklik optree. Die gebruik van neweskikkende voegwoorde word in die onderstaande sinne geïllustreer:
Buiten die vorming van veelvoudige sinne, word neweskikkende voegwoorde ook gebruik vir die skakeling van om-te-infinitiefsinne en bysinne. Bysinne is afhanklike sinne. Enkele voorbeelde van hierdie alternatiewe skakelmoontlikhede is:
Neweskikkende voegwoorde soos en, of, sowel ... as, óf ... óf, nóg ... nóg word ook gebruik om woorde en woordgroepe te skakel. Vergelyk die onderstaande voorbeelde:
Onderskikkende voegwoorde verwys na woorde soos dat, hoewel, as, terwyl, sodra, aangesien, nadat, omdat, indien. Onderskikkers verbind sintakties ongelyksoortige elemente — 'n hoofsin ('n onafhanklike sin) en 'n bysin ('n afhanklike sin). Die gebruik van onderskikkende voegwoorde bring wysiginge in woordorde mee; dit wil sê die werkwoorddeel skuif gedeeltelik (byvoorbeeld die hulpwerkwoord) of algeheel nader aan die einde van die sin. Vergelyk die volgende voorbeelde:
Vir verdere voorbeelde van onderskikkende voegwoorde kan Carstens (2018:101) geraadpleeg word.
Voegwoorde het nie alleenlik ’n invloed op die bou van ’n sin nie. In afdeling 1 is reeds gemeld dat voegwoorde talige elemente is wat gebruik word om verbande tussen sinne eksplisiet aan te toon. Voegwoorde kan een van vyf semantiese verbande tussen sinne uitdruk, afhangend van die konteks waarin die voegwoord gebruik word. In ’n sin soos "Ek lees terwyl ek aan springmielies smul" druk "terwyl" ’n tydsaanduidende verband uit, maar in ’n sin soos "Ek hou van taalkunde terwyl Elma van letterkunde hou" dui dit weer ’n teenstellende verband aan. Die konteks bepaal dus die verband. Die vyf verskillende verbande is (i) aaneenskakelende verband, (ii) teenstellende verband, (iii) redegewende verband, (iv) tydsaanduidende verband en (v) die aanduiding van die indirekte rede.
Voegwoord | Voorbeeldsin | Effek op woordorde |
---|---|---|
en | Sy vampiertande lê nog tuis in die kis + en + Nou is dit verby met sy eetding. Sy vampiertande lê nog tuis in die kis en nou is dit verby met sy eetding. | Die woordorde bly dieselfde |
trouens | Sy vampiertande is stukkend. + trouens + Hy het dit vyf honderd jaar gelede gekoop. Sy vampiertande is stukkend; trouens hy het dit vyf honderd jaar gelede gekoop. | Die woordorde bly dieselfde |
Voegwoord | Voorbeeldsin | Effek op woorde |
---|---|---|
asof | Die skone godin breek Vampiro se neus en rib + asof + Sy is Chuck Norris. Die skone godin breek Vampiro se neus en rib, asof sy Chuck Norris is. | Die werkwoord skuif nader aan die einde van die sin. |
alhoewel | Ek voel my verplig om jou teë te gaan + alhoewel + Jy moet nie aanstoot neem nie. Ek voel my verplig om jou teë te gaan, alhoewel jy nie moet aanstoot neem nie. Ek voel my verplig om jou teë te gaan + alhoewel + Jy moet nie dink ek tree vyandig op nie. Ek voel my verplig om jou teë te gaan, alhoewel jy nie moet dink ek tree vyandig op n | Die werkwoord "moet" skuif nader aan die einde van die sin. |
maar | Die prinses veg en sy foeter Vampiro, breek sy neus en ’n rib sommer af + maar + Vampiro kry die oorhand. Die prinses veg en sy foeter Vampiro, breek sy neus en ’n rib sommer af, maar Vampiro kry die oorhand. | Die woordorde verander nie |
Voegwoord | Voorbeeldsin | Effek op woordorde |
---|---|---|
want | Vampiro wil vrek van die honger + want + Hy het ’n week laas geëet. Vampiro wil vrek van die honger, want hy het ’n week laas geëet. | Die woordorde verander nie. |
mits | Vampiro is verseker van ’n eetding + mits + Hy dra sy draagbare vampiertande. Vampiro is verseker van ’n eetding, mits hy sy draagbare vampiertande dra. | Die werkwoord "dra" skuif na die einde van die sin. |
sodat | Die skone godin het begin skreeu + sodat + Iemand kon haar red. Die skone godin het begin skreeu, sodat iemand haar kon red. | Die werkwoord "kon" skuif nader aan die einde van die sin. |
Voegwoord | Voorbeeldsin | Effek op woordorde |
---|---|---|
terwyl | Vampiro lek oor sy lippe + terwyl + Hy dink aan die prinsessie se nek. Vampiro lek oor sy lippe, terwyl hy aan die prinsessie se nek dink. | Die werkwoord "dink" skuif na die einde van die sin. |
voordat | Jy moet jou huiswerk doen + voordat + Jy kan televisie kyk. Jy moet jou huiswerk doen, voordat jy televisie kan kyk. | Die werkwoord "styg" en die onderwerp hy ruil plekke om. |
Voegwoord | Voorbeeldsin | Effek op woordorde |
---|---|---|
dat | Vampiro sê + dat + Sy kunstande maak hom seer. Vampiro sê dat sy kunstande hom seer maak. | Die werkwoord "maak" skuif nader aan die einde van die sin. |
of | Vampiro wonder + of + Is die prinsessie se nek regtig so slank soos ’n swaan s’n? Vampiro wonder of die prinses se nek regtig so slank soos ’n swaan s’n is. | Die werkwoord "is" skuif nader aan die einde van die sin. |
Bosch, B. 1999b. Konjunksiemerkers in Afrikaanse tekste van niemoedertaal-studente: ʼn eerste verkenning. Southern African journal of applied linguistic studies, 7(1):125-144.
Bosman, N. & Otto, A.N. 2012. Die hantering van neweskikkers en onderskikkers in Afrikaanse woordeboeke. Lexikos, 22:69-85.
Carstens, W.A.M. 2011. Norme vir Afrikaans: enkele riglyne by die gebruik van Afrikaans. Pretoria: Van Schaik.
Carstens, W.A.M. 1997. Afrikaanse tekslinguistiek: ʼn inleiding. Pretoria: Van Schaik.
De Stadler, L.G. 1989. Afrikaanse semantiek. Johannesburg: Oxford University Press.
Fouché, N. 2016. Kohesiemerkergebruik in die skryfwerk van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit. (Verhandeling - MEd.)
Fouché, N., Van den Berg, R. & Oliver, J.A.K. Carstens se raamwerk van Afrikaanse konjunksiemerkers: ’n Akkurater en vollediger weergawe. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 57(3):814-836.
Henning, J.G. 2006. Linking adverbials in first, second and foreign language English student writing corpora. Potchefstroom: North-west University. (Dissertation - MA.)
Jordaan, A. 2014. Die gebruik van metadiskoers in Afrikaans T1-skryfwerk van eerstejaar-universiteitstudente. Vanderbijlpark: Noordwes-Univeriteit. (Verhandeling - MA.)
Jordaan, A. 2016. Afrikaanse verbandsmerkers: uitbreiding en herkategorisering van voorbeeldwoorde. Southern African Linguistics and Applied Language Studies, 34(2):147-167.
Naicker, G.G. 1996. Konjunktiewe kohesie in die opstelle van Afrikaans tweedetaal- matrikulante. Durban: Universiteit van Natal. (Verhandeling - MA.)
Ponelis, F.A. 1979. Afrikaanse sintaksis. Pretoria: Van Schaik. Quirk, R., Greenbaum, S., Leech, G. & Svartvik, J. 1985. A comprehensive grammar of the English language. Harlow: Pearson.
Van Huyssteen, G.B. 2017. Morfologie. (In Carstens, W.A.M. & Bosman, N. eds. Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde. Pretoria: Van Schaik.)
Van Rooy, B. 2017. Afrikaanse sintaksis, funksioneel benader. (In Carstens, W.A.M. & Bosman, N. eds. Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde. Pretoria: Van Schaik.)
Wybenga, D.M., red. 1989. Taalkompas: elke student se gids. Pretoria: Serva.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Die aard van voegwoorde, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.