Carrie

Carrie (1974) is Stephen King se eerste gepubliseerde roman, en ook een van sy kortstes.

King vind vandag nog die boek "rou" en "met 'n verrassende vermoë om te beseer en te gru". Dié boek word dikwels uit Amerikaanse skole verban, en die rolprentweergawe (van Brian De Palma in 1976) is in Finland verban. Sommige lesers, veral diegene van die Gootsubkultuur, beskou dit as 'n emosionele diep verhaal.

Carrie
SkrywerStephen King
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
TaalEngels
GenreHorror
UitgewerDoubleday
Uitgegee5 April 1974
MediumDruk (gebind)
Bladsye199
ISBN978-0-385-08695-0

Storielynopsomming


Pretbederwerswaarskuwing: Die storielyn of storie se einde volg hieronder.


Die boek gebruik fiktiewe dokumente om die verhaal van Carrie White, 'n tiener van Chamberlain, Maine, te vertel. Carrie is vir jare tuis vertoorn deur haar wraakgierige en geestesongestelde moeder, en by haar hoërskool word sy oor haar onfatsoenlike kleredrag verneder. Wanneer Carrie haar eerste menstruasie in die skoolstort ná liggaamsoefening kry, is sy vreesbevange – haar ma het haar nooit oor dié ontwikkeling in 'n tienermeisie se lewe vertel nie. Haar medeleerlinge spot haar ongenadiglik.

Mettertyd ontdek Carrie dat sy telekinetiese magte het, en dat sy ook 'n geringe vermoë het tot telepatie. Sodoende "lees" sy almal se veragting van haar. 'n Gewilde meisie maak vriende met haar, en reël dat Carrie na die Matriekdans (Engels: prom) vergesel sal word deur die vriendin se kêrel, een van die mees aantreklike en gewilde seuns in die skool. Carrie se moeder verbied haar eers om dit by te woon.

'n Wrede plan word gemaak deur van die leerlinge: daar word skelmpies gereël dat Carrie as matriekdanskoningin verkies sal word, en op die oomblik van haar kroning dompel die leerlinge emmers vol varkbloed bo-oor Carrie. Almal lag daaroor. Dit breek iets in Carrie: sy verlaat die danssaal, sluit die deure en verbrand omtrent almal wat in die saal vasgekeer is, en verwoes dan ook 'n groot area van die middestad van haar dorp. Toe sy by die huis aankom, probeer haar ma haar doodmaak, denkende dat Carrie oorgeneem is deur Satan. Carrie stop haar ma se hartklop.

Carrie lees in haar skoolvriendin se gemoed dat dié nooit enigiets lelik bedoel het nie, en sterf dan met die wete dat sy darem een vriend gehad het.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

FinlandRomanStephen King

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BierFord AngliaRoekelose DadePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaWikinewsSoogdierBridgestoneBonnie TylerOntkiemingLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaGroot VlaktesVrugbaarheidLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameZoeloeSpinnekopRumatiekTolla van der MerweEnsiklopedieVerkleinwoordChris BlignautNierversakingLys van Suid-Afrikaanse musikanteIslamDeborah AdairSkilpadLys van Afrikaanse rolprentePiet ByleveldMasturbasieGoogle MapsGewone janfrederikAnglisismeMenslike skeletGalblaasGerrie PretoriusLys van elemente volgens simboolAfvalbestuurKolorektale kankerWit-RuslandBeesShine4PiesangVergelykings (taalkunde)GeldVerenigde State van AmerikaRob HersovDemi Lee MooreHannes van WykNagmaalOlimpiese godeAnale seksBybelHATSuikerbekkiesLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Islamitiese StaatKatarVratBorstePornografieMetabolismeSuid-SothoSitrusGezina, PretoriaRoodepoortNieu-SeelandJohnny SinsBergskilpadMantisSeksuele penetrasieMilitêrGert van TonderSeksposisie🡆 More